Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 7 - Die Leerstuk Oor Eindgebeure

    God het die mens altyd gewaarswku teen komende oordele. Wie in Sy boodskap vir hul tyd geglo en hul geloof in dade oorgesit het ter gehoorsaamheid aan Sy gebooie, het aan die oordele ontkom wat die ongehoorsames en ongelowiges getref het. Die Woord het tot Noag gekom: “Gaan iy in die ark, jy en jou hele huisgesin, want jou het Ek regverdig bevind voor My aangesig in hierdie geslag.” Noag het gehoorsaam en is gered.” ... Die woord het tot Lot gekom:“Maak julle klaar, gaan uit hierdie plek uit, want die Here gaan die stad verwoes” [Gen.7:1; 19:14]. Lot het hom aan die beskerming van die hemelse boodskappers onderwerp en is gered. So is Christus se dissipels gewaarsku teen die verwoesting van Jerusalem. Diegene wat gewag het op die teken van die komende verwoesting en uit die stad gevlug het, het die verwoesting vry gespring. So word ons nou gewaarsku teen Christus se wederkoms en die verwoesting wat die wêreld sal tref. Wie ag op die waarskuwing slaan, sal gered word. [KE 574]DBo 149.1

    Ons moet die groot profetiese bakens studeer wat die tye waarin ons lewe aandui. [4 MR 163]DBo 149.2

    Daar is behoefte aan ‘n deegliker studie van die Woord van God. Daniël en die Openbaring moet veral aandag ontvang soos nog nooit tevore nie. Die lig wat Daniël van God ontvang het, is spesiaal vir die laaste dae gegee. [TM 112,3]DBo 149.3

    Die onvervulde voorspellings van die boek Openbaring sal spoedig vervul word. Die profesie moet nou in alle erns studeer word deur die volk van God en duidelik verstaan word. [1NL 96]DBo 149.4

    Die ernstige boodskappe wat in hul volgorde gegee is in die boek Openbaring moet die eerste plek inneem in die denke van die volk van God. [Ev. 194/5]DBo 149.5

    Die profesieë word vinnig vervul. Baie meer hoort gesê te word oor hierdie geweldig belangrike onderwerpe. Die dag is op hande wat die lotsbestemming van siele vir ewig sal vaslê.DBo 149.6

    Daar hoort groter ywer te wees om die onderwerpe voor die mense te hou. Die ernstige feite hoort nie net voor die mense van die wêreld gehou te word nie, maar ook voor ons kerke, dat die dag van die Here skielik sal kom, onverwags. Die vreesaanjaende waarskuwing van die profesie is gerig aan elke siel. Laat niemand voel dat hy veilig is teen die gevaar om onverhoeds betrap te word nie. Laat niemand se vertolking van die profesie jou beroof van die oortuiging van die kennis van gebeure wat sal toon dat die groot gebeurtenis naby is nie, ja, voor die deur. [FE 335/6]DBo 149.7

    Ons kan nie nou met akkuraatheid die tonele beskryf wat hulle sal afspeel in ons wêreld in die toekoms nie, maar dit weet ons, dat dit nou die tyd is om te waak en bid, want die groot dag is op hande. [2 SM 35]DBo 150.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents