Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Bevryding Van Gods Volk

    Spoedig het ek gesien dat die heiliges in groot angs verkeer het. Dit het gelyk of hulle omring was deur die bose bewoners van die aarde. Dit het geskyn of alles teen hulle was. Sommige het begin vrees dat God hulle eindelik verlaat het om gedood te word deur die goddelose. Maar as hulle oë geopen kon wees, sou hulle gesien het dat hulle omring was deur die engele van God. Toe het die verwoede skare gekom en daarna ‘n menigte van bose engele wat die goddelose aangehits het om die heiliges dood te maak. Maar voordat hulle Gods volk kon nader, moes die goddelose eers deur ‘n groep magtige, heilige engele dring. Dit was onmoontlik. Die engele van God het hulle verplig om terug te val en dit het ook die bose engele wat dig om hulle was, genoodsaak om terug te val.DBo 197.1

    Dit was ‘n uur van die vreeslikste angs vir die heiliges. Hulle het dag en nag tot God geroep om verlossing. Oënskynlik was daar geen moontlikheid dat hulle sou ontsnap nie. Die goddelose het alreeds die oorwinning begin behaal en hulle het uitgeroep: “Waarom verlos julle God julle nie uit ons hande nie? Waarom váar julle nie op en red julle lewens nie?” Maar die heiliges het hulle nie geantwoord nie. Soos Jakob het hulle met God geworstel. Die engele was baie begerig om hulle te verlos, maar hulle moes nog ‘n bietjie wag; die volk van God moes eers die beker drink en met die doop gedoop word. Die engele, getrou aan hulle opdrag, het waggehou. God sou nie toelaat dat Sy Naam in die skande kom onder die heidene nie. Die tyd was byna daar vir Hom om Sy mag te openbaar en Sy heiliges op heerlike wyse te verlos. Vir die eer van Sy Naam sou Hy elkeen verlos wat geduldig vir Hom gewag het en wie se name in die boek geskrywe was.DBo 197.2

    Ek is terugverwys na die getroue Noag.Toe dit begin reën en die vloedwaters gekom het, was Noag en sy gesin veilig in die ark en God het die deur gesluit. Noag het die wêreld van sy tyd getrou gewaarsku, terwyl hulle hom bespot en gehoon het. Toe die waters op die aarde begin neersak en die een na die ander verdrink het, het hulle daardie ark waarmee hulle so lustig die spot gedryf het, veilig op die water gesien, met die getroue Noag en sy gesin daarin. Ek het gesien dat die volk van God, wat die wêreld getrou gewaarsku het van Sy komende toorn, verlos sou word. God sou nie die goddelose toelaat om diegene te vernietig wat gewag het op verheerliking en wat nie die dekreet van die dier gehoorsaam en sy merk ontvang het nie. Ek het gesien dat as die goddelose toegelaat sou word om die heiliges om die lewe te bring, sou die Satan en sy bose leërskare en almal wat God haat, baie bly gewees het. En 0, hoe ‘n groot oorwinning sou dit nie vir die Satan wees nie om in die laaste stryd mag te hê oor diegene wat so lank gewag het om Jesus te sien wat hulle liefhet! Diegene wat gespot het met die idee van die hemelvaart van die heiliges, sal sien hoe God vir Sy kinders sorg en hoe hulle heerlik verlos word.DBo 197.3

    Toe die heiliges die stede en dorpe verlaat het, is hulle agtervolg deur die goddelose wat hulle wou doodmaak, maar die swaarde wat opgehef is om Gods volk te dood, het gebreek en so magteloos soos stukkies strooi op die grond geval. Engele van God het die heiliges beskut. Waar hulle dag en nag om verlossing gebid het, is hulle roepstem deur die Here verhoor. [EG 241-243]DBo 198.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents