Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Valse Hoop

    Maar ten spyte van die gemis aan geloof en vroomheid is daar nogtans ware navolgers van Christus in hierdie kerke. Voordat die laaste oordele van God op die aarde kom, sal daar onder die volk van God so ‘n herlewing wees van die outydse godsvrug as wat daar nie sedert die dae van die apostels was nie. Gods Gees en krag sal uitgestort word op Sy kinders. In daardie tyd sal baie hulle afskei van die kerke waarin liefde vir hierdie wêreld die liefde vir God en Sy Woord vervang het. Baie, beide predikante en leke, sal blymoedig die groot waarhede aanneem wat God in hierdie tyd laat verkondig om ‘n volk te berei vir die wederkoms van die Here. Die sielevyand wil hierdie werk verhinder en voordat die tyd vir hierdie beweging aanbreek, sal hy trag om dit te belet deur ‘n valse beweging te laat ontstaan. In die kerke wat hy kan bedrieg, sal hy dit voorstel of Gods spesiale seën alreeds uitgestort is en daar sal blykbaar groot belangstelling in godsdienstige dinge wees. Baie sal hulle verbly omdat God op wonderbaarlike wyse vir hulle werk, soos hulle meen, terwyl dit die werk van ‘n ander gees is. Onder die dekmantel van godsdiens sal Satan trag om sy invloed te verbrei oor die Christelike wêreld. [GS 532]DBo 167.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents