Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Groot Teleurstelling

    Die skriftuur wat meer as enige ander die fondament en hoofpilaar van die Adventgeloof was, is die verklaring: “Twee duisend drie honderd aande en móres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.” (Dan.8:14) Hierdie woorde was welbekend aan almal wat geglo het in die Here se spoedige wederkoms. Die lippe van duisende het hierdie profesie herhaal as die wagwoord van hulle geloof. Almal het gevoel dat hulle heerlikste verwagtings en gekoesterde hoop op die gebeurtenisse wat daarin voorspel is, berus het. Dit is aan my getoon dat hierdie profetiese dae in die herfs van 1844 sou eindig. Saam met die res van die Christen wêreld het Adventiste gelgo dat die aarde of ‘n deel daarvan, die heiligdom was. Hulle het verstaan dat die reiniging van die heiligdom die loutering van die aarde deur vuur op die laaste groot dag sou wees en dat dit sou plaasvind tydens die wederkoms - vandaar die gevolgtrekking dat Christus in die jaar 1844 sou terugkom.DBo 159.2

    Maar die vasgestelde tyd het verbygegaan en die Here het nie gekom nie. Die gelowiges het geweet dat Gods Woord nooit kon faal nie; dit moes hulle verklaring van die profesie wees wat verkeerd is, maar waar was die fout? Vele wou die probleem oplos deur te ontken dat die 2,300 dae in 1844 geêindig het. Hulle kon geen rede hiervoor gee nie behalwe die feit dat Christus nie op die tyd toe Hy verwag is, gekom het nie. Hulle het aangevoer dat dat as die profetiese tydperk in 1844 geëindig het, Christus toe sou gekom het om die heiligdom te reinig deur die loutering van die aarde deur vuur en aangesien Hy nie gekom het nie, kon daardie tydperk nie beëindig wees nie.DBo 160.1

    Om hierdie gevolgtrekking te aanvaar, sou ‘n verwerping van die vorige berekening van die profetiese tydperk beteken het. Dit is bevind dat die 2,300 dae begin het toe die bevel van Artasasta vir die herbouing van Jerusalem in die herfs van die jaar 457 v.C. in werking getree het. Dit as aanvangspunt nemende, was daar volkome eenstemmigheid in die toepassing van al die gebeurtenisse wat voorspel is in die verklaring van daardie tydperk in Dan. 9:25-27. Nege-en-sestig weke, die eerste 483 jaar van die 2,300 jaar, sou reik tot die Messias, die Gesalfde en Christus se doop en salwing met die Heilige Gees in die jaar 27 n.C. het presies ingepas. In die helfte van die sewentigste week sou die Messias gedood word. Drie en ‘n half jaar na Sy doop is Christus gekruisig, naamlik in die lente van die jaar 31 n.C. Die sewentig weke of 490 jaar, was bestem spesiaal vir die Jode. 8y die verstryking van hierdie tydperk het daardie volk hulle verwerping van Christus verseël deur die vervolging van Sy dissipels en die apostels het hulle in die jaar 34 n.C. tot die heidene gewend. Met die eerste 490 jaar van die 2,300 verstreke, het daar nog 1,810 jaar gereik tot 1844. “Dan,” heí die engel gesê: “sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.” Al die voorafgaande spesifikasies van die profesie is presies vervul op die bepaalde tyd.DBo 160.2

    Volgens hierdie berekening was alles duidelik behalwe dat daar nie gesien is dat ‘n gebeurtenis wat ooreenstem met die reiniging van die heiligdom, in die jaar 1844 plaasgevind het nie. Om te ontken dat die dae toe geëindig het, was om die hele saak in verwarring te bring en stellings te versaak wat onteenseglik bewys is deur reeds vervulde profesieë.DBo 160.3

    Maar God het Sy volk in die groot Adventbeweging gelei. Sy krag en heerlikheid was met die werk en Hy sou nie toelaat dat dit in duisternis en teleurstelling eindig en bestempel word as ‘n valse en fanatieke opwinding nie. Hy sou Sy Woord nie in twyfel en in onsekerheid laat nie. Hoewel vele die berekening wat hulle eers van die profetiese tydperke gemaak, opgegee het en die beweging wat daarop gebaseer was, ontken het, was ander onwillig om die punte van hulle geloof wat deur die Skrifte en deur die getuienis van die Gees van God bevestig is, prys te gee. Hulle het geglo dat die beginsels van Skrifverklaring wat hulle in hulle ondersoek van die profesieë gevolg het, gesond was en dat dit hulle plig was om die waarhede wat hulle ontdek het, vas te hou en voort te gaan met die ondersoek van die Bybel op die weg wat hulle ingeslaan het. Hulle het biddend hulle stelling ondersoek en die Skrifte weer nagegaan in ‘n poging om hulle fout te ontdek. Daar hulle geen fout in hulle berekening van die profetiese tydperke kon vind nie, is hulle daartoe gelei om die onderwerp van die heiligdom deegliker te ondersoek.DBo 160.4

    In hulle ondersoek het hulle ontdek dat daar geen skriftuurlike bewys is vir die algemene beskouing dat die aarde die heiligdom is nie, maar in die Bybel het hulle ‘n volle uiteensetting in verband met die heiligdom - sy aard, plek en dienste-ontdek; die getuienis van die gewyde skrywers was so volledig en duidelik dat daar geen twyfel meer omtrent die saak bestaan het nie. In sy brief aan die Hebreërs sê die apostel Paulus: “So het dan die eerste verbond sowel verordeninge vir die erediens asook sy aardse heiligdom gehad. Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word en agter die tweede voorhangsel die wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was en die staf van Aaron wat gebloei het en die tafels van die verbond en daarbo-op die gerubs van die heerlikheid wat die versoendeksel oorskadu het.” Heb. 9:1 -5DBo 161.1

    Die heiligdom waarna Paulus hier verwys het, was die tabernakel wat deur Moses op bevel van God as die aardse woonplek van die Allerhoogste opgerig is.” Ook moet hulle vir My ‘n heiligdom maak, dat ek onder hulle kan woon.” Exod. 25:8. Dit was die bevel wat aan Moses gegee is toe hy saam met God op die berg was. Die Israeliete was op reis deur die woestyn en die tabernakel is so gemaak dat dit van plek tot plek vervoer kon word; ten spyte hiervan was dit egter ‘n pragtige stuk handewerk. Die mure het bestaan uit regop planke, oorgetrek met ‘n dik laag goud, wat in silwergroewe gerus het. Die dak het uit ‘n aantal gordyne of oortreksels bestaan; die buitenste laag was van velle en die binneste van fyn linne, pragtig uitgewerk met figure van gerubs. Behalwe die voorhof waar die brandofferaltaar gestaan het, het die tabernakel self uit twee afdelings bestaan, naamlik die Heilige plek en die Allerheiligste plek wat van mekaar geskei is deur ‘n pragtige gordyn of voorhangsel; ‘n dergelike voorhangsel het voor die ingang tot die eerste afdeling gehang.DBo 161.2

    Aan die suidekant van die Heilige plek was die kandelaar met sewe lampe wat die heiligdom dag en nag verlig het. Aan die noordekant was die tafel met die toonbrode en voor die voorhangsel wat die Heilige plek van die Allerheiligste plek geskei het, was die goue brandofferaltaar vanwaar ‘n wolk van wierook-die gebede van Israel-daeliks tot God opgestyg het.DBo 162.1

    In die Allerheiligste plek was die verbondsark, ‘n pragtige kis waarvan die hout met goud oorgetrek was. Hierin is die twee kliptafels waarop God die wet van Tien Gebooie geskryf het, gebêre. Bokant die ark, vormende as’t ware ‘n beskerming vir die heilige kis, was die versoendeksel, ook ‘n pragtige stuk handewerk, aan elke kant waarvan twee gerubs van soliede goud gestaan het. In hierdie afdeling is die goddelike teenwoordigheid geopenbaar in ‘n wolk van heerlikheid tussen die twee gerubs.DBo 162.2

    Nadat die Hebreërs in Kanaan gevestig was, is die tabernakel deur die tempel van Salomo vervang wat, hoewel dit ‘n permanente gebou en op groter skaal was, proporsioneel en wat meubels aanbetref, dieselfde was. In hierdie vorm het die heiligdom voortbestaan behalwe gedurende die tyd van Daniël toe dit in puin was todat dit in die jaar 70 n.C. deur die Romeine verwoes is.DBo 162.3

    Dit is die enigste heiligdom waarvan ons in die Bybel lees, wat ooit op die aarde bestaan het. Paulus het verklaar dat dit die heiligdom van die eerste verbond was; maar het die nuwe verbond dan ook nie ‘n heiligdom nie?DBo 162.4

    By verdere ondersoek van Hebreërs is daar ontdek dat ‘n tweede of ‘n heiligdom van die nuwe verbond te kenne gegee word met die woorde van Paulus wat reeds aangehaal is:“So dan het die eerste verbond sowel verordeninge vir die erediens asook sy aardse heiligdom gehad.” Die woordjie “asook” gee te verstaan dat Paulus al voorheen van hierdie heiligdom gepraat het. Hulle het teruggeblaai na die begin van die agste hoofstuk en daar het hulle gelees: “Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dit: Ons het so ‘n Hoërpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele, ‘n bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie'n mens nie.” Heb. 8:1,2.DBo 162.5

    Hier is die heiligdom van die nuwe verbond geopenbaar. Die heiligdom van die eerste verbond is deur die mens opgerig deur Moses gebou; hierdie een is deur die Here opgerig en nie deur ‘n mens nie. In die eersgenoemde heiligdom het aardse priesters diens gedoen; in laasgenoemde doen Christus, ons Hoëpriester, diens aan die regterhand van God. Die een heiligdom was op aarde en die ander een in die hemel.DBo 162.6

    En wat meer is, die tabernakel wat deur Moses opgerig is, is volgens ‘n sekere patroon gemaak. Die Here het hom beveel: “Volgens alles wat Ek jou laat sien - die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort so moet julle dit maak.” Weer is die bevel herhaal, “En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is.” Exod. 25:9,40.DBo 163.1

    En van die eerste tabernakel sê Paulus: “Dit was ‘n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word, dat die heilige plekke daarvan afbeeldinge was van die dinge in die hemele,” dat die priesters wat gawes geoffer het volgens die wet “‘n afbeeldsel en skaduwee van hemelse dinge” bedien het en Christus het nie ingegaan in'n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn.” (Heb.9:9,23; 8: 5; 9:24) [GS 469-72]DBo 163.2

    Die Satan en sy engele was druk besig in ‘n poging om die aandag van so baie as hulle maar kon, af te trek van die lig. Die groep wat dit verwerp het, is in duisternis gelaat. Ek het gesien dat die engel van God met die grootste belangstelling waak oor Sy belydende volk om die karakter op te teken wat hulle gevorm het onder die verkondiging van die hemelse boodskap aan hulle. En waar baie van diegene wat voorgegee het dat hulle Jesus liefhet, die hemelse boodskap spottend en met haat verwerp het, het ‘n engel op ‘n perkamentrol hulle skandelike daad opgeteken. Die ganse hemel was met verontwaardiging vervul dat Jesus so geaffronteer is deur Sy sogenaamde volgelinge.DBo 163.3

    Ek het die teleurstelling gesien van diegene wat die Here verwag het toe Hy nie op die verwagte tyd gekom het nie. Dit was Gods doel om die toekoms te verberg en Sy volk tot ‘n besluit te bring. Sonder die prediking van ‘n bepaalde tyd vir die koms van Christus, sou die werk wat God beoog het nie gedoen gewees het nie. Die Satan het menigtes gelei om die groot gebeurtenisse in verband met die oordeel en die einde van die proeftyd ver in die toekoms te stel. Dit was dus nodig om die mense aan die verstand te bring dat hulle elke oomblik gereed moet wees.” [EG 210]DBo 163.4

    Die onderwerp van die heiligdom was die sleutel wat die geheim van die teleurstelling van 1844 ontsluit het. Dit het ‘n hele stelsel van waarheid geopenbaar, samehangend en eenstemmig, wat gewys het dat Gods hand die groot Adventbeweging gelei het en dit het teenwoordige pligte geopenbaar namate dit die posisie en werk van Sy volk aan die lig gebring het. Net soos die dissipels van Jesus na hulle vreeslike nag van angs en teleurstelling bly was toe hulle hulle Here weer gesien het, het diegene wat in geloof uitgesien het na sy tweede koms, hulle ook nou verbly. Hulle het verwag dat Hy in heerlikheid sou kom om Sy diensknegte te beloon.Toe hulle hoop teleurgestel is, het hulle Jesus uit die oog verloor en, soos Maria, by die graf, het hulle uitgeroep:“Hulle het die Here... weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.” Maar nou het hulle Hom in die Allerheiligste plek weer gesien as hulle medelydende Hoëpriester wat eerlank as hulle Koning sal verskyn om hulle te verlos. Lig uit die heiligdom het die verlede asook die hede en die toekoms verlig. Hulle het geweet dat God hulle deur Sy onfeilbare voorsienigheid gelei het. Hoewel hulle, soos die eerste dissipels, die boodskap wat hulle verkondig, nie verstaan het nie, was dit nogtans in alle opsigte juis. In die verkondiging van die boodskap het hulle Gods doel vervul en hulle werk in die Here was nie tevergeefs nie. Met die wedergeboorte tot ‘n lewende hoop, het hulle hulle verheug met ‘n onuitspreeklike vreugde. [GS 485-486]DBo 163.5

    Versigtig en plegtig het diegene wat die boodskap aangeneem het, die tyd afgewag waarop hulle verwag het om hulle Here te ontmoet. Elke móre het hulle gevoel dat dit hulle eerste plig was om bewys van hulle aanname deur God te kry. Hulle harte is saamgesnoer en hulle het saam en vir mekaar gebid. Dikwels het hulle saamgekom op afgesonderde plekke om gemeenskap met God te hou en van die lande en plantasies het gebede hemelwaarts gestyg. Die versekering dat die Heiland hulle aangeneem het, was vir hulle belangriker as hulle daelikse voedsel en waar ‘n wolk hulle verstand benewel het, het hulle nie gerus totdat dit weg was nie. Namate hulle Sy vergewende genade ondervind het, het hulle verlang om Hom wat hulle siele liefhet, te sien.DBo 164.1

    Maar weer was hulle tot teleurstelling gedoem. Die tyd waarop hulle die Here verwag het, het verbygegaan en hulle Heiland het nie gekom nie. Met onwrikbare vertroue het hulle uitgesien na Sy koms en nou het hulle gevoel soos Maria wat, toe sy by die Heiland se graf kom en dit leeg vind, wenende uitgeroep het: “Hulle het my Here weggeneem en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.” Joh. 20:13.DBo 164.2

    ’n Gevoel van vrees - ‘n vrees dat die boodskap miskien waar kan wees - het vir ‘n tyd gedien om die ongelowige wêreld in bedwang te hou. Na die tyd verstreke was, het hierdie gevoel nie sommer verdwyn nie; aan die begin durf hulle nie juig oor die teleurgesteldes nie maar toe daar geen tekens van Gods wraak gesien is nie, het hulle vrees verdwyn en hulle het weer met hulle verwyte en spottery begin. ‘n Groot menigte wat voorgegee het om te glo in die spoedige wederkoms van die Here, het hulle geloof versaak.DBo 164.3

    Sommige van die wat so vol vertroue was se hoogmoed was nou so gekwes dat hulle gevoel het dat hulle van die wêreld kon weghardloop. Soos Jona het hulle teen God gemurmureer en gewens dat hulle dood was. Diegene wat hulle geloof op die opinies van andere en nie op die Woord van God gegrond het nie, was nou maar te gereed om van sienswyse te verander. Die spotters het die swakkes en lafhartiges tot hulle geledere gewin en hulle het almal saamgestaan in die verklaring dat daar nou geen vrees of verwagtings meer kon wees nie. Die tyd het aangebreek, die Here het nie gekom nie en die wêreld mag nog vir duisende jare staan.DBo 165.1

    Die ernstige, opregte gelowiges het alles vir Christus opgegee en het Sy teenwoordigheid soos nooit tevore ondervind nie. Hulle het, soos hulle geglo het, hulle laaste waarskuwing aan die wêreld gegee en verwagtende om eerlank in die teenwoordigheid van hulle goddelike Meester en die heilige engele ontvang te word, het hulle in ‘n groot mate hulle onttrek aan die geselskap van diegene wat die boodskap nie aangeneem het nie. Met vurige verlange het hulle gebid:“Kom Here Jesus, kom gou.” Maar Hy het nie gekom nie. Om nou weer die swaar laste en sorge van die lewe op te neem en die verwyte, smaad en bespotting van die wêreld te verduur, was ‘n vreeslike beproewing van hulle geloofen geduld.DBo 165.2

    Maar hierdie teleurstelling was nie so groot as die van die dissipels tydens Christus se eerste koms nie. Toe Jesus triomfantlik Jerusalem binnegery het, het Sy navolgers gemeen dat Hy op die punt gestaan het om die troon van Dawid te bestyg en om Israel van sy verdrukkers te verlos. Met groot hoop en blye verwagting het hulle met mekaar gewedywer om eer te betoon aan hulle Koning. Vele het hulle klere as tapyt in Sy pad gegooi of hulle het palmtakke voor Hom neergegooi. In hulle uitbundige vreugde het hulle almal saam geskreeu: “Hosanna vir die Seun van Dawid!” Toe die Fariseërs, versteurd en vertoornd deur hierdie uitbarsting van vreugde, versoek het dat Jesus Sy dissipels moes bestraf, het Hy geantwoord: “As hulle swyg, sal die klippe uitroep.” (Luk.19:40). Die profesie moet vervul word. Die dissipels was besig om die doel van God uit te werk, maar nogtans was hulle gedoem tot bittere teleurstelling. Slegs ‘n paar dae sou verloop en dan sou hulle getuies wees van die Heiland se bittere dood en Hom moes begrawe. Hulle verwagtings is nie in een enkele opsig verwesenlik nie en hulle hoop het saam met Jesus gesterf. Nie alvorens hulle Here as oorwinnaar uit die graf te voorskyn gekom het, kon hulle alles wat in die profesieë voorspel is verstaan nie, “Dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan.” (Hand.l 7:3)DBo 165.3

    Vyfhonderd jaar tevore het die Here deur die profeet Sagaria verklaar: “Verheug jou grootlik, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou, regverdig en ‘n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ‘n esel, die vul van ‘n eselin.” Sag. 9:9. As die dissipels besef het dat Christus op pad was na Sy verhoor en dood, sou hulle hierdie profesie nie kon vervul nie. [GS 461-463]DBo 166.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents