Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Betekenis van die Kruis

    Die onderwerp is onuitpudbaar. Die studie van die menswording van Christus, Sy versoenende dood en middelaarswerk sal die denke inspan van die ywerigste student solank tyd bestaan en met die oog op die hemel en sy ontelbare jare sal hy uitroep, “Groot is die verborgenheid van geregtigheid!” [GW 251]DBo 42.2

    Soos Hy aan die kruis gehang het was Christus die evangelie... Dit moet ons boodskap wees, ons argument, ons leer, ons waarskuwing aan die onberouvolle, ons aanmoediging vir die wat treur, die hoop vir elke gelowige. [SDABC 6:1113]DBo 42.3

    Die offerande van Christus as versoening vir ons sonde is die groot waarheid waarom alle ander waarhede skaar. Om reg waardeer en verstaan te word, moet elke waarheid, van Genesis tot Openbaring studeer word in die lig wat skyn van die kruis van Golgota... Dit moet die basis wees van elke preek deur ons predikers gegee. [GW 315]DBo 42.4

    Christus is behandel soos ons verdien het, sodat ons behandel kan word soos Hy verdien het. Hy is veroordeel vir ons sondes waaraan Hy geen deel gehad het nie, sodat ons geregverdig kan word deur Sy geregtigheid waarin ons geen deel gehad het nie. Hy het ons dood gesterf, sodat ons Sy lewe kan ontvang, “Deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” [KE 6]DBo 42.5

    Hy het die straf gedra van die skuldige... Die bose gedagtes, die kwaadwillige woorde en die bose dade van elke seun en dogter van Adam, het wraak op Homself neergedaal, want Hy het die mens se plaasvervanger geword ... Ons Goddelike Plaasvervanger het Sy siel ontbloot vir die swaard van geregtigheid. [1 SM 322]DBo 43.1

    Geregtigheid en genade het teenoor mekaar gestaan deur ‘n groot afgrond geskei. Die Here, ons Verlosser, het Sy goddelikheid met menslikheid beklee en het om die mens se onthalwe ‘n karakter gesmee wat sonder smet of letsel was. Hy het Sy kruis tussen hemel en aarde geplant en dit die voorwerp van aantrekking gemaak wat na albei kante uitreik om beide geregtigheid en erbarming oor die kloof te trek. Geregtigheid het van Sy verhewe troon beweeg en met al die leërskare van die hemel die kruis genader. Daar het dit Een gesien, gelyk aan God, wat die straf dra vir alle ongeregtigheid en sonde. Met volkome tevredenheid het Geregtigheid in eerbied by die kruis neergebuig en gesé:“Dit is genoegl.” [QD 673]DBo 43.2

    Ons behoort breër en dieper insigte te verkry van die lewe, lyding en dood van God se geliefde Seun. As ons die versoening in sy regte perspektief sien, sal die verlossing van siele ook as van oneindige waarde aangevoel word. [2T.215]DBo 43.3

    Hy (God) weet dat die kruis ‘n sentrale plek moet inneem want dit is die middel tot die mens se versoening en vanweë die invloed wat dit uitoefen op elke deel van die goddelike regering. [6T.235/6]DBo 43.4

    Die standaard van waarheid moet verhef word en die versoening van Christus as die groot sentrale tema van oordenking. [8T.77]DBo 43.5

    Die eniggebore Seun van God het die mens se natuur op Homself geneem en Sy kruis gevestig tussen hemel en aarde. Deur die kruis is die mens tot God gebring en God tot die mens. Geregtigheid het van sy hoë en ontsagwekkende troon beweeg, en die hemelse leërskare, die leërs van heiligheid, het die kruis genader en in eerbied neergebuig, want geregtigheid was bevredig. [1SM 349]DBo 43.6

    Die versoening van die mens met God kon slegs bewerkstellig word deur ‘n Middelaar wat gelyk aan God is, en verhewe eienskappe besit wat Hom waardig maak om met die Oneindige God te onderhandel vir die mens en ook God verteenwoordig in ‘n gevalle wêreld. Die mens se Plaasvervanger en Borg moet die mens se natuur hê, ‘n verbintenis met die menslike gesin wat Hy moes verteenwoordig, en as God se ambassadeur moes Hy die Goddelike natuur deelagtig wees en ‘n verbintenis hê met die Oneindige, sodat Hy God kon openbaar aan die wêreld en ‘n Middelaar wees tussen God en die mens. [QD.692]DBo 43.7

    Die Seun van God was die enigste offerande van genoegsame waarde om die eise van God se volmaakte wet te bevredig. Die engele was sondeloos maar van minder waarde as die wet van God. Hulle was aanpasbaar tot die wet. Hulle was boodskappers om die wil van God te doen en voor Hom neer te buig. Hulle was geskape wesens en op proef. Daar was geen vereiste op Christus gelê om die werk van versoening te onderneem nie. Dit was ‘n gewillige opoffering wat Hy gemaak het. Sy lewe was van genoeg waarde om die men suit sy gevalle toestand te red. [QD677]DBo 44.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents