Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Skudding

    God is besig om Sy volk te skud. Hy wil ‘n rein eh heilige kerk hê. Ons kan nie die harte van mense lees nie. Maar die Here het middele voorsien om Sy kerk te suiwer. ‘n Korrupte volk het verrys wat nie saam met die volk van God kon woon nie. Hulle het vermaning verag en wou nie berispe word nie. Hulle het die geleentheid gehad om te weet dat hulle in ‘n ongeregtige stryd gewikkel is. Hulle het tyd gehad vir berou maar was te lief vir self om dit te laat sterf. Hulle het dit vertroetel en dit het sterk geword en hulle het self geskei van die vertrouende volk van God wat Hy vir Homself onderrig. Ons moet God dank dat ‘n weg geopen is om die kerk te red, want Gods wraak sou oor ons gekom het as hulle by ons gebly het. [IT 99:3]DBo 168.1

    God het aan my getoon dat die manne Hazaels is en ‘n vloek vir ons mense is. Hulle is wyser as wat geskryf is. Hierdie ongeloof in die waarhede van Gods woord omdat menslike oordeel nie die verborgenhede van Sy werk kan begryp nie, word gevind in alle oorde, in alle klasse van die samelewing. Dit word geleer in die meeste van ons skole en selfs in kleuterlesse. Duisende wat voorgee om Christene te wees gee gehoor aan valse geeste. Die gees van duisternis sal jy oral teëkom onder die dekmantel van godsdiens. As almal wat voorgee om goddelik te wees, dit werklik is, as almal wat dit bely vir die waarheid preek en nie daarteen nie en as hulle manne was, gelei deur Sy Gees, dan kon ons ‘n ligstraal in die morele duisternis sien. Maar die gees van antichris heers soos nooit tevore nie.DBo 168.2

    Ons kan wel uitroep: “Red o Here, want daar is geen vrome meer nie,” want die getroues het verdwyn onder die mensekinders. Ek weet dat vele ver te goed dink van die huidige tyd. Hierdie gemaksugtige siele sal verswelg word in die algehele verwoesting. Maar ons moet nie hoop opgee nie. Ons is geneig om te dink dat as daar nie getroue predikante is nie, daar geen getroue Christene kan wees nie, maar dit is nie die geval nie. God het belowe dat waar die herders vals is, Hyself vir die kudde sal sorg. Hy het nooit die kudde geheel en al afhanklik van mense gemaak nie. Maar die dag van reiniging van die kerk nader vinnig. God wil Sy volk rein en getrou hê. In die magtige uitwanning wat spoedig sal plaasvind, sal ons beter die sterkte van Israel kan peil. Die tekens dui aan dat die tyd naby is dat die Here openbaar sal word met die gaffel in Sy hand en Hy Sy vloer deur en deur sal dors.DBo 168.3

    Die dae kom haas nader, wanneer daar groot verwarring en verwardheid sal wees. Die Satan, geklee in die kleed van engele, sal, indien moontlik, die uitverkorenes mislei. Daar sal vele gode en here wees. Elke wind van lering sal waai. Die wat hulde betoon het aan sogenaamde wetenskap, sal dan nie die leiers wees nie. Die wat vertrou het op intellek, aanleg of talente, sal dan nie aan die hoof van sake staan nie. Hulle het nie tred gehou met die lig nie. Die wat hulself ontrou bewys het sal nie toevertrou word met die kudde nie. In die laaste plegtige werk sal min groot manne gebruik word. Hulle is selfvoldaan, onafhanklik van God en Hy kan hulle nie gebruik nie. Die Here het getroue diensknegte, wat, in die skudding, in die toetstydperk openbaar sal word. Daar is kosbare siele, nou onbekend, wat nie die knie voor Baal gebuig het nie. Hulle het nie die lig gehad wat so gekonsentreerd op julle geskyn het nie, maar dit mag wees dat onder ‘n nuwe en onaantreklike uiterlike ‘n reine helderheid van ‘n egte Christelike karakter openbaar sal word. In die daglig kan ons nie die sterre sien as ons na die hemel kyk nie. Hulle is daar in die hemelruim, maar die oog kan hulle nie onderskei nie. In die nag sien ons egter hulle luister. [5T 80-81]DBo 169.1

    Die groot skudding het begin en dit sal voortgaan en almal sal uitgeskud word wat nie gewillig is om onverskrokke en onwrikbaar vir die waarheid te staan en opofferings te maak vir God en Sy saak nie. Die engel het gesê: “Dink jy dat enigeen verplig sal word om op te offer? Nee, nee; die offers moet vrywillig geskied. Dit sal alles neem om die saailand te koop.” Ek het God gesmeek om Sy volk te spaar, want sommige van hulle het swak geword en was sterwende.Toe het ek gesien dat die oordele van God spoedig sal kom en ek het die engel gesmeek om in sy taal tot die mense te spreek. Hy het geantwoord: “Al die donders en blitse van die berg Sinai sal nie diegene beweeg wat nie beweeg kan word deur die duidelike waarhede van Gods Woord nie en ‘n boodskap van ‘n engel sal hulle ook nie wakkerskud nie.” [EG 45]DBo 169.2

    Ek het gesien dat sommige nie deel geneem het aan die wroeging en voorbidding nie. Hulle skyn sorgeloos en nalatig te wees. Hulle het nie die duisternis rondom hulle weerstaan nie en dit het hulle verswelg soos ‘n digte wolk. Die engele het diegene verlaat en ander te hulp gesnel wat geworstel het met al hul mag om die bose engele teen te staan en hulself probeer help het deur God met volharding aan te roep. Maar die engele het die verlaat wat geen poging aangewend het om hulself te help nie en ek het hul uit die gesig verloor. Soos die biddendes hul ernstige geskrei voortsit, het ‘n straal lig van Jesus soms tot hulle gekom om hulle harte te bemoedig en hul aangesigte teverlig. [IT 180/1]DBo 169.3

    Ek het sommige sien pleit met God met sterk geloof en ernstige smeekbedes. Hulle gesigte was bleek en kommervol - tekens van ‘n inwendige stryd. Hulle het ernstig en vasberade gelyk; groot sweetdruppels het op hulle voorhoofde gestaan. So nou en dan is hulle aangesigte verlig deur tekens van Gods goedkeuring en dan het hulle weer daardie ernstige, kommervolle houding aangeneem.DBo 170.1

    Bose engele het om hulle vergader en duisternis geskep om Jesus vir hulle oë te verberg, sodat hulle net die duisternis rondom hulle sou sien en gelei kon word om God te wantrou en teen Hom te murmureer. Hulle enigste veiligheid was om na omhoog te kyk. Engele van God hou wag oor Sy volk en toe die bose engele die giftige atmosfeer rondom hierdie beangste mense geskep het, het die hemelse engele gedurig met hulle vlerke oor hulle gewaai om die duisternis te verdryf.DBo 170.2

    Waar hierdie bidders voortgegaan het met hulle smeekbedes, het daar by tye ‘n ligstraal van Jesus na hulle gekom om hulle harte te bemoedig en hulle aangesigte te verlig. Sommige, het ek gesien, het nie deelgeneem aan die smeekbedes nie. Dit het gelyk of hulle onverskillig was en nie omgegee het nie. Hulle het nie geveg teen die duisternis rondom hulle nie en dit het hulle in ‘n digte wolk omsluit. Die engele van God het hierdie mense verlaat en diegene gaan help wat besig was om te bid. Ek het engele sien haas na almal wat geprobeer het om hulleself te help deur volhardend tot God te roep. Maar Sy engele het diegene verlaat wat geen poging gemaak het om hulleself te help nie en ek het hulle nie meer gesien nie.DBo 170.3

    Ek het verneem wat die betekenis is van die skudding wat ek gesien het en is getoon dat dit veroorsaak is deur die onomwonde getuienis van die Waaragtige Getuie aan die Laodicense. Dit sal ‘n uitwerking hê op die hart van die ontvanger en hom lei om die banier te verhoog en die onomwonde waarheid te verkondig. Sommige sal nie hierdie reguit getuienis aanneem nie; hulle sal daarteen in opstand kom en dit is dit wat die skudding sal veroorsaak onder Gods volk.DBo 170.4

    Ek het gesien dat die getuienis van die Waaragtige Getuie grotendeels verrontagsaam is. Die ernstige getuienis wat so baie te doen het met die lotsbestemming van die kerk, is lig opgeneem indien nie heeltemal veronagsaam nie. Hierdie getuienis moet ‘n grondige bekering bewerkstellig; almal wat dit waarlik aanneem, sal dit gehoorsaam en hulle sal gereinig word.DBo 170.5

    Die engel het gesê: “Luister bietjie daarna!” Toe het ek ‘n stem gehoor soos van baie musiekinstrumente wat almal in harmonie bespeel is. Dit het die mooiste musiek wat ek nog ooit gehoor het, oortref - dit was so vol genade, barmhartigheid en verheffende, heilige vreugde. Dit het deur my hele wese getril. Toe het die engel gesê: “Kyk daar!” My aandag is gevestig op die groep wat so geweldig geskud is. Ek het diegene gesien wat so smekende en in angs gebid het. Die afdeling engele wat hulle bewaak het, is verdubbel en hulle het ‘n wapenrusting aangehad wat hulle van hulle hoof tot by hulle voete bedek het. Hulle het ordelik voortbeweeg, soos ‘n afdeling soldate. Hulle gelaat het die tekens getoon van die vreeslike stryd wat hulle deurgemaak het; nogtans het hulle gesigte, wat tekens getoon het van die kwaai, inwendige stryd, nou gestraal van die lig en heerlikheid van die hemel. Hulle het die oorwinning behaal en dit het die grootste en heiligste vreugde aan hulle ontlok.DBo 171.1

    Die aantal in die groep het verminder. Sommige van hulle is uitgeskud en langs die weg agtergelaat. Die onverskilliges, wat nie volhardend en smekend saamgebid het met diegene wat die oorwinning en die verlossing op prys gestel het nie, het dit nie verkry nie en hulle is in duisternis agtergelaat; hulle plekke is dadelik ingeneem deur ander wat die waarheid aangeneem het. Bose engele het nog om hulle saamgepak, maar hulle het geen mag oor hulle gehad nie.DBo 171.2

    Ek het diegene wat die wapenrusting aangehad het, die waarheid met groot krag hoor verkondig. Dit was doeltreffend. Baie was eers gebonde; sommige vroue deur hulle mans en sommige kinders deur hulle ouers. Die opregtes wat eers belet was om die waarheid te hoor, het dit nou gretig aangeneem. Alle vrees vir hulle huisgenote was weg; alleen die waarheid was vir hulle van belang. Hulle het verlang en gedors na die waarheid. Dit was vir hulle dierbaarder as die lewe self. Ek het gevra wat hierdie groot verandering teweeggebring het. Die engel het geantwoord:“Dit is die laat reën, die verkwikking van die aangesig van die Here, die luide geroep van die derde engel.”DBo 171.3

    Daar het groot krag gerus op hierdie uitverkorenes. Die engel het gesê:“Kyk!” toe is my aandag gevestig op die goddelose of ongelowiges. Hulle was in rep en roer. Die ywer en krag wat die volk van God besiel het, het hulle woedend gemaak. Aan alle kante was daar verwarring. Ek het gesien dat daar maatreëls getref word teen die groep wat die lig en krag van God gehad het. Die duisternis rondom hulle het digter geword, maar hulle het pal gestaan, goedgekeur deur God en vertrouende op Hom. Ek het gesien dat hulle bang word, toe het ek hulle baie ernstig tot God hoor roep. Hulle het dag en nag aangehou roep: “Laat U wil, o God, geskied! As dit U Naam kan verheerlik, voorsien tog ‘n uitweg vir U volk! Verlos ons van die heidene rondom ons. Hulle het besluit dat ons moet sterf maar U arm kan ons red. “Dit is al woorde wat ek kan onthou. Dit het geskyn of almal hulle onwaardigheid gevoel het en hulle het hulle volkome oorgegee aan die wil van God; maar, soos Jakob, het elkeen, sonder uitsondering ernstig gesmeek en geworstel om uitredding.DBo 171.4

    Kort nadat hulle met hulle smeking begin het, wou die engele, in medelye met hulle gaan om hulle te verlos. Maar, ‘n statige, bevelvoerende engel het hulle belet. Hy het gesê:“Die wil van God is nog nie volbring: nie. Hulle moet die beker drink. Hulle moet gedoop word met daardie doop.” Eerlank het ek die stem van God gehoor wat die hemele en die aarde geskud het. Daar was ‘n groot aardbewing. Orals het geboue ineengestort. Toe het ek ‘n oorwinningskreet gehoor; dit was kragtig en musikaal en helder. Ek het na die groep gekyk wat ‘n rukkie tevore in bande en in sulke ellende was. Hulle was verlos uit hulle gevangeskap. ‘n Heerlike lig het hulle beskyn. Hoe mooi het hulle toe gelyk! Al die tekens van kwelling en afmatting was weg en gesondheid en skoonheid is gesien op elke gelaat. Hulle vyande, die heidene rondom hulle, het soos dooie mense neergeval. Hulle kon die lig wat op die verloste heiliges geskyn het nie verduur nie. Hierdie lig en heerlikheid het op hulle gebly totdat Jesus in die wolke van die hemel gesien is en die getroue, beproefde groep verander is in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, van heerlikheid tot heerlikheid. En die grafte is geopen en die heiliges het voortgekom, beklee met onsterflikheid en roepende: “Die dood en die graf is oorwin” en tesame met die lewende heiliges is hulle opgeneem, die Here tegemoet in die lug en almal het met musikale stemme oorwinnend gejuig. [EG 230-233]DBo 172.1

    Namate die storm nader, het ‘n groot aantal van diegene wat voorgegee het om in die derde engel se boodskap te glo maar wat nie geheilig is deur gehoorsaamheid aan die waarheid nie, hulle geloof prysgegee en aangesluit by die geledere van die teenstanders. Deur met die wêreld te verenig en met sy gees besiel te word, sal hulle sake net soos die wêreldlinge beskou en wanneer die toets kom, sal hulle gereed wees om die maklike, populêre kant te kies. Talentvolle en innemende mense wat hulle eenmaal in die waarheid verbly het, sal hulle kragte gebruik om siele te bedrieg en te mislei. Hulle sal die bitterste vyande word van hulle gewese broeders. Wanneer Sabbathouers voor die howe gebring word oor hulle geloof, sal hierdie afvalliges die beste werktuie van Satan wees om hulle te beskuldig en vals voor te stel; hulle sal deur valse getuienis en beskuldigings die owerheid teen eersgenoemdes ophits. [GS 689]DBo 172.2

    En omdat ongeregtigheid sal vermeerder sal die liefde verflou. Die atmosfeer is besoedel met sonde. Gods volk sal spoedig beproef word deur ‘n vuurtoets en ‘n groot aantal van die wat nou skyn eg en getrou te wees, sal as onedele metale bewys word. Instede van versterk en bevestig te word deur teenstand, dreigemente en mishandeling, sal hulle hul lafhartig saam met die teenstanders skaar. Die belofte is; Die wat My eer, sal Ek eer. Sal ons minder geheg wees aan Gods wet omdat die wêreld poog om dit tot niet te maak? [8T 135:1]DBo 173.1

    Die feit dat daar geen stryd of oproer onder Gods volk is nie, is geen bewys dat hulle vashou aan suiwer leer nie. Daar is rede om te vrees dat julle nie duidelik onderskei tussen waarheid en dwaling nie. Wanneer geen nuwe vrae begin word deur ondersoek van die Skrifte nie, wanneer geen meningsverskille mense na hulle Bybels jaag nie, om sodoende vir hulleself vas te stel dat hulle die waarheid het, sal daar nou baie wees soos van ouds, wat sal vashou aan oorlewering en aanbid wat hulle self nie weet nie.DBo 173.2

    Aan my is getoon dat baie wat teenwoordige waarheid bely, nie weet wat hulle glo nie. Hulle verstaan nie die bewyse van hulle geloof nie. Hulle het geen waardering vir die huidige werk nie. Wanneer die beproewings kom, is daar manne, wat vir ander preek, wat sal vind, na hulle hul eie sienings ondersoek het, dat daar baie dinge is waarvoor hulle geen rede het nie. Totdat hulle so getoets word, ken hulle nie hul eie onkunde nie. Daar is baie in die kerk wat dit as vanselfsprekend aanvaar dat hulle verstaan wat hulle glo, maar totdat strydvrae opduik, ken hul nie hulle eie swakheid nie. Wanneer afgesonder van ander gelowiges en gedwing om alleen te staan en hul geloof te verduidelik, is hulle verbaas om te sien hoe verward hulle idees is oor wat hulle aanvaar het as waarheid. Daar was sekerlik, in ons geledere ‘n afwyking van die lewende God en ‘n vertroue in mense, deur menslike wysheid in die plek van goddelike wysheid te plaas.DBo 173.3

    God sal Sy volk wakkerskud. As ander metodes faal sal Hy kettery toelaat in hulle midde, wat hulle sal wan om die kaf van die koring; te skei. Die Here roep elkeen wat glo in Sy Woord om te ontwaak uit hul slaap. Kosbare lig het gekom, paslik vir hierdie tyd. Dit is Bybelwaarheid wat die gevare aandui wat op ons is. Die lig hoort ons te lei tot ywerige studie van die Skrifte en ‘n kritiese ondersoek in ons standpunte. Die Here wil dat ons elke rigting en standpunt deuglik en met volharding deursoek, met gebed en vas... Hulle geloof moet vas gegrond wees op die Woord van God sodat wanneer toetse kom en hulle voor howe verskyn om vir die waarheid te verantwoord, hulle in staat sal wees om ‘n rede te gee vir die hoop wat in hulle is met vrees en bewing. [5T 707]DBo 174.1

    Ek het gesien dat net soos die Jode Jesus gekruisig het, so het die kerke hierdie boodskappe gekruisig en daarom het hulle geen kennis van die weg tot die Allerheiligste plek nie en hulle kan geen voordeel trek uit die middelaarswerk van Jesus daar nie. Net soos die Jode, wat hulle nuttelose offers gebring het, so stuur hulle hulle nuttelose gebede op na die afdeling wat Jesus verlaat het en die Satan, in sy skik met hierdie bedrog, neem sogenaamde Christene tot homself en hy werk met sy krag en tekens en wonders van die leuen om hulle in sy strik te vang. Sommige bedrieg hy op die een manier en ander weer op ‘n ander. Hy het verskillende verleidings vir die verskillende soorte mense. Sommige sal die een dwaling met afsku verwerp, terwyl hulle ‘n ander een geredelik sal aanneem. Die Satan bedrieg sommige met spiritisme. Ook kom hy in die gedaante van'n engel van die lig en versprei hy sy invloed oor die land deur middel van valse reformasies. Die kerke is in hulle skik en hulle meen dat God op wonderbaarlike wyse vir hulle werk terwyl dit al die tyd die werk van ‘n ander gees is. Die opwinding bedaar later en dit laat die wêreld en die kerk in ‘n slegter toestand as voorheen. [EG 223]DBo 174.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents