Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Christelike Huis

    Ouers het, oor die algemeen te veel vertroue in hulle kinders, want dikwels wanneer hulle hul kinders vertrou, handel hulle in versteekte boosheid. [R&H Sept. 2,1884(1:457)]DBo 110.5

    Daar behoort ‘n vaste beginsel by Christen ouers te wees om eensgesind te wees in die opvoeding van hulle kinders. In sommige gevalle is daar skuld in hierdie opsig nl. ‘n gebrek aan eenheid. Die skuld lê soms by die vader, maar meer dikwels by die moeder. Die vader se werk vereis dikwels dat hy van huis af, en die geselskap van sy kinders, moet wees. Die behepte moeder verwen en bederf hulle en haar invloed te hê. Somtyds laat sy verkeerde dinge toe wat nie vir een oomblik geduld moet word nie en steek dit dan vir die vader wees. As die vader dit uitvind, verskonings aangevoer en halwe waarhede vertel. [R&H Sept. 2,1884(1:457)]DBo 110.6

    Die heersende invioed in die gemeenskap is ten gunste daarvan om die jeug toe te laat om hulle eie kop te volg. As hulle roekeloos lewe, troos die ouers hulleself met die hoop dat wanneer hulle ouer is en vir hulself kan dink, hulle die verkeerde weë sal verlaat en nuttige manne en vroue word. Wat ‘n mistasting.DBo 111.1

    Die redding van kinders hang baie af van die koers deur die ouers ingeslaan. Kinders moet bedwing en hulle drifte beteuel word of God sal hulle vernietig in die dag van Sy toorn en die ouers wat hulle nie beheers het nie, sal nie blaamloos wees nie.DBo 111.2

    Selfs nadat hulle mondig is, word van kinders vereis dat hulle hul ouers moet respekteer. Hulle moet luister na die raad van vrome ouers en nie voel omdat hulle ‘n paar jare ouer is, hulle daardeur hulle plig ontgroei het nie. [R&H.Sept.2 1884 (1:457)]DBo 111.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents