Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Kort Tyd Van Benoudheid

    Hierdie gesig is in die jaar 1847 gegee toe daar maar baie min van die Adventbroeders was wat die Sabbat gehou het en onder hulle was daar min wat gemeen het dat die onderhouding daarvan belangrik genoeë was om die skeidslyn te trek tussen die kinders van God en ongelowiges. Nou begin ons die vervulling van daardie gesin sien. “Die begin van die tyd van benoudheid” waarvan hier melding gemaak word, het nie betrekking op die tyd wanneer die plae uitgestort sal word nie, maar verwys na ‘n kort periode net voor hulle uitgestort word, terwyl Christus nog in die heiligdom is. In daardie tyd, onderwyl die verlossingswerk afgesluit word, sal daar moeilikhede op die aarde kom en die volke sal toornig wees, maar hulle sal in bedwang gehou word sodat die werk van die derde engel nie belet word nie. In daardie tyd sal die “laat reëns” of die tyd van verkwikking van die aangesig van die Here, kom om krag te gee aan die luide stem van die derde engel en om die heiliges te berei om te kan staan in die periode wanneer die sewe laaste plae uitgestort sal word. [EG 75/6]DBo 195.1

    So ook sal die boodskap van die derde engel verkondig word. Wanneer die tyd aanbreek om dit met die grootste krag te verkondig, sal die Here deur eenvoudige werktuie werk en diegene wat hulle harte aan Hom toegewy het, sal Hy in sy diens lei. Die werkers sal vir hulle werk berei word deur die salwing van Sy Gees, liewer as deur opleiding in inrigtings. Manne van geloof en gebed sal gedring word om met heilige ywer uit te gaan en die woorde te verkondig wat God aan hulle gee. Die sondes van Babilon sal openbaar word. Die vreeslike gevolge wat daar sal wees wanneer die gebruike van die kerk deur die burgerlike gesag verpligtend gemaak word, die inbreuk van Spiritisme, die ongemerkte, maar vinnige vooruitgang van die pouslike mag alles sal aan die kaak gestel word. Deur hierdie ernstige waarskuwings sal die mense wakker geskud word. Duisende en duisende wat nog nooit woorde soos hierdie gehoor het nie, sal luister. Met verbasing sal hulle aanhoor dat Babilon die kerk is wat geval het weens haar dwalings en sonde, omdat sy die waarheid wat aan haar uit die hemel gestuur is, verwerp het. Wanneer die mense na hulle vorige leraars gaan en gretig vra: “Is hierdie dinge so?,“sal die predikante fabels verkondig en strelende dinge profeteer om hulle vrees weg te neem en hulle opgewekte gewetes stil te maak. Maar omdat baie nie tevrede sal wees met blote menslike gesag nie en sal aandring op ‘n duidelike “So sê die Here,” sal die predikante, net soos die Fariseërs vanouds en woedend omdat hulle gesag in twyfel getrek is, die boodskap uitskel as die boodskap van Satan en hulle sal die massas wat die sonde liefhet, aanhits om diegene wat die boodskap verkondig, te belaster en te vcrvolg. [GS 687,8]DBo 195.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents