Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Humelik met nie-gelowiges.

    Daar is in die Christen wêreld ‘n verbasend ontstellende onver-skilligheid teenoor die lering in Gods woord oor die huwelike van Christene met ongelowiges. Vele wat voorgee dat hulle God vrees en liefhet, volg hulle eie begeertes eerder as om die raad te volg van Alwysheid. In ‘n saak wat lewensbelangrik is vir die geluk en welsyn van beide partye in die wêreld en die hiernamaals word rede, oordeel en die vrees van God opsy gesit en blinde ingewing en koppige vasberadenheid word toegelaat om beheer oor teneem... [AH 61; 5T 365/6]DBo 86.7

    Dit is alles soos Satan dit begeer. Hy weef sy bekoring om die siel en dit word betower en smoorverlief. Die rede laat die leisels van selfbeheer val op die nek van wellus, ongeheiligde hartstog neem oor, totdat dit te laat is en die prooi wakker word tot ‘n lewe van ellende en slawery. Dit is nie ‘n prentjie deur die verbeelding geskets nie, maar ‘n relaas van feite. Die Here gee nie Sy seën aan huwelike wat Hy eksplisiteit verbied het nie. [AH 61; 5T.365]DBo 87.1

    Die wat die waarheid bely, vertrap die wil van God deur huwelike met ongelowiges, hulle verloor Sy guns en dit lei tot bitter berou. Die ongelowige mag ‘n uitstekende sedelike karakter hê, maar die feit dat hy of sy nie Gods roepstem beantwoord het nie en so ‘n groot verlossing verontagsaam het, genoegsame rede hoekom so ‘n huwelik nie voltrek moet word nie. Die karakter van die ongelowige mag dieselfde wees as die van die jong man aan wie Jesus gesê het: “Een ding kom jy kort”en dit is die een ding wat nodig is. [AH 63; 4 T 505]DBo 87.2

    Alhoewel die gelowige se gesonde verstand hom waarsku teen die gevaar van ‘n lewenslange verbintenis met ‘n ongelowige, tog triomfeer geneigdheid in nege gevalle uit tien. Geestelike agteruitgang begin die oomblik wat die belofte voor die altaar afgelê word geestelike ywer word gedemp en een vesting na die ander kantel totdat albei, sy aan sy, onder die swart banier van die Satan staan. Selfs in die feesviering by die huwelik seëvier die wêreldse gees oor gewete, geloof en waarheid. In die nuwe huis word die uur van gebed nie eerbiedig nie. Die bruid en bruidegom het mekaar gekies en Jesus ontslaan. [AH 65; 4 T 505]DBo 87.3

    Dit is ‘n gevaarlike saak om ‘n wêreldse verbintenis aan te gaan. Die Satan weet goed dat die uur van sulke huwelike die verloop van vele jong manne en vroue se godsdienstige ondervinding tot ‘n einde bring. Hulle is vir Christus verlore... Honderde het Christus en die hemel opgeoffer as gevolg van hulle huwelike met onbekeerde persone. [AH 66; 4 T 504/5/7]DBo 87.4

    Die gelowige maak dus ‘n opoffering vir Christus wat sy gewete kan goedkeur, en toon dat hy die ewige lewe te hoog ag om te waag dit te verloor. Hy voel dat dit beter sal wees om ongetroud te bly as om hom lewenslank te verbind met iemand wat die wêreld bo Jesus verkies en wat weglei van die kruis van Christus... Wees versigtig hoe jy voorwaardelike verlowings aangaan, maar breek liewer die verlowing voor die troue as om later te skei, soos so baie doen. [AH 68; 4T 506] DBo 87.5

    Laat ‘n vrou haarself aan Christus gee voordat sy haarself aan enige aardse vriend gee en dan geen verbintenis aangaan wat daar mee bots nie. Die wat ware geluk soek moet die seën van die hemel hê op alles wat hulle besit of doen. Dit is ongehoorsaamheid aan God wat so vele huise vul met ellende. My suster, tensy jy ‘n huis wil hê waar die skadus nooit verdwyn nie, moenie jouself verbind aan een wat ‘n vyand van God is nie. [AH 67; 5 T 362/3]DBo 88.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents