Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Bruilof Van Die Lam

    Elke saak is beslis of vir die lewe of vir die dood.Terwyl Jesus in die heiligdom gedien het, is die regverdige dode geoordeel en daarna die lewende heiliges. Christus het Sy koninkryk ontvang nadat Hy versoening gedoen het vir Sy volk en hulle sondes uitgedelg het. Die onderdane van Sy koninkryk was voltallig. Die huwelik van die Lam is voltrek. En die koninkryk en die grootheid daarvan onder die ganse hemel, is gegee aan Jesus en die erfgename van die saligheid en Jesus sal regeer as Koning van die konings en Here van die here. [EG 239]DBo 203.4

    In die gelykenis van Matthéüs 22 word dieselfde beeld van ‘n bruilof gebruik en daar word die ondersoekende oordeel voorgestel as ‘n werk wat plaasvind voor die bruilof. Net voor die bruilof kom die koning die gaste ondersoek (Matt. 22:11), om te sien of almal die bruilofskleed aan het, naamlik die vlekkelose kleed van karakter, gewas en wit gemaak in die bloed van die Lam (Openb. 7:14). Die een wat sonder die bruilofskleed aangetref is, is uitge werp, maar almal wat die bruilofskleed aangehad het, is deur God aangeneem en waardig geag om ‘n deel in Sy koninkryk te hê en om op Sy troon te sit. Hierdie werk van die ondersoek van die karakter of die vasstelling wie almal gereed is vir die koninkryk van God, stel die ondersoekende oordeel voor, die sluitingswerk in die heiligdom daarbo. [GS 491 ]DBo 204.1

    Jesus het Sy engele gestuur om die aandag van die teleurgesteldes te vestig op die allerheiligste plek waarheen Hy gegaan het om die heiligdom te reinig en spesiale versoening te doen vir Israel. Jesus het aan die engele gesê dat almal wat Hom sou vind ook die werk sou verstaan wat Hy sou doen. Ek het gesien dat Jesus, terwyl Hy in die allerheiligste plek was, in die huwelik sou tree met die Nuwe Jerusalem en dat Hy, na Sy werk in die koninklike krag, die dierbares wat so geduldig gewag het op Sy koms tot Hom sou neem. [EG 214]DBo 204.2

    In die somer en herfs van 1844 is die aankondiging gedoen. “Daar kom die bruidegom.” Die klasse wat voorgestel is deur die verstandige en onverstandige meisies het toe ontstaan - die een klas het met vreugde uitgesien na die Here se koms en hulle het ywerig klaargemaak om Hom te ontmoet; die ander klas, uit vrees en handelende op die aandrif van die oomblik, is tevrede gestel met ‘n teorie van die waarheid, maar dit het hulle aan die genade van God ontbreek. Ons lees:“En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof.” Die koms van die bruidegom hier onder bespreking, vind plaas voor die bruilof. Die bruilof stel Christus se ontvangs van Sy koninkryk voor. Die heilige stad, die Nuwe Jerusalem, wat die hoofstad van die koninkryk is, word genoem die bruid, die vrou van die Lam. Die engel het aan Johannes gesê: “Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam. En hy het my weggevoer in die gees,” sê Johannes, “en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal” (Openb. 21:9,10). Dit is dus duidelik dat die bruid die heilige stad voorstel en die jong meisies wat uitgaan om die bruidegom te ontmoet, is ‘n beeld van die kerk.DBo 204.3

    In Openbaring word die volk van God voorgestel as gaste by die bruilofsmaal (Openb. 19:9). As hulle gaste is, kan hulle nie ook voorgestel word as die bruid nie. Christus, soos deur die profeet Daniël verklaar, sal van die Oue van Dae in die hemel “heerskappy en eer en koningskap ontvang.” Hy sal die Nuwe Jerusalem, die hoofstad van Sy koninkryk ontvang “toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.” (Dan. 7:14; Openb. 21:2). Nadat Hy die koninkryk ontvang het, sal Hy na die aarde terugkom in heerlikheid as Koning van die konings en Here van die here, om Sy volk te verlos wat “saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele” by die bruilofsmaal van die Lam. (Matt. 8:11). [GS 488/9]DBo 205.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents