Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Oorsprong van sonde

    Die sonde het sy oorsprong in selfsugtigheid. [KE 3] Sonde het by die Satan begin. Hy het homself in die hemel al voorgeneem om vir homself te lewe... en selfsug het die wet geword van almal wat hulle onder sy leierskap skaar. [R&H Julie 16,1901]DBo 71.5

    “Selfsug het die plek van liefde ingeneem,” [SC 17] en is die wese van verdorwenheid” [CS 24], want onder die een hoof “selfsug” val elke ander sonde.” [4T 384]DBo 71.6

    Satan het tot ‘n groot mate geslaag in die uitvoer van sy planne. Deur die medium van invloed, deur gewin te maak uit die invloed van verstand oor verstand, het hy Adam oorreed om te sondig. So was die menslike natuur van die begin af bedorwe. En sedertdien het die sonde sy haatlike werk voortgesit. In elke sonde wat gepleeg word, ontwaak die weerklank van daardie oorsponklike sonde. [R&H April 16,1901 (2:281)]DBo 71.7

    Dieselfde gees wat die rebellie in die hemel laat ontstaan het, veroorsaak nog rebellie op aarde. Onder die mense volg Satan dieselfde beleid wat hy met die engele gevolg het. Sy gees heers vandag in die kinders van ongehoorsaamheid. Net soos hy, trag hulle om die beperkings van Gods wet af te skaf en hulle beloof vryheid aan die mense deur oortreding van die gebooie. [GS 569]DBo 72.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents