Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    God in Sy Woord

    God het in Sy Woord aan mense die kennis toevertrou wat nodig is vir saligheid. Die Heilige Skrifte moet aangeneem word as ‘n gesaghebbende, onfeilbare openbaring van Sy wil. Hulle is die maatstaf van karakter, die openbaarder van leerstellings en die toets van die geestelike lewe. (2 Tim. 3:16,17) [G.C. vii]DBo 7.6

    Die lewens aangeteken in die Bybel is outentieke verhale van werklike mense. Van Adam af deur opeenvolgende geslagte tot in die tyd van die apostels, het ons ‘n duidelike, egte oorkondes van wat werklik gebeur het en die ware ervarings van vlees en bloed karakters. [R&H 22 Jan.1880 (1:216)DBo 7.7

    Die mens kan nie deur te soek God vind nie. Laat niemand so voorbarig wees, om die gordyn te probeer lig wat sy heerlikheid omsluier nie. [8T.285]DBo 7.8

    Al wat die mens kan of hoort te weet van God is geopenbaar in die lewe en karakter van Sy Seun. [8T. 286]DBo 7.9

    As ons altyd aan die Here dink, Hom van harte dank en loof, sal ons godsdienstige lewe altyd opleef. Ons gebede sal soos ‘n gesprek met God wees asof ons met ‘n vriend gesels. Hy sal Sy verborgenhede persoonlik aan ons bekend maak. Dikwels sal ons ‘n soete, vreugdevolle bewustheid van die teenwoordigheid van Jesus beleef. Dikwels sal ons harte brandend in ons wees wanneer Hy nader kom om soos met Henog ook met ons gemeenskap te hou. [Gelykenisse van Christus bl. 111 ]DBo 7.10

    Die Bybel is geskryf vir die gewone mens sowel as vir die geleerdes en kan deur almal begryp word. [R&H 27 Jan.1885 (1:501)]DBo 8.1

    Die Bybel is geskryf deur geïnspireerde manne, maar dit is nie God se wyse van dink en sê nie. Dit is dié van die mens. God, as skrywer, word nie hier verteenwoordig nie. Mense sal sê dat so ‘n uitdrukking is nie soos God nie. Maar God het nie Homself in woorde, logika of retoriek in die Skrif onder verhoor geplaas nie. Die skrywers van die Bybel was God se skrywers, nie Sy pen nie.DBo 8.2

    Dit is nie die woorde van die Bybel wat geïnspireer is nie, maar die manne wat geïnspireerd was. Inspirasie werk nie in op die man se woorde of uitdrukkings nie, maar op die man self, wat onder die invloed van die Heilige Gees gevul word met gedagtes. Maar die woorde ontvang die afdruk van individuele persoonlikheid. Die goddelike denke en wil smelt saam met die menslike denke en wil. Dus word die uitinge van die mens die Woord van God. [1 SM.21 (MSS.24,1886)]DBo 8.3

    Die Bybel is nie aan ons gegee in grootse verhewe taal nie. Jesus het, om die mens te bereik, mens geword. Die Bybel moet gegee word in die taal van mense. Alles menslik is onvolmaak. Verskillende betekenisse word weergegee in dieselfde woord. Daar is nie een woord vir elke afsonderlike idee nie. Die Bybel is gegee vir praktiese doeleindes. [1 SM 20]DBo 8.4

    Hy (God) rig die verstand in die keuse van wat om te sê en wat om te skryf. Die skat is toevertrou aan erdekruike, tog is dit die getuienis van God; en die gehoorsame, gelowige kind van God sien daarin die heerlikheid van ‘n goddelike krag, vol genade en waarheid. [GC. vii]DBo 8.5

    In verskillende eeue geskryf deur manne van uiteenlopende stand en nering en van intellektuele en geestelike begaafdhede, bied die boeke van die Bybel ‘n wye kontras in styl, sowel as in verskeidenheid in die aard van die onder-werpe ontvou. Verskillende vorms van uitdrukking is gebruik deur verskillende skrywers. Soms is dieselfde waarheid meer treffend voorgestel deur een as ‘n ander. En as verskillende skrywers ‘n onderwerp met sy vele fasette en verhoudings behandel, mag daar vir die oppervlakkige, agtelosige of bevooroordeelde leser skynbare tekortkomings of weersprekings voorkom, terwyl die denkende, eerbiedige student, net helderder insig, die onderliggende harmonie sal erken. [GC. vi]DBo 8.6

    Die Bybel wys daarop dat dit deur God ingegee is, maar nogtans is dit deur mense geskrywe en in die afwisselende styl van die verskillende boeke word die karaktereienskappe van die verskillende skrywers geopenbaar.DBo 9.1

    Hierdie waarhede is almal “deur God ingegee” (2 Tim. 3:16), maar nogtans is hulle in die woorde van mense uitgedruk. Die Oneindige het deur Sy Gees gestraal in die hart en verstand van Sy diensknegte. Hy het drome en gesigte, simbole en beelde gegee en diegene aan wie die waarheid so geopenbaar is, het self die gedagtes in mensetaal beliggaam. [GS v,vi]DBo 9.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents