Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Menslikheid

    As ons ‘n diep probleem soek om te studeer, laat ons ons aandag vestig op die wonderlikste ding wat nog ooit gebeur het in die hemel en op die aarde - die vleeswording van die Seun van God. God het Sy Seun gegee om ‘n skanddood te sterf vir sondige mense. Hy wat aanvoerder was in die hemelse howe, het Sy koninklike kleed en kroon opsy gesit, Sy Goddelikheid met menslikheid beklee en na hierdie aarde gekom om aan die hoof van die menslike geslag te staan as model-man. Hy het Hom verneder om te ly saam met die mensdom, om hulle krankhede Sy smart te maak. [MS. 76,1903]DBo 26.6

    Christus was waarlik mens en Hy het bewys gelewer van Sy nederigheid deur mens te word. En Hy was God in die vlees. [SDABC. 7;904 (MS. 67,1898)]DBo 27.1

    Hy het die sonde gedra van elke sondaar, want alle sonde was aan Hom toegereken, alhoewel “Hy geen sonde gedoen het nie, en geen bedrog in Sy mond gevind is nie.” Alhoewel die skuld van sonde nie Syne was nie, was Sy Gees verskeur en gewond deur die oortredinge van die mens. [R&H Dec. 20,1892. (2:623)]DBo 27.2

    Omdat Hy vry was van enige smet van sonde, was enige kontak met boosheid onuitspreekbaar pynlik vir die verfynde gevoelens van Sy heilige natuur. Tog het Hy, met die menslike natuur opgesaal, die aartsvyand van aangesig tot aangesig ontmoet en alleen die vyand van Sy troon teëgestaan.DBo 27.3

    Nie eers in Sy gedagtes kon Christus beweeg word om toe te gee aan versoeking nie. [R&H Nov. 8,1887.(2:167)]DBo 27.4

    Maar Jesus het Hom met die mensheid geklee nadat die ras al deur vierduisend jaar van sonde verswak was. Soos elke kind van Adam het Hy die gevolge van die uitwerking van die groot erflikheidswet aanvaar. Wat hierdie gevolge was, kon gesien word in die geskiedenis van Sy aardse voorouers. Met so'n erfenis het Hy gekom om ons ellendes en versoekings met ons te deel en om vir ons die voorbeeld van ‘n sondelose lewe te kom stel. [KE. 23]DBo 27.5

    Christus wat nie die geringste smet van sonde of onreinheid geken het nie, het ons natuur in Sy vervalle toestand, op Hom geneem. [1 SM. 253]DBo 27.6

    Maar toe Adam die versoeker die hoof moes bied, was hy nie aan die gevolge van die sonde onderhewig nie. Hy het in die krag van ‘n volmaakte man gestaan, liggaamlik en geestelik. Hy was deur die heerlikheid van Eden omring en was daagliks in verbinding met hemelse wesens. Dit was nie so met Jesus toe Hy die woestyn in is om die Satan die hoof te bied nie. Vierduisend jaar lank het die mens se liggaamskragte, geestesvermoë en sedelike waarde afgeneem en Christus het die swakhede van die ontaarde mensheid op Hom geneem. Alleen op die manier kon Hy die mens uit die dieptes van sy verwording red. [KE. 85-86]DBo 27.7

    Baie beweer dat Christus onmoontlik deur versoeking oorwin kon word. As dit so is, kon Hy nie in Adam se plek gestaan het nie en sou Hy nie kon oorwin het waar Adam geswig het nie. As ons in enige opsig ‘n groter stryd moet voer as wat Christus moes, sou Hy ons nie kon red nie. Maar ons Heiland het die menslike met al sy swakhede op Hom geneem. Hy het die menslike natuur aangeneem, met die moontlikheid om voor die versoeking te swig. Ons het niks om te verduur wat Hy nie verduur het nie. [KE. 86]DBo 28.1

    Die lewe van Jesus was ‘n lewe in harmonie met God. Toe Hy ‘n kind was, het Hy soos ‘n kind gedink en gepraat, maar geen sweem van sonde het die beeltenis van God in Hom geskend nie. Tog was Hy nie teen versoeking gevrywaar nie. Die inwoners van Nasaret was bekend vir hul goddeloosheid. Hoe min daar van hulle gedink is, blyk uit Natánael se vraag:“Kan daar uit Nasaret iets goeds wees?” Jesus is geplaas waar Sy karakter getoets kon word. Hy moes gedurig waak om Sy reinheid te bewaar. Hy moes dieselfde stryd stry as ons, sodat Hy as kind, jongeling en volwassene vir ons ‘n voorbeeld kon wees. [KE. 44]DBo 28.2

    Christus word die tweede Adam genoem. In reinheid en heiligheid, een met God en deur Hom geliefd, het Hy begin waar die eerste Adam beqin het. [QD 650]DBo 28.3

    Hy het die Satan oorwin in dieselfde natuur waaroor Satan in Eden die oorwinning behaal het. [QD 651]DBo 28.4

    Wees versigtig, uiters versigtig hoe jy uitwei oor die menslike natuur van Christus. Moet Hom nie aan mense voorhou as ‘n mens met neigings tot sonde nie...DBo 28.5

    Moet nooit, op enige wyse, die geringste indruk op mense denke laat dat enige smet of neigings tot sonde in Hom was nie of dat Hy enigsins toegegee het aan sonde nie. Hy was versoek soos wat die mens versoek word en tog word Hy genoem “die Heilige Wese.” Dit is ‘n verborgenheid wat onverklaar gelaat is hoedat Christus in alle opsigte soos ons versoek kon gewees het, sonder om sondig te wees. Die vleeswording van Christus was altyd en sal altyd ‘n verborgenheid bly. [SDABC 5:1128] (Let. 8,1895)]DBo 28.6

    Hy is die tweede Adam. Die eerste Adam is geskape as ‘n rein, sondelose wese, sonder ‘n smet van sonde aan hom. Hy was in die beeld van God. Hy kon val en hy het geval deur oortreding. As gevolg van sy sonde word sy nakomelinge gebore met inherente neigings tot ongehoorsaamheid. Maar Jesus was die eniggebore Seun van God. Hy het op Homself die menslike natuur geneem, en was in alle opsigte soos hulle versoek. Hy kon gesondig het, Hy kon geval het, maar daar was nie vir een oomblik ‘n sondige neiging nie. Hy was versoek in die woestyn soos wat Adam versoek was in die tuin van Eden. [SDABC. 5:1128 (Let. 8,1895)]DBo 28.7

    Wat ‘n gesig vir die hemel om te aanskou. Christus wat nie die geringste smet van sonde en onreinheid in Hom het nie, neem ons gevalle natuur aan. Dit was ‘n groter vernedering as wat die nietige mens kan begryp. God het Hom openbaar in die vlees...DBo 29.1

    Christus het na die aarde gekom en menslikheid aanvaar, en gestaan as die mensdom se verteenwoordiger, om te bewys dat in die groot stryd met Satan, die mens soos God hom geskape het, en terwyl hy in die Vader en Seun bly, aan elke goddelike vereiste kan voldoen. [1 SM. 253]DBo 29.2

    Christus het nie voorgegee dat Hy die menslike natuur op Hom geneem het nie, Hy het dit werklik gedoen. Hy het in heerklikheid die menslike natuur deelagtig geword. “Soos die kinders deel gehad het aan vlees en bloed, so het Hy ook deel daaraan gehad.” Hy was die seun van Maria. Hy was die saad van Dawid volgens menslike afkoms. [QD.653]DBo 29.3

    Toe Jesus die menslike natuur op Hom geneem het en gekom het in die gestalte van ‘n mens, het Hy die hele menslike organisme besit. [SDABC 5:1130]DBo 29.4

    Hy is ons broeder in krankhede, maar nie met soortgelyke drange nie. [2 T 202]DBo 29.5

    Christus, te midde van versoekings, staan in die plek van Adam, om die toets te deurstaan waarin hy onsuksesvol was.DBo 29.6

    Christus dra die sonde en swakheid van die menslike ras en ten behoewe van die mens, weerstaan Hy die versoekings van Satan.DBo 29.7

    Hy wat sonde geken het, het sonde vir ons geword. Hy word diep verneder sodat Hy die mensdom kan bereik en hom kan uithelp uit sy sondigheid waarin hy verval het. [SDABC 5:1081]DBo 29.8

    Christus het Hom verbind om ons plaasvervanger en borg te wees en Hy veronagsaam niemand nie. Sy gehoorsaamheid het vir ons ‘n onuitputlike voorraad van volmaakte gehoorsaamheid voorsien. Wanneer die sondaar se opregte, nederige gebede na die troon van God opstyg, meng Christus daarmee die verdienste van Sy eie lewe van volmaakte gehoorsaamheid. Christus het Hom verbind om vir ons in te tree en die Vader luister altyd na die Seun. [SD. 22]DBo 29.9

    Christus het nie Sy Goddelikheid verruil vir menslikheid nie, maar beklee Sy Goddelikheid met menslikheid. Christus was God se enigste geliefde Seun. Hy neem op Homself die menslike natuur en word versoek net soos ons. Hy kon sondig, Hy kon val, maar nie vir een oomblik was daar in Hom ‘n neiging tot sonde nie. (SDABC 5:1128]DBo 30.1

    Ons moet die egtheid van Christus se menslikheid besef, voordat ons die waarde van die verlossingsplan kan insien. Dit was nie ‘n skyn menslikheid nie. Christus neem die menslike natuur aan en leef daarvolgens. Christus se lewe verteenwoordig ‘n volmaakte menswees. Sy Goddelike eienskappe was daarvan weerhou om Sy geestelike angs en liggaamlike pyn te verlig. [SDABC 5:1124]DBo 30.2

    Deur voorskrif en voorbeeld het Christus ‘n waardevolle lewe gelei. Van Sy vroegste jare af het Hy ‘n lewe van swaarkry gehad. Die meeste tyd is deurgebring in die geduldige skrynwerkerswinkel. Hy neem die menslike natuur met al sy swakhede aan. Hy groei op in ‘n dienskneg se huis en was geklee met growwe kledingstukke en het gemeng met die laere klas. Sy voorbeeld wys ons dat dit die mens se plig is om konstruktief en werkende ‘n eerbare lewe te lei. [CT. 276]DBo 30.3

    Toe Christus die menslike natuur op Homself geneem het, het Hy die mensheid met Homself verbind met ‘n band van liefde wat nooit kon verbreek word, deur enige mag, behalwe uself nie. Met ons oë gevestig op Jesus is ons veilig. [SC 74]DBo 30.4

    Deur die menslike natuur op Homself te neem, het Hy een met die mensdom geword en terselfdertyd openbaar Hy die hemelse Vader aan die sondige wéreld. Hy wat van die begin af in die teenwoordigheid van die Vader was, was alleen bevoeg om die Goddelike karakter aan die mens te openbaar. In alle opsigte was Hy gelyk aan ons. Hy was honger en dors en moeg. Hy was versterk deur voedsel en verfris deur slaap. Hy het die blaam van die mens gedra tog was hy die onskuldige Seun van God. [MH. 442]DBo 30.5

    Baie beweer dat Christus onmoontlik deur versoeking oorwin kon word. As dit so is, kon Hy nie in Adam se plek gestaan het nie en sou Hy nie kon oorwin het waar Adam geswig het nie. As ons in enige opsig ‘n groter stryd moet voer as wat Christus moes, sou Hy ons nie kon red nie. Maar ons Heiland het die menslike met al sy swakheid op Hom geneem. Hy het die menslike natuur aangeneem, met die moontlikheid om voor die versoeking te swig. Ons het niks om te verduur wat Hy nie verduur het nie. [KE 86]DBo 30.6

    Die voorsienigheid van God het Jesus geplaas waar Hy was, en Hy was van Sy hemelse Vader afhanklik vir die middele om in die behoeftes te voorsien. [KE 328]DBo 31.1

    Maar die Seun van God was onderworpe aan die wil van die Vader en was van Sy mag afhanklik. So volkome was Christus van die self geledig dat Hy geen planne vir Homself beraam het nie. Hy het God se planne vir Hom aangeneem en dag vir dag het die Vader Sy planne ontvou. [KE 172]DBo 31.2

    Toe hulle Hom in Sy vernedering aanskou het waar Hy as ‘n mens tussen die mense gewandel het, het hulle nie die verborgenheid van Sy vleeswording, die dubbele aard van Sy natuur verstaan nie. Hulle oë is toegehou, sodat hulle nie die Godheid in die mensheid behoorlik kon raaksien nie. [KE 456]DBo 31.3

    As Verlosser van die wêreld het Christus gedurig voor ‘n skynbare neerlaag te staan gekom. Hy, die Genadeboodskapper na ons wêreld, kon skynbaar weinig van die werk tot stand bring wat Hy graag wou verrig om op te hef en te red. Duiwelse invloed het gedurig in Sy weg gestaan. Maar Hy het Hom nie laat ontmoedig nie. [KE 615]DBo 31.4

    Maar as Christus oorwin kon word, sou die aarde die koninkryk van die Satan word en sou die mensdom vir ewig in sy mag wees. Bewus van alles wat in hierdie stryd op die spel was, was Christus se siel bevrees dat Hy van God geskei sou word. Die Satan wou hom wysmaak dat as hy vir ‘n sondige wêreld sou borg staan, die skeiding onherroeplik sou wees. Hy sou met die koninkryk van Satan vereenselwig word en sou nooit weer een met God kon word nie. [KE 620]DBo 31.5

    Niemand was so verhewe soos Christus nie en tog het Hy Hom verwerdig om die nederigste takie te verrig. Hy het self die voorbeeld van nederigheid gestel sodat Sy volk nie mislei hoef te word deur die selfsug wat in die natuurlike hart woon en wat deur die soek van eie belang versterk word nie. Hy wou hierdie grootste onderwerp nie aan die mens oorlaat nie. Hy het dit so belangrik geag dat Hy self, wat gelyk aan God is, as kneg vir Sy dissipels opgetree het. [KE 589]DBo 31.6

    Toe haar geval menslik gesproke hopeloos voorgekom het, het Christus goeie hoedanighede in haar gesien. Hy het die goeie karakter trekke in haar raakgesien. Die verlossingsplan het die mensdom voor groot moontlikhede gestel en in Maria sou hierdie moontlikhede vervul word. Deur Sy genade het sy ’n deelgenoot aan die Goddelike natuur geword. Oie een wat geval het en wie se gees die woonplek van duiwels geword het, is baie na aan die Heiland in gemeenskap en diens gebring. [KE 609]DBo 31.7

    Hy voel uitermate teder teenoor hulle - met ‘n tederheid so ver verhewe bo wat ons vader en moeder in ons hulpeloosheid teenoor ons gevoel het as wat die Godheid bo die menslike verhewe is. [KE 258]DBo 32.1

    “Glo My dat Ek in die Vader is en die Vader in My of anders, glo My ter wille van die werke self.” Hulle kon hulle geloof veilig vestig op die getuienis wat Christus se werke gelewer het, werke wat geen mens ooit gedoen of ooit kon doen nie. Die werk van Christus het van Sy Godheid getuig. Deur Hom is die Vader geopenbaar. [KE 602]DBo 32.2

    As Sy verteenwoordigers onder die mense, kies Christus nie sondelose engele nie, maar mense met dieselfde hartstogte as die wat hulle wil red. Christus het self mens geword sodat Hy die mensheid kon bereik. Die Goddelike het die menslike nodig gehad, want dit het sowel die Goddelike as die menslike vereis om verlossing aan die wêreld te bring. Die Goddelike het die menslike nodig gehad, sodat die menslike ‘n verbindingskanaal tussen God en mens kan word. [KE 256]DBo 32.3

    Die Satan was onvermoeid in sy pogings om die kind van Nasaret te oorwin. Van Sy vroegste jare af is Jesus deur engele beskerm, maar Sy lewe was een lang stryd teen die magte van die duisternis. Dat daar een lewe op aarde sou wees wat onbesmet is deur die bose, was vir die vors van die duisternis ‘n aanstoot en ‘n verleentheid. Hy het geen steen onaangeroer gelaat om Jesus te verstrik nie. Geen mensekind sal ooit geroep word om soos ons Heiland te midde van so ‘n felle stryd teen versoeking ‘n heilige lewe te lei nie. [KE 44]DBo 32.4

    Hy is stap vir stap deur die wil van die Vader gelei. Hy het nie geaarsel om op die bestemde tyd op te tree nie. Met dieselfde onderwerping het Hy gewag totdat die tyd aangebreek het. [KE114]DBo 32.5

    In daardie verskriklike donkerte, oënskynlik deur God verlaat, het Christus die beeld van menslike leed tot die droesem geledig. In daardie verskriklike ure het Hy op die getuienis vertrou wat Hy tot dusver gehad het, dat die Vader Hom aanvaar. Hy was bekend met die karakter van Sy Vader. Hy het Sy geregtigheid, Sy genade en Sy groot liefde geken. In die geloof het Hy in Hom berus vir wie dit altyd Sy lus was om te gehoorsaam. En toe Hy Hom onderworpe aan God toevertrou, verdwyn die gevoel dat Sy Vader Hom verlaat het. Deur die geloof was Christus die oorwinnaar. [KE 685]DBo 32.6

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents