Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Vryheid Van Wil

    God verwag van al Sy skepsels liefdesdiens - ‘n liefde wat sy ontstaan het in ‘n intelligente besef van Sy karakter. Hy het geen behae in gedwonge liefde nie en aan almal het hy ‘n vrye wil gegee, sodat hulle Hom vrywillig kan dien. [GS 560/1]DBo 73.5

    In die verlossingswerk is daar geen dwang nie. Geen dwang word van buite af toegepas nie. Onder invloed van die Gees van God staan dit die mens vry om te kies wie hy wil dien. Die verandering wat intree as die siel hom aan Christus oorgee, bring die hoogste begrip van vryheid. Die uitwerping van die sonde is die taak van die siel self.DBo 73.6

    Dis wel waar dat ons geen mag het om ons van die Satan se beheer te bevry nie, maar wanneer ons verlang om van die sonde bevry te word en in ons groot behoefte roep om ‘n krag bo en buite onsself, word die kragte van die siel aangevul met die Goddelike krag van die Heilige Gees en julle gehoorsaam die wil in die vervulling van die wil van God. [KE 420]DBo 73.7

    As hulle [die jeug], nie moedswillig in gevaar instorm en hulleself onnodig in die weg van versoeking plaas nie, as hulle bose invloede en geselskap vermy en dan onvermydelik gedwing word om in gevaarlike geselkap te wees, sal hulle die stukrag hê om vir regte beginsels te staan en dit te bewaar en daar sedelik ongedeerd van uitkom. As die jeug, behoorlik opgevoed, hul vertroue in God plaas, sal hulle sedelike vermoëns die sterkste toets deurstaan. [ML 72]DBo 73.8

    In “Die Pilgrim se reis na die Ewigheid” is daar ‘n karakter met die naam, Buigbaar. Jeug, vermy die karakter. Diegene wat deur dit voorgestel word is baie tegemoetkomend, maar hulle is soos ‘n riet in die wind. Hulle het geen wilskrag nie. Elke jong persoon behoort te leer om besluite te maak. ‘n Verdeelde toestand van die wil is ‘n vals strik en lei tot die ondergang van baie jong mense. Wees vasberade of jou huis of karakter sal gebou wees op ‘n fondament van sand. [ML 73 (R&H Mei 9,1899)]DBo 73.9

    Wil jy nie sonder verwyl jouself in ‘n regte verhouding met God plaas nie? Wil jy nie sê: “Ek sal my wil aan Jesus gee en ek sal dit nou doen” en van die oomblik af geheel en al aan die Here se kant wees nie?.... Sê: “Ek sal glo, ek glo dat God my helper is en jy sal vind dat jy triomferend is in God. Deur vasberade die wil aan die kant van God te hou, sal elke emosie deur die wil van Jesus gevange geneem word. Jy sal dan jou voete op die vaste rots vind. Dit sal met tye elke greintjie wilskrag verg wat jy besit, maar dit is God wat vir jou werk en jy sal uit die gietproses kom as ‘n voorwerp van eer. [5T 514]DBo 74.1

    Julle mag manne van verantwoordelikheid en invloed word as, deur die krag van die wil, en in verbinding met goddelike krag, julle ywerig deelneem aan diewerk. [4T 561:3]DBo 74.2

    Sal u, my broeders in die bediening, die ryke beloftes van God aangryp? Sal u uself laat verdwyn en Jesus laat verskyn? Self moet sterf voordat God in u kan werk. Ek raak besorgd as ek sien hoedat self in een dan ‘n ander te voorskyn kom. Ek sê aan u in die naam van Jesus van Nasaret, julle wil moet sterf en soos Gods wil word. Hy wil julle oor smelt en julle reinig van elke smet. [9T181]DBo 74.3

    Die juk wat ons vir diens inspan, is die wet van God. Die groot liefdeswet wat in Eden geopenbaar is, vanaf Sinai afgekondig is en in die nuwe verbond op die hart geskryf word, is wat die menslike arbeider aan die wil van God inspan. As ons aan ons eie begeertes oorgelaat moes word, om te volg waar ons wil ons heen lei, sou ons in die Satan se geledere beland en sy hoedanighede ontvang. Daarom bind God ons aan Sy wil, wat hoog en edel en verheffend is. [KE 288]DBo 74.4

    Dit is ‘n verskriklike ding as ‘n mens sy wil teen die wil van God stel, soos opgeopenbaar in Sy spesifieke vereistes. Al die eer wat ‘n persoon kan ontvang op die troon van ‘n koninkryk, sal ‘n powere vergoeding wees vir die verlies van God se guns deur ‘n daad van ontrouheid aan die hemel. [2 SDABC 1018 (STSept. 7,1888)]DBo 74.5

    Deur die wilsbesluit van ‘n oomblik kan jy jouself in die mag van Satan plaas, maar dit sal baie meer as die wilsbesluit van ‘n lewe. Die besluit mag geneem word, die werk begin, maar die bereiking daarvan sal werk, tyd en volharding, geduld en opoffering verg. Die man wat vrywillig van God afdwaal in die volle heerlikheid van die lig, sal vind, wanneer hy besluit om terug te keer, dat dorings en distels in sy pad opgeskiet het. [ML 322]DBo 74.6

    Alle ware opregtheid kom uit die hart. Christus se werke het uit Sy hart gekom. En as ons instem, sal Hy Hom so met ons gedagtes en strewe vereenselwig, ons hart en gees so met Sy wil saamsmelt, dat ons, as ons Hom gehoorsaam, maar net ons eie impulse sal uitvoer. Die wil, gelouter en geheilig, sal sy hoogste behae in Sy diens vind. As ons God ken soos dit ons voorreg is om hom te ken, sal ons lewe een van voortdurende gehoorsaamheid wees. Deur ‘n begrip van die karakter van Christus, deur gemeenskap met God, sal die sonde vir ons verwerplik word. [KE 604]DBo 75.1

    Christus is die” lig wat elke mens verlig” wat in die wêreld aan kom was. Net soos elke mens deur Christus lewe het, so ontvang ook elke siel deur Hom die een of ander straal van Goddelike lig. Nie net intellektuele vermoë nie, maar geestelike mag, ‘n insig in wat reg is, ‘n verlange na die goeie bestaan in elke hart. Maar teen hierdie beginsels worstel daar ‘n vyandige mag.DBo 75.2

    Deur sonde is die mens van God uitgesluit. Sonder die verlossingsplan sou ewige skeiding van God, die duisternis van ‘n eindelose nag, syne gewees het. Deur die offerande van die Heiland is gemeenskap met God weer moontlik gemaak. Ons mag nie persoonlik tot in Sy teenwoordigheid kom nie; in ons sonde mag ons nie Sy aange sig sien nie, maar in Jesus, die Heiland, kan ons Hom aanskou en met Hom sielsgemeenskap hê. “Die verligte... van die kennis van die heerlikheid van God” word “in die aangesig van Jesus Christus” geopenbaar. God versoen in Christus die wêreld met Homself. [Opv 28]DBo 75.3

    U begeer om uself aan Hom te gee, maar u is swak en ‘n slaaf van twyfelmoedigheid en die sondige gewoontes oorheers u. U beloftes en voornemens is waardeloos. U kan u gedagtes en drifte en luste nie beheers nie. Die gedagte aan u gebroke beloftes en geloftes wat u nie nagekom het nie verswak u geloof in u eie opregtheid en laat u voel dat God u nie sal aanneem nie, maar u hoef nie moedeloos te word nie. Wat u nodig het is om die ware krag van die wil te besef. Dit is die heersende krag in die hart van die mens; dit laat hom besluit en kies. Alles hang af van die regte gebruik van die wil. God het aan alle mense die vermoë gegee om te kies; hulle moet daardie krag beoefen. U kan u hart nie verander nie, u kan God nie uit u eie liefhê nie, maar u kan kies om Hom te dien. U kan u wil aan Hom onderwerp; Hy sal dan in u werk om te wil sowel as om te werk na Sy welbehae. Op hierdie manier sal u hele natuur onder die beheersing van die Gees van Christus kom; u liefde sal in Hom sy middelpunt vind en u gedagtes sal in ooreenstemming met Hom wees. [Skrede van Christus pp. 48/9]DBo 75.4

    Hierdie wil, wat so ‘n belangrike faktor vorm in die karakter van die mens, was met die val onder Satan se beheer geplaas en hy werk sedertdien in die mens om te wil en sy behae te doen, maar tot die totale verderf en ellende van die mens. Maar die oneindige Offer van God in die gawe van Jesus, sy Geliefde Seun, om u offerande te word vir sonde, stel Hom in staat om te sê, sonder om een beginsel van Sy regering te verloën, “Gee julle oor aan My; gee My daardie wil, neem dit uit onder die beheer van Satan en Ek sal daarvan besit neem, dan kan Ek in julle werk om te wil en te werk na My welbehae.” Wanneer Hy aan u die gesinheid van Christus gee, word jou wil soos Sy wil en jou karakter word verander om te word soos Sy karakter... ‘n lewe van bruikbaarheid lê voor jou as jou wil God se wil word. [5T 515]DBo 76.1

    Ware Godsdiens het te doen met die wil. Die wil is die heersende mag in die menslike natuur en bring alle ander vermoëns onder sy beheer. Die wil is nie die smaak of neigings nie, maar dit is die besluitnemende mag wat mensekinders op die pad van gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid aan God plaas. [5T 513]DBo 76.2

    Die wil is nie die smaak of neigings nie, maar dit is die keuse, die besluitnemende, koninklike mag wat mensekinders op die pad van gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid aan God plaas. [ML 318]DBo 76.3

    Dis wel waar dat ons geen mag het om ons van die Satan se beheer te bevry nie, maar wanneer ons verlang om van die sonde bevry te word en in ons groot behoefte roep om ‘n krag bo en buite onsself, word die kragte van die siel aangevul met die Goddelike krag van die Heilige Gees en julle gehoorsaam die wil in die vervulling van die wil van God. [KE 420]DBo 76.4

    Die mens se voorreg om ‘n kennis van die waarheid op te doen sal, hoe groot dit ook al mag wees, vir hom nutteloos wees tensy die hart ontvanklik is vir die waarheid en daar ‘n doelbewuste versaking van elke gewoonte en gegruik is wat in stryd is met sy beginsels. Aan diegene wat hulle so aan God onderwerp, met ‘n eerlike verlange om Sy wil te ken en te doen, word die waarheid geopenbaar as die krag van God vir hul verlossing. Hulle sal kan onderskei tussen hom wat namens God praat en hom wat bloot namens homself praat. Die Fariseërs het nie hul wil met die wil van God verenig nie. Hulle het nie na waarheid gesoek nie, maar het verskonings gesoek om dit te ontwyk. [KE 410]DBo 76.5

    Daar is geen geestelike krag daarin om gedurig ons swakhede en afdwalings te oorpeins en te kla oor die krag van Satan nie. Hierdie groot waarheid moet gevestig word as ‘n lewende beginsel in ons hart en verstand - die doeltreffendheid van die offerande vir ons gemaak, - dat God kan en sal red tot die uiterste diegene wat tot Hom kom, op die voorwaardes aangestip in Sy woord. Ons werk is om die wil aan die kant van Gods wil te plaas. Dan, deur die bloed van die versoening word ons deelgenote van die goddelike natuur; deur Christus word ons kinders van God en ons het die versekering dat God ons liefhet, net soos Hy Sy Seun liefgehad het. Ons is een met Jesus. Ons wandel waar Christus voorgaan in die weg. [5T 741 ]DBo 77.1

    Die geestelike verhouding kan daargestel word slegs deur die beoefening van persoonlike geloof. Hierdie geloof, aan ons kant, moet uiterste voorkeur, volkome afhanklikheid, totale toewyding uitdruk. Ons wil moet geheel en al onderwerp wees aan die goddelike wil; ons emosies, begeertes, ons belange en eer moet identifiseer met die vooruitgang van Christus se koninkryk en die eer van Sy saak, terwyl ons gedurig genade van Hom ontvang en Hy dankbaarheid van ons. [ML 11 ]DBo 77.2

    Die harmonie wat bestaan tussen mense verskillend van aard, is die sterkste getuienis wat gelewer kan word dat God Sy Seun in die wêreld gestuur het om sondaars te red. Dit is ons voorreg om die getuienis te lewer. Maar om dit te kan doen, moet ons onsself onder christus se bevel plaas. Ons karakters moet gevorm word in harmonie met sy karakter. Ons wil moet onderworpe wees aan Sy wil. Dan sal ons saamwerk sonder ‘n gedagte aan botsing. [8T.243]DBo 77.3

    Vir die hart wat gereinig is, is alles verander. Die transformasie van karakter is ‘n getuienis aan die wêreld van ‘n inwonende Christus. Die Gees van God bring ‘n nuwe lewe voort in die siel, en dit bring die gedagtes en begeertes in gehoorsaamheid aan die wil van Christus en die innerlike mens is hernu in die beeld van God. [PK233]DBo 77.4

    Jou wil moet onderwerp wees aan die wil van God. Jy het die hulp van die Here Jesus nodig. Laat slegs woorde wat skoon en rein en heilig is van jou lippe kom, want as ‘n evangeliedienaar sal jou gees en voorbeeld deur ander gevolg word. [GW 164]DBo 77.5

    Wanneer die waarheid, die plegtige, belangrike waarheid van hulle besit neem, sal die eie-ek sterf, dan salons nie sê: “ek wil daarheen gaan of ek sal nie hier bly nie,” maar daar sal gevra word, “Waar wil God hê dat ek moet wees. Waar kan ek Hom die beste verheerlik en waar kan ons gekombineerde pogings die meeste goed verrig?” Hulle wil moet verswelg word deur die wil van God. [1T 138]DBo 78.1

    Moenie dink dat jy jou pogings en waaksaamheid vir ‘n oomblik kan verslap nie; jy kan nie. Studeer Gods woord met ywer sodat jy nie onkundig is oor Satan se strikke nie en dat jy die weg na saligheid volmaakter leer ken. Jou wil moet versink in God se wil. Moenie jou eie behae najaag nie, maar die van ander rondom jou en deur dit te doen kan jy nie anders as gelukkig wees nie. [2T 313]DBo 78.2

    Self word teveel vermeng met al jou arbeid. Jou wil moet gevorm word deur God se wil of jy sal in allerhande versoekings val. Ek het gesien dat as jy saam met God werk en self uit sig hou sal jy van Hom sterkte ontvang wat harte sal bereik. [3T417]DBo 78.3

    Diegene wat nie deur hulle wederstrewige aard Sy wil teenstaan nie, sal nie in duisternis gelaat word nie, maar sal hernu word in kennis en ware heiligheid en sal selfs roem in die kruis van Christus. [2T 688]DBo 78.4

    Die ware Christen verkry ‘n ondervinding wat heiligheid bring. Hy is sonder ‘n greintjie skuldgevoel op sy gewete of ‘n smet van verdorwenheid in sy siel. Die geestelikheid van die wet van God, met sy beperkende beginsels, word in sy lewe gebring. Die lig van waarheid verlig sy verstand. Die heerlikheid van volmaakte liefde vir die Verlosser, verjaag die miasma wat tussen sy siel en God gekom het. Die wil van God word sy wil, rein, verhewe, verfyn geheilig. Sy aangesig openbaar die lig van die hemel. Sy liggaam is ‘n geskikte tempel vir die Heilige Gees. Heiligheid versier sy karakter. Die Here kan met hom gemeenskap hou, want liggaam en siel is in harmonie met God. [Letter 139,1898 (7 BC. 909)]DBo 78.5

    Wat is die eer wat aan Christus toegeskryf word? Sonder om dwang te gebruik, sonder geweld, verenig hy die wil van die menslike onderwerp met die wil van God. Dit is die wetenskap van alle wetenskappe, want daardeur word ‘n geweldige verandering in die verstand en karakter teweegebring, ‘n verandering wat verrig moet word in elkeen wat deur die poorte van die stad sal gaan. [ML 340]DBo 78.6

    Daar is nie so iets as Christus te volg tensy jy weier om self te bevredig en besluit om God te gehoorsaam. Dit is nie jou gevoel, jou emosies wat jou ‘n kind van God maak nie, maar die doen van Gods wil. ‘n Lewe van bruikbaarheid is voor jou as jou wil God se wil word. Dan kan jy staan in jou Godgegewe manlikheid, ‘n voorbeeld van goeie werke. [5T 515]DBo 78.7

    Die jeug moet geleer word dat tyd goud werk is, dat dit gevaarlik is vir julle om te dink dat hulle onbesonne kan voortgaan sonder om berou en ondergang te oes. Hulle moet geleer word om sober te dink en om die goeie in ander se karakter te waardeer. Hulle moet geleer word om hulle wil aan God se kant te plaas dat hulle die nuwe lied kan sing en saam kan smelt met die harmonie van die hemel. [6T 158/9]DBo 79.1

    Op ‘n ander geleentheid het ek gepraat oor ware heiligmaking wat niks minder is as om daagliks te sterf tot die eie-ek en om daagliks met die wil van God eenvormig te word.DBo 79.2

    Paulus se heiligmaking was ‘n voortdurende stryd met homself Hy sê; “Ek sterf daagliks.” sy wil en begeertes het elke dag gebots met plig en die wil van God. In plaas van sy eie neigings te volg, het hy die wil van God gedoen, hoe onaangenaam of sieldodend dit vir sy menslike natuur was. [4T 299]DBo 79.3

    Maar as ons nie nou ‘n behae het in die oorpeinsing van hemelse dinge nie; as ons nie nou ‘n belang het om ‘n kennis van God op te doen nie, geen vreugde vind om Christus se karakter te aanskou, as heiligheid vir ons geen aantrekkingskrag het nie, - dan kan ons seker wees dat ons hoop op die hemel tevergeefs is. Volmaakte eenvormigheid met die wil van God is die hoë doel wat gedurig voor die Christen moet wees. [5T 547]DBo 79.4

    God is gewillig om baie vir jou te doen, as jy net jou behoefte aan hom besef. Jesus het hou lief. Strewe om te wandel in die wysheid en God en deur die veranderinge van die lewe, moenie rus totdat jy weet dat jou wil in harmonie met die wil van jou Skepper is nie. Deur geloof in Hom kan jy krag ontvang om elke versoeking van die Satan te weerstaan, en so jou morele vermoë vergroot met elke toets van God. [4T 561/2]DBo 79.5

    Jy moet ‘n vasberade wil jou tot hulp roep in die stryd teen jou neigings en verrnoëns... Dissiplineer jouself om die eie-ek af te sterf, om iou wil te onderwerp aan die wil van Christus... Jy kan nie ‘n Christelike karakter vervolmaak deur God te dien wanneer jy so voel en dit na te laat wanneer jy nie so voel nie. [4T 215]DBo 79.6

    Dit is nodig vir jou om jou wil te onderwerp aan die wil van God en wanneer jy dit doen, sal God dadelik besit neem en in jou werk onder die beheer van die Heilige Gees gebring word en selfs jou gedagtes sal aan Hom onderwerp word. Jy kan nie jou impulse jou emosies beheer soos jy moet nie. maar jy kan jou wil beheer en ‘n totale verandering maak in jou lewe deur jou wil te onderwerp aan Christus, dan sal jou lewe saam met Christus in God verskuil wees, en met ‘n mag verbind wees wat bo alle magte is... maar jou wil moet met Gods wil saamwerk, nie met maats wat deur Satan gebruik word om jou te verstrik en vernietig nie. [5T 514]DBo 79.7

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents