Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Derde Persoon van die Drie-eenheid.

    Toe Christus die Heilige Gees aan Sy dissipels beloof het, was Hy na aan die einde van Sy aardse bediening. Hy het in die skaduwee van die kruis gestaan, ten volle bewus van die groot skuldlas wat op Hom as Sondedraer sou rus. Voordat Hy Hom as offer oorgegee het, het Hy Sy dissipels onderrig aangaande die noodsaaklikste en volmaakste gawe wat Hy aan Sy volgelinge sou skenk - die gawe wat die grenslose hulpbronne van die genade binne hulle bereik sou bring. [HA 39]DBo 56.4

    Christus se hemelvaart was die teken dat Sy volgelinge die beloofde seën sou ontvang. Daarvoor moes hulle wag voordat hulle hul werk kon begin. Toe Christus die hemelpoorte binnegaan is Hy te midde van die aanbiddende engele tot die troon verhef. Sodra hierdie plegtigtheid afgehandel was, het die Heilige Gees in ryke strome op die dissipels neergedaal en is Christus in werklikheid verheerlik met die heerlikheid wat Hy van alle ewigheid af by die Vader gehad het. Die uitstorting tydens die Pinksterfees was die Hemel se boodskap dat die inhuldiging van die Verlosser voleindig was. Ooreenkomstig Sy belofte het Hy die Heilige Gees van die hemel af na Sy volgelinge gestuur as teken dat Hy as priester en koning alle gesag in die hemel en op die aarde ontvang het en die Gesalfde oor Sy volk was. [HA 32,33]DBo 56.5

    Die Trooster wat Christus beloof het om te stuur nadat Hy opgevaar het, is die Gees in al die volheid van die Godheid, wat die krag van goddelike genade openbaar aan almal wat Christus ontvang en in Hom glo as persoonlike Saligmaker. Daar is drie lewende persone in die hemelse trio; in die naam van die drie groot magte - die Vader, die Seun en die Heilige Gees, word dië gedoop wat Christus deur lewende geloof aanneem en die drie magte werk saam met die gehoorsame burgers van die hemel in hulle pogings om die nuwe lewe in Christus uit te lewe. [EV. 615, Special Testemonies, series B, no 7, pp. 62/63]DBo 56.6

    Die belofte van die Gees is tot geen bepaalde eeu of ras beperk nie. Christus het verklaar dat die Goddelike invloed van Sy Gees tot die einde toe met Sy volgelinge sou wees. Van die dag van die Pinksterfees af tot nou toe is die Trooster na almal gestuur wat hulle ten volle aan die diens van die Here oorgegee het. Tot almal wat Christus as hulle persoonlike Saligmaker aangeneem het, het die Heilige Gees as raadgewer, heiligmaker, leidsman en getuie gekom. [HA 40]DBo 57.1

    Die sonde kan alleenlik deur die magtige werking van die Derde persoon van die Godheid weerstaan en oorwin word, want Hy sou nie in beperkte mate kom nie, maar in die volheid van die Goddelike krag. Dit is die Gees wat bevestig wat deur die wêreld se Verlosser bewerkstellig is. [KE 607]DBo 57.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents