Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Geloof en Werke

    Maar, dierbare broeders, is dit voordelig om twyfel uit te spreek met betrekking tot Christus se gewilligheid om julle te aanvaar? Ek is bevrees julle maak te veel staat op gevoel, deur dit die kriterium te maak. [R&H Jul. 1, 1884(1:439)]DBo 138.7

    Die populêre fabel dat al wat die mens moet doen is om te glo, het duisende en tienduisende vernietig omdat hulle dit geloof noem wat nie geloof is nie maar slegs ‘n dogma... Sommige van ons broeders is bevrees dat ons te veel op die onderwerp van regverdiging deur die geloof sal bly vassteek, maar ek hoop en bid dat niemand onnodig onsteld sal word nie, want daar is geen gevaar as die leerstelling geleer word soos dit in die Skrifte geleer word nie. As daar nie in die verlede nagelaat is om die mens hieroor in te lig nie, sou dit nie nodig gewees het om nou die aandag daarop te vestig nie. [R&HAprl 1890(2:381)]DBo 139.1

    Om die gebooie van God te hou vereis van ons goeie werke, selfverloëning, self-opoffering en toewyding tot ander se beswil; nie dat ons werke alleen ons kan red nie, maar dat ons seer sekerlik nie sonder ons goeie werke gered kan word nie. Nadat ons alles gedoen het wat ons in staat is om te doen, dan moet ons sê: Ons het niks meer as ons plig gedoen nie en ons beste werke is onwaardig om die kleinste guns van God te verdien. Christus moet ons geregtigheid en ons kroon van verblyding wees. [R&H Jul 13,1886(2:60)]DBo 139.2

    Ons moet nie geheel en al passief wees deur te dink dat daar geen werk toegesê is aan diegene wat die ewige lewe wil beërf nie. Nee, nee, die Here vra ons om die beste te doen met die vermoëns wat Hy aan ons gee, om elke vermoë in te span en elke krag in te span sodat ons nie die ewige lewe misloop nie. Dat die mens in luiheid en onaktiwiteit gered kan word is totaal onmoontlik. Die geloof en werke gaan hand in hand. Dat die mens niks het om te doen behalwe om te glo nie, is ‘n dwaling en ‘n gevaarlike leer... ‘n mens wat in sy sonde gered word, sal uit voeling wees met die plan van verlossing en die werk van God. [R&H Okt 30,1888(2:257)]DBo 139.3

    Daar is ‘n werk wat elkeen van ons moet doen as ons die ewige lewe wil beërwe. Maar alhoewel ons ons deel doen wat God ons gegee het om te doen, moet ons besef dat, nadat ons dit alles gedoen het, ons nog ver kortkom van die ewige lewe as die Here nie aan Sy kant gedoen het wat die sterflike mens nie vir homself kon doen nie. Die geestelike lewe is totaal afhanklik van die samewerking van die menslike en goddelike bronne. [R&H Okt 30,1888(2:257)]DBo 139.4

    Geloof en werke gaan hand aan hand, want enige goeie daad op sigself is dood. Die hele werk van God in die menslike siel word verrig deur die samewerking van die goddelike Gees met die mens se poging. “Sonder My,” het Christus gesê, “kan julle niks doen nie.” Daar is ‘n behoefte aan gedurige waaksaamheid en ywerige, liefdevolle toewyding, maar hierdie dinge sal natuurlik kom as die siel deur die krag van God bewaar word deur die geloof. Ons kan niks, absoluut niks doen om ons aan te beveel voor God nie. [R&H Jun 17,1884(1:188)]DBo 140.1

    Geloof, op sigself, is ‘n handeling van die denke... Baie maak die fout om die fyn nuanses tussen regverdiging en heiligmaking omsigtig te probeer omskryf. Hulle bring dan hulle eie idees en spekulasie uit in die definisies. Waarom moet ons meer omsigtig probeer wees as die geïnspireerde Woord oor die lewensbelangrike kwessie van regverdigmaking deur die geloof. [RC 77(Ms. 12a, 1901)]DBo 140.2

    Ons hoor dikwels dat dit is wat Jesus vir ons gedoen het en nie wat ons vir onsself doen wat ons weg bepaal na die hemel nie. Dit mag waar wees in een sin maar nie in ‘n ander sin nie. Daar is ‘n werk wat ons moet doen om ons geskik te maak vir omgang met engele. Ons moet wees soos Jesus, vry van die smet van sonde. [R&H Nov 17,1885(1:565)]DBo 140.3

    In die laaste dag sal ons goedgekeur of verdoem word volgens ons werke. [R&H lan 19,1886(2:11)]DBo 140.4

    Hier word dit duidelik verklaar dat die ewige lewe afhanklik is van gehoorsaamheid aan al die voorskrifte van God. [R&H Nov 17,1885(1:566)]DBo 140.5

    Die seremoniële wet was luisterryk; dit was die voorsiening wat Christus gemaak het in ooreenkoms met die Vader om te help in die verlossing van die mensdom. Die hele bediening van die tipiese diens is op Christus gebaseer.DBo 140.6

    Christene maak ‘n vreeslike fout as hulle van hierdie wet, die seremoniële, praat asof dit veeleisend en arbitrêr is en dit dan kontrasteer met die evangelie van Christus en Sy sending op die aarde asof Hy in opposisie was tot die regverdige voorskrifte wat hulle die wet van Moses noem. [R&H Apr. 29, 1875(1:164)]DBo 140.7

    Manne wat voorgee dat hulle as wagters op Sionsmure staan, praat van die Joodse tydperk as een van duisternis. Hulle stel die godsdiens van die Hebreërs voor as bestaande slegs uit vorme en seremonies en beeld dan in sterke kontras die heerlike lig en voorregte van die evangelie dispensasie uit. Terwyl dit die Here behaag dat ons die seëninge van die evangelie na waarde skat, word die sending van Christus verkeerd voorgestel deur diegene wat Sy werk in die ou dispensasie, soos in die geskiedenis van Adam af tot by die Christelike era, verkleineer. [R&H Sep 14,1886(2:75)]DBo 140.8

    Dit betaam nie gelowiges in God of die Skrif om die dispensasie wat stap vir stap gelei het tot die huidige, te versmaai nie. In die lewe en dood van Christus het ‘n lig teruggeflits op die verlede, om betekenis te gee aan die hele Joodse bediening en ‘n volmaakte eenheid van die ou en nuwe dispensasie te maak.DBo 141.1

    Hoekom kan diegene wat voorgee dat hulle die Skrifte verstaan nie sien dat God se vereistes onder genade dieselfde is as in Eden - volmaakte gehoorsaamheid aan Sy wet nie?... Die evangelie of die Nuwe Testament is nie die Ou Testament met ‘n nuwe verlaagde vereiste sodat die sondaar in sy sonde gered kan word nie. Sy geregtigheid word slegs aan die gehoorsame toegereken.DBo 141.2

    Daar is vele kerklede wat slegs passiewe lede is. Hulle sien geen noodsaaklikheid om te stry vir die ewige lewe nie, maar die Here doen ‘n beroep op almal om hulle kragte in die stryd te werp, om elke vermoë in te span om die ewige lewe waardig te wees. [R&H Jun 19,1888(2:222)]DBo 141.3

    Christus het na hierdie wêreld gekom om aan die mens geestelike krag te verleen om te kombineer met menslike poging en dat Hy goddelike krag binne bereik van die hulpelose mensdom kan plaas. Bid en werk en werk en bid en handel dan asof sukses van jou elke poging afhang. [R&H Dec. 18, 1888(2:271)]DBo 141.4

    Almal wat daders van die woord is sal een wees met Christus en soos Henog, met God wandel. [R&H Jan 8,1889(2:227)]DBo 141.5

    Dit was nodig om die groot standaard van geregtigheid te verhef, maar baie het in die proses nagelaat om die geloof in Jesus te predik. As ons die gees en krag van die derde engel se boodskap wil hê, moet ons die wet en die evangelie saam preek, want hulle gaan hand aan hand. [R&H Sept. 3,1889(2:330)]DBo 141.6

    Ons geregtigheid word gevind in gehoorsaamheid aan die wet van God deur die meriete van Jesus Christus... Ons kan dit nie bekostig om op een punt te oortree nie... Die mens kan nie die vereistes van die wet van God in sy eie krag alleen nakom nie. Sy offerande, Sy werke, sal die smet van sonde dra. ‘n Redmiddel is voorsien in die Heiland, wat aan die mens die meriete van sy eie verdienste gee en hom ‘n medewerker in die groot werk van verlossing maak.DBo 141.7

    As ons Christus aanskou, deurboor vir ons sonde, sal ons sien dat ons nie die wet van God kan breek en in Sy guns bly nie; want ons sal voel dat ons, as sondaars, die verdienste van Christus moet aangryp en die sonde afsterf... Jesus het gesterf sodat Hy aan die berouvolle sondaar Sy eie geregtigheid kan toereken en dit moontlik maak vir die mens om die wet te onderhou. Die liefde van God is oneindig, maar tog kan die sondaar nie vergewe word behalwe deur die plan van verlossing nie, wat die skande, die hoon, die smaad en dood van die Seun van God omvat nie. Hierdie feit behoort uit alle redelike denke die idee wat deur baie wat hulleself heiligmaking toeëien, dat Sy dood ‘n einde gemaak het aan gehoorsaamheid aan Sy wet, uit te wis. [R&H Jun 17,1890(2:403)]DBo 142.1

    God se genade werk onverpoosd in die mens se hart en wanneer dit aanvaar word, word die bewys dat dit aanvaar is in die lewe en karakter van die ontvanger gesien, want geestelike lewe en groei sal van binne ontwikkel. Die genade van Christus in die hart sal altyd geestelike lewe stimuleer en geestelike groei sal plaasvind. [R&H Mei 24,1892(2:570)]DBo 142.2

    Die mens kan nie sy eie verlossing uitwerk sonder goddelike bystand nie en God sal hom nie red sonder sy gewillige samewerking nie. [R&H Aug. 30, 1892(2:591)]DBo 142.3

    Die verantwoordelikheid vir ons ondergang sal voor ons eie deur gelé word. Die Woord van God spreek tot ons asof alles van ons eie pogings afhang. Ons moet kom, ons moet die bose teenstaan, ons moet strewe om deur die poorte te gaan, ons moet die wedloop met geduld hardloop, ons moet die geloofstryd aanknoop, ons moet worstel met owerhede en magte, ons moet worstel met God in gebed as ons sonder smet voor die troon van God wil staan. [R&H Sep 6,1892(2:593)]DBo 142.4

    Die mens bou homself nie op as woonplek vir die Gees nie, maar tensy daar samewerking is van die mens se wil met God se wil, kan die Here niks vir hom doen nie. Die Here is die groot Meesterbouer en tog moet die mens saamwerk met die Goddelike Werker, anders sal die hemelse gebou nie voltooi word nie. Al die krag is van God en al die eer kom Hom toe, maar nogtans rus al die verantwoordelikheid by die mens, want God kan niks doen sonder sy samewerking nie. [R&H Okt 25,1892(2:605)]DBo 142.5

    Die evangelie verswak nie die vereistes van die wet nie; dit verhef die wet en maak dit groot. Onder die Nuwe Testament word niks minder vereis as onder die Ou Testament nie. Laat niemand hom troos met die misleiding, so aangenaam vir die sondige hart, dat God enige opregtheid aanvaar, dit maak nie saak wat die geloof is of hoe onvolmaak die lewe nie, God vereis in Sy kind volmaakte gehoorsaamheid. [R&H Nov 1,1892(2:607)]DBo 143.1

    Predikante vertel somtyds aan die mens dat hulle niks te doen het behalwe om te glo nie; dat Jesus alles gedoen het en hulle eie werke niks is nie. Maar die Woord van God sê duidelik dat die weegskaal in die oordeel fyn gebalanseer sal wees en dat die besluit op die bewysstukke gebaseer sal wees...DBo 143.2

    Ons pogings in vrome werke, vir onsself sowel as vir die verloss-ing van siele, sal'n definitiewe uitwerking op ons loon hê. [R&H Oh 25, 1881(1:291}]DBo 143.3

    Sedert die val van die mens is God se genade en sedelike heerskappy onskeidbaar. Hulle loop hand aan hand deur albei dispensasies. “Erbarming en waarheid vloei inmekaar; geregtigheid en vrede het mekaar omhels.” [R&HMrt 8,1881 (1:267)]DBo 143.4

    God het aan die mens ‘n volmaakte maatstaf gegee in Sy wet. As hy dit gehoorsaam, sal hy daardeur lewe, deur die verdienste van Christus. As hy dit oortree, het dit die mag om te verdoem. Die wet wys mens na Christus en Christus wys hulle terug na die wet. [R&H Sept 20, 1881(1:288)]DBo 143.5

    Ware vryheid en onafhanklikheid word gevind in die diens van God. Sy diens sal op u geen beperking plaas wat nie jou geluk sal bevorder nie. Deur aan Sy vereistes fe voldoen, sal jy vrede, genoegsaamheid en vreugde vind wat jy nooit kan hê in die weg van oortreding en sonde nie. Oordink sorgvuldig die vryheid wat jy begeer. Is dit die vryheid van die seuns van God, om vry te wees in Christus Jesus of noem u die toegee aan selfsugtige drifte vryheid? Sulke vryheid bring slegs bitter berou; dit is die wreedste slawerny. [R&H Aug 26 1884(1:455)]DBo 143.6

    Almal sal beloon word in juiste verhouding met die getrouheid, volharding en ywerige pogings wat gedoen word om die Here se sake te hanteer, maar die geval van baie word voorgestel deur die ontroue dienskneg wat sy heer se talent begrawe het, d.w.s. onttrek het aan die wêreld. [R&H Jun, 23, 1885(1:533)] ,DBo 143.7

    Baie sal nie bekwaam wees om die hemel in te gaan nie omdat hulle nie die balangrikheid sien van die volmaakte Voorbeeld nie. Sommige noem kruheid, slordigheid en onnette klere nederigheid en vryheid van hoogmoed, maar nederigheid is vervul met afsku by aanskoue van sulke maats en wil nie saam met hulle gesien word nie. [R&H Sept 8,1885(1:546)]DBo 143.8

    Die sorgelose standpunt wat so behaaglik is vir die hart van vlees, is dat Christus alles gedoen het, dat persoonlike strewe onnodig is en eerder bewys is van ongeloof. Maar die Skrif beveel dat ons ons eie verlossing uitwerk in vrees en bewing. Selfvoldaanheid sal ons nooit red nie. Die wat dink dat omdat Christus alles gedoen het as verdienste, daar dus niks oorbly vir hulle om te doen om aan die vereistes te voldoen nie, mislei hulle eie siele. Christus het gesê: “Ek heilig Myself dat hulle ook deur die waarheid geheilig kan word.” [R&H Dec 22, 1885(1:575)]DBo 144.1

    Word wakker, broeders en susters! Moenie bang wees vir goeie werke nie. Moenie traag wees om goed te doen nie, want julle sal jul loon ontvang as julle volhard. [R&H Apr 20, 1886(2:38)]DBo 144.2

    Sommige mag aanspraak maak daarop dat hulle groot geloof het in Jesus en dat daar niks is wat jy kan doen wat Christus nie vir jou doen nie. Maar wanneer Christus die dode opwek, sal dit geheel en al van jou handel en wandel afhang of jy sal opstaan tot die lewe of die dood. [R&H Apr 3, 1888(2:199)]DBo 144.3

    Die mens kan niks bereik sonder Jesus nie en tog is dit so beplan in die plan van verlossing dat die einddoel nie bereik kan word sonder menslike samewerking nie... Hy het lig en waarheid gestuur dat ons kan wandel in die strale van die Son van Geregtigheid en nie die vonkies van ons eie tonteling nie. [R&H Nov 1; 1890(2:608)]DBo 144.4

    Om vergewe te word soos Christus vergewe, is nie alleen om vrygespreek te word nie, maar om hernu te word in die verstand. [R&H Aug. 19, 1890(2:419)]DBo 144.5

    Christus reken aan ons Sy sondelose karakter toe en stel ons voor die Vader in Sy eie reinheid. Daar is baie wat dink dit is onmoontlik om die mag van die sonde te ontsnap, maar die belofte is dat ons gevul kan word met al die volheid van God. Ons mik te laag. Die doel is veel hoër... Ons moet die hoogste eienskappe van die karakter van God weerkaats... Die wet van God is die verhewe maatstaf waaraan ons moet voldoen deur die toegerekende geregtigheid van Christus. [R&H Jul 12, 1892(2:581)]DBo 144.6

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents