Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Toegepaste Versoening - Heiligmaking

    In al Sy handelinge met Sy volk het God die heiligmaking van die kerk voor oë. Hy het hulle van ewigheid af gekies om heilig te wees. [PP 444]DBo 130.1

    Die mens is in die begin geskape in die ewebeeld van God, nie alleen wat karakter betref nie, maar ook in vorm en gelaatstrekke. Die sonde het die goddelike beeld geskend en byna uitgewis, maar Christus het gekom om te herstel wat verlore was. Hy sal ons vernederde liggame van gedaante verander om gelykvormig te word aan Sy verheerlikte liggaam. Die sterflike, verganklike vorm, sonder enige skoonheid en wat eenmaal deur die sonde besoedel was, is nou volmaak, heerlik en onsterflik. [GS728]DBo 130.2

    Soos God volmaak is in Sy sfeer, so word van ons vereis om volmaak te wees in ons sfeer. Daar is ‘n groot werk vir elkeen om hierdie hoë standaard te bereik en sommige het kwalik hul ABC in die skool van Christus geleer. Ons sal bereik volgens ons strewe en ons karakter sal slegs wees wat ons daarvan maak, want deur die goddelike hulp voorsien, kan ons oorwin. [R&HJune. 3,1883(1:432)]DBo 130.3

    Die Here het die mens van ewigheid uitverkies om heilig te wees.” Want dit is die wil van God, naamlik hulle heiligmaking.” Die wet van God verdra geen sonde nie, maar vereis volmaakte gehoorsaamheid. Die weerklank van Gods stem kom gedurig tot ons:“Heiliger, nog heiliger.” En ons antwoord moet altyd wees: “Ja, Here, nog heiliger.” Heiligheid is binne bereik van almal wat daarna reik in geloof, nie as gevolg van goeie werke nie, maar omrede die verdienste van Christus. [7 BC 908 (MS 113,1902)]DBo 130.4

    Ons heiligmaking is die werk van die Vader, Seun en die Heilige Gees. Dit is die vervulling van die verbond wat God gemaak het met diegene wat hulself verbind het om saam met Hom, Sy Seun en die Heilige Gees, in gemeenskap te staan. Is u wedergebore? Het u ‘n nuwe mens in Christus Jesus geword? Werk dan saam met die drie groot magte van die hemel wat vir julle werk. [7BC 908]DBo 130.5

    “God het die mens “geskape na Sy beeld” (Gen. 1:27) en dit was Sy doel dat hoe langer die mens geleef het, hoe vollediger hy hierdie beeltenis sou openbaar - om des te vollediger die heerlikheid van die Skepper te weerkaats. Al sy vermoëns was tot ontwikkeling in staat; die kapasiteit en lewenskrag daarvan moes aanhoudend toeneem. Ontsaglik groot was die speelruimte vir hul beoefening; heerlik die veld wat vir hulle navorsing oopgestel is... Om in die mens die beeld van sy Skepper te herstel, om hom terug te bring na die volmaaktheid waartoe hy geskape is, om die ontwikkeling van liggaam, verstand en siel te bevorder, sodat die Goddelike doel met Sy skepping verwesentlik kan word - dit sou die werk van die saligmaking wees. Dit is die doel van die opvoeding, die groot doel van die lewe. [Opv 15,16]DBo 130.6

    Die lewe van Daniël is geïnspireerde illustrasie van ‘n lewe wat heilig gemaak is. Dit is ‘n les vir almal en vernaamlik vir die jeug. Streng gehoorsaamheid aan die vereistes van God is voordelig vir die heil van liggaam en verstand. Om die hoogste peil op sedelike en verstandelike vlak te bereik, is dit nodig om wysheid en krag van God te vra en streng matigheid in al die gewoontes van die lewe aan te kweek. [SL 23]DBo 131.1

    Henog is ‘n uitstaande karakter. Sommige mense sien hom as ‘n geval ver bokant die deursnee man se bereik. Maar Henog se karakter wat so heilig was dat hy hemel toe geneem is sonder om die dood te smaak, is ‘n voorbeeld van wat die lewens en karakters van almal wat, soos Henog, saam met Christus wil gaan wanneer Hy kom, moet wees. Sy lewe is ‘n voorbeeld van wat elke persoon se lewe kan wees as Hy hom aan God verbind. [R&H Sept. 1,1885(1:543)]DBo 131.2

    Die goddelike karakter van die profeet (Henog) is ‘n voorbeeld van die peil van heiligheid wat diegene moet bereik wat hoop om hemel toe te gaan. [R&HJul. 31,1888(2:233)]DBo 131.3

    Die Heiland vra alles van ons: Hy vra ons eerste en heiligste denke, ons reinste en mees intense toegeneentheid. As ons waarlik deelgenote van die goddelike natuur is, sal Sy lof gedurig op ons lippe en in ons harte wees. Ons enigste veiligheid is om alles aan Hom oor te gee en daagliks te groei in genade en ‘n kennis van die waarheid. [SL 95]DBo 131.4

    Die heiligmaking in die skrifte afgebeeld, het te doen met die hele mensliggaam, siel en gees. Hier is die konsep van ware toewyding. Paulus bid vir die kerk te Thessalonika dat hulle die groot seën mag ontvang. 1 Thes. 5:23. [SL7-10]DBo 131.5

    Heiligmaking is’n daaglikse werk. Laat niemand homself bedrieg met die geloof dat God hulle sal vergewe en seën terwyl hulle een van Sy vereistes vertrap nie. As ons moedswillig en wetend sondig, doof dit die stem van die Gees en sonder die siel af van God. Hoe godsdienstig ons ookal voel, Jesus kan nie in ‘n hart woon wat Sy wet verwerp nie. Die Here vereer diegene wat Hom vereer. [R&H Nov 15,1887(2:169)]DBo 131.6

    Heiligmaking is nie die werk van ‘n oomblik, ‘n uur of ‘n dag nie, maar van ‘n leeftyd. Dit word nie verkry deur ‘n gevoel van geluk nie, dit is die gevolg van voortdurend vir die sonde te sterf en voortdurend vir Christus te leef. Verkeerde dinge kan nie reggestel of verandering in die karakter bewerkstellig word deur af en toe floue pogings aan te wend nie. Dit is alleen deur langdurige, volhardende inspanning, strenge selfbeheersing en ernstige stryd dat ons sal oorwin. [PP 441 /2]DBo 132.1

    Daar is in die godsdienstige wêreld ‘n teorie van heiligmaking wat in sigself vals is en ‘n gevaarlike invloed het. In baie gevalle het diegene wat voorgee dat hulle geheilig is, nie die ware ondervinding nie. Hulle heiligmaking bestaan uit wil en lippetaal aanbidding. Diegene wat werklik strewe na volmaakte karakters, sal nooit daarop roem dat hulle sondeloos is nie. Hulle lewens mag miskien onberispelik wees, hulle mag miskien lewende voorbeelde wees van die waarheid wat hulle aangeneem het, maar hoe meer hulle hulle verstand dissiplineer om die karakter van Christus te oorpeins, hoe nader hulle aan die goddelike beeld kom, hoe duideliker sal hulle Sy vleklose volmaaktheid besef en hoe meer sal hulle hul eie tekortkominge aanvoel.DBo 132.2

    As mense aanvoer dat hulle geheilig is, gee hulle genoegsame bewvs dat hulle ver van heilig is. Hulle sien nie hulle eie swakheid en armoede nie. Hulle dink hulle weerkaats die beeld van Christus, want hulle het geen ware kennis van Hom nie. Hoe groter die afstand tussen hulle en die Heiland, hoe regverdiger kom hulle in hul eie oë voor. As ons in berou en ootmoedige vertroue die lewe van Jesus oorpeins, Hy wat deur ons sonde deursteek is en gebuk moes gaan deur ons laste, kan ons leer om in Sy voetstappe te wandel. Deur Hom te aanskou, word ons verander in Sy goddelike beeltnis. En wanneer Hy Sy werk in ons volbring, sal ons op geen regverdigheid van ons eie aanspraak maak nie, maar Hom verhef, terwyl ons ons hulpelose siele op Sy verdienste laat rus.DBo 132.3

    Die Heiland het altyd selfregverdiging verdoem. Hy het Sy dissipels geleer dat die uitnemendste soort aanbidding dit is wat hom openbaar in ‘n stil, onopsigtelike wyse. Hy het hulle gewaarsku om liefdadigheid sonder akklamasie te doen, nie met vertoon nie, nie om deur die mens gesien te word nie, maar tot eer van God en in afwagting van hulle loon in die hiernamaals. As hulle goeie dade doen om deur hul medemens gesien te word, sal hul geen loon van hul Vader in die hemel ontvang nie.DBo 132.4

    Die volgelinge van Christus is geleer om nie te bid om deur ander gehoor te word nie.” Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborge is en jou Vader wat in die verborge sien, sal jou in die openbaar vergelde.” Sulke uitdrukkings van die lippe van Christus toon dat Hy nie die soort vroomheid deur die Fariseërs beoefen, met goedkeuring bejeën het nie. Die bergpredikasie toon dat dade van erbarming slegs edel is en aanbidding slegs welriekende invloed het as dit in ‘n onverwaande wyse gedoen word, in berou en ootmoed. Die suiwere motiewe heilig die daad.DBo 132.5

    Ware heiligmaking is algehele gelykvormigheid aan die wil van God. Opstandige gevoelens en gedagtes is oorwin en die stem van Jesus wek ‘n nuwe lewe wat die hele wese omvat. Die wat waarlik geheilig is sal nie hul eie opinies as die maatstaf van goed en kwaad voorhou nie. Hulle is nie eng en selfregverdig nie, maar hulle vertrou hulself nie, sodat hulle nie dalk sal struikel en kort skiet in die vereistes waarop die beloftes gegrond is nie.DBo 133.1

    Baie wat voorgee dat hulle geheilig is, is onkundig aangaande die werk van genade in die hart. As hulle beproef word is hulle soos die selfregverdige Fariseërs. Hulle verdra geen teenspraak nie. Rede en oordeel word opsy geskuif en hulle vertrou geheel en al op hulle gevoelens, terwyl hulle steun op emosionele ondervindings wat hulle een of ander tyd gehad het. Hulle is hardkoppig en dwars in hulle aanspraak op heiligheid, met baie lippetaal maar sonder vrugte as bewys. Diegene wat voorgee dat hulle heilig gemaak is, bedrieg nie net hulself deur hulle huigelary nie, maar lei ander, wat vuriglik begeer om die wil van God te doen, op die verkeerde weg. Hulle voer keer op keer aan: “God lei my! God leer my! Ek lewe sonder sonde” Baie wat in aanraking kom met hierdie gees ervaar ‘n duistere geheimsinnigheid iets wat hulle nie kan verstaan nie. Maar dit dra glad nie die beeld van Christus, ons enigste voorbeeld, nie. [SL 7-10]DBo 133.2

    Heiligmaking is ‘n progressiewe werk. Die opeenvolgende stappe word in die woorde van Petrus uiteengesit (2 Pet. 1:5-11). Hier is vir ons ‘n onfeilbare weg. Vir die wat daagliks by hul Christelike deugde byvoeg, sal God die gawes van die Gees vermenigvuldig. [SL 94,95]DBo 133.3

    Heiligmaking is nie die werk van ‘n oomblik, ‘n uur of ‘n dag nie. Dit is gedurige groei in genade. Ons weet nie vandag hoe fel ons stryd móre gaan wees nie. Die Satan lewe en is aktief en ons moet elke dag die Here smeek om hulp om hom te weerstaan. Solank as wat die Satan leef sal ons onsself moet onderwerp, aanvegtinge moet oorwin en daar is geen rusplek, ‘n plek waar ons sal kan sê dat ons ons doel bereik het nie. [IT 340]DBo 133.4

    Die kosbaarste vrug van heiligmaking is sagmoedigheid. Wanneer hierdie bekoring die siel beheers, word die karakter deur sy invloed gevorm. Die mens wag voortdurend op God en onderwerp sy wil aan Hom. [SL11 -15]DBo 134.1

    Ons moet daagliks strewe teen uiterlike boosheid en innerlike sonde as ons ‘n volmaakte Christelike karakter wil verkry. [R&H Mei 30,1882(1:319)]DBo 134.2

    Kortliks, die mens moet oorwin soos Christus oorwin het. En dan, deur die oorwinning wat dit sy voorreg is om deur die almagtige naam van Jesus te verkry, kan hy ‘n erfgenaam van God word en mede-erfgenaam van Christus.DBo 134.3

    Dit kan nie die geval wees as Christus al die werk van oorwinning moet doen nie. Die mens moet sy deel doen. Die mens moet ‘n oorwinnaar in sy eie reg wees deur die krag en genade wat Jesus aan hom skenk. [R&H Nov. 21, 1882(1:341)]DBo 134.4

    Daar is ruwe blokke wat uit die steengroef van die wêreld gekap word, maar dit is nie die plan van God dat hulle so onverwerk bly nie. Ons sal almal in Gods werkswinkel gebring word waar die hamer en die beitel sy werk kan doen totdat ons reggekap is, dan moet ons ‘n nog veeleisender werk van boen en bruinering ondergaan totdat ons geskik is vir ‘n plek in die tempel van God waar elke blok in sy plek geplaas sal word sonder beitel of hamer. [R&HDes. 18,1883(1:384)]DBo 134.5

    Die kind van God verkry krag soos hy vooruitgaan; sy lig moet meer en meer skyn anders sal dit dof word en uitgaan. Sy geloof moet sterker word, sy toewyding meer volledig, sy liefde meer volmaak, sy ywer onvermoeid, sy moed bestendig, sy geduld onuitputlik, wyl hy stadig vooruitgang maak in die kennis van die waarheid en die liefde van Jesus. [R&H Des.18, 1883(1:384)]DBo 134.6

    God sal nie vir ons doen wat ons vir onsself kan doen nie. [R&H Mei 20, 1884(1:427)]DBo 134.7

    Ware godsdiens is niks minder as gelykvormigheid aan die wil van God en gehoorsaamheid aan alles wat Hy beveel het en in ruil gee dit ons geestelike lewe, reken die geregtigheid van Christus aan ons toe en bevorder ‘n gesonde en gelukkige beoefening van die beste vermoëns van die hart en verstand. [R&H Mei 27,1884(1:429)]DBo 134.8

    Deur die werk van die Heilige Gees, die heiligmaking deur die waarheid, word die gelowige geskik gemaak vir die hemelhowe daarbo, want Christus werk in ons en Sy geregtigheid is op ons. Daarsonder sal geen siel reg hê op die hemel nie. Ons sal nie die hemel geniet nie tensy ons geskik gemaak is vir daardie heilige atmosfeer deur die invloed van die Heilige Gees en die geregtigheid van Christus. [1 SM 395]DBo 134.9

    By geen punt in ons ondervinding kan ons ontslae raak van dit wat ons in staat gestel het om te begin nie... Goddelike genade is nodig aan die begin, genade is nodig vir elke tree wat ons gee en goddelike genade alleen sal die werk voltooi. Daar is geen plek waar ons sorgeloos kan rus nie. [TM 507/508]DBo 135.1

    God lei Sy volk stap vir stap. Hy bring hulle op verskeie plekke om aan hulle te toon wat in die hart is. Sommige hou vol in een opsig, maar skiet te kort in ‘n ander opsig. Met elke stap vorentoe word die hart ‘n bietjie feller beproef. As die belydende volk van God vind dat hulle harte in opstand kom hierteen, behoort hulle te besef dat hulle nog ‘n stryd het vir oorwinning as hulle nie deurdie Here uitgespuug wil word nie. [1T187]DBo 135.2

    Daar is eerlike siele wat deels in God vertrou en deels in hulleself. Hulle vertrou nie op God om deur Sy krag behoue te bly nie, maar steun op hulle eie waaksaamheid teen versoeking en die verrigting van sekere pligte om deur Hom aanvaar te word. Daar is geen oorwinnings in hierdie soort geloof nie. Sulke mense werk vrugteloos; hulle siele is gedurig in slawerny en hulle vind geen rus voordat hulle hul laste aan die voet van Jesus neergelê het nie. [1 SM 353]DBo 135.3

    In die wedergebore hart sal daar ‘n vaste beginsel wees om die wil van God te gehoorsaam, want daar is ‘n liefde vir wat regverdig, goed en heilig is. [R&H.Mei 26,188501:525]DBo 135.4

    Die feit dat ons geroep is om beproewings te verduur, bewys dat die Here in ons iets kosbaars sien wat Hy graag wil ontwikkel. As Hy niks in ons sien wat tot Sy eer kan strek nie, sal Hy nie tyd mors om ons te probeer louter nie. Ons doen nie die moeite om ‘n doringbos te snoei nie. Christus werp nie waardelose materiaal in die oond nie. Dit is waardevolle erts wat hy beproef. [7 T 214]DBo 135.5

    Wanneer God beplan dat ‘n persoon ‘n verantwoordelike pos moet beklee, openbaar Hy in Sy genade aan Hom die verborge gebreke in sy lewe sodat hulle na binne kan kyk en krities die komplekse emosies en werking van hulle hart kan ondersoek om uit te vind wat verkeerd is; hulle kan dan hulle denke en gedrag verfyn. God wil hê dat Sy diensknegte bekend raak met die sedelike masjinerie van hulle eie harte. [4T 85]DBo 135.6

    Baie gee voor dat hulle aan die Here se kant is, maar hulle is nie; die oorwig van al hulle dade is aan die Satan se kant. Hoe sal ons weet aan watter kant ons is? Wie besit die hart? Aan wie dink ons deurentyd? Met wie voer ons graag gesprek? Wie het ons teerste gevoelens en lewenskragte? As ons aan die Here se kant is sal ons gedagtes van Hom wees en ons keurigste oorpeinsing van Hom wees. Ons het geen vriendskap met die wêreld nie; ons, met alles wat ons het, is aan Hom toegewy. Ons wil graag Sy beeld dra en Sy Gees inadem, Sy wil doen en Hom in alle dinge behaag. [R&H Aug. 16, 1887(2:261)]DBo 136.1

    Terwyl die jongmense hulle verlossing uitgewerk het met vrees en bewing, was dit God wat in hulle gewerk het om te wil en te doen na Sy welbehae. Die voorwaardes vir die beloning van ons goeie werke is asof alles van ons afhang. Om Gods genade ons eie te maak, moet ons ons deel doen. [R&HJun. 19,1887(2:156)]DBo 136.2

    Van die kruis tot die kroon moet daar ernstig gestrewe word; daar is ‘n stryd teen ingebore sonde en aanvegtinge van uiterlike boosheid. Die Christelike lewe bestaan uit stryd en opmars. Laat ons voorwaarts gaan, want ons stry vir'n onverwelklike kroon. Laat ons met alle ywer ons roeping en verkiesing vas maak. Ons sal uiteindelik triomfeer as ons nie ons pogings tot die goeie verslap nie. [R&H Nov. 29,1887(2:171)]DBo 136.3

    Alle geskape wesens is van God afhanklik vir lewe. Niemand kan goed wees of doen behalwe soos hy daagliks van God afhanklik lewe nie. En geen siel is regverdig langer as wat hy in lewensbelangrike verbinding met God is, die bron van alle deug, lewe en krag nie. [Letter 7 Feb 6,1894]DBo 136.4

    Daar is baie buite ons geledere wat in Gods guns is, want hulle het gelewe volgens die lig wat God aan hulle gegee het... As ‘n volk het ons die wet gepreek totdat ons so droog soos die berge van Gilboa is, wat nog dou nog reën het. Ons moet Christus in die wet preek en dan sal daar sap en voedsel in die prediking wees wat die verhongerde kudde van God sal voed. [R.&H Mar 11,1890(2:376)]DBo 136.5

    Baie aanvaar Christus as ‘n artikel van die geloof maar hulle het nie reddende geloof in Hom as hulle Offer en Heiland nie. Hulle besef nie dat Christus gesterf het om hulle te red van die straf van die wet wat hulle oortree het nie, sodat hulle teruggebring kan word tot gehoorsaamheid tot God nie... Nie dat hulle mag voortgaan in sonde nie, maar dat hulle van daardie sonde verlos kan word; dat hulle deur die verdienste van Sy geregtigheid in die guns van God herstel kan word. Weet u dat ‘n heilige en regverdige God u pogings om Sy wet te hou sal aanvaar op grond van die verdienste van Sy geliefde Seun wat vir jou rebellie en sonde gesterf het. [R&H Jul. 24,1888 (2:231)]DBo 136.6

    Die wit klere is die geregtigheid van Christus wat in jou karakter ingebou kan word... Jy mag sê dat jy in Jesus glo wanneer jy ‘n waardering het van die koste van verlossing. Jy kan dit sê as jy voel dat Jesus vir jou gesterf het aan die kruis van Golgota; as jy ‘n intelligente begrip het van geloof dat Sy dood dit moontlik maak vir jou om op te hou sondig en om ‘n volmaakte karakter te verkry deur die genade van God aan jou geskenk as koopprys van Christus se bloed. [R&H ,Jul 24,1888 (2:231)]DBo 137.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents