Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Luide Groep

    Ek het engele heen en weer sien haas in die hemel. Hulle het op die aarde neergedaal en weer opgevaar na die hemel, in voorbereiding vir ‘n belangrike gebeurtenis. Toe het ek ‘n ander magtige engel gesien, met opdrag om na die aarde te vlieg om sy stem te voeg by die van die derde engel om krag aan sy boodskap te gee. Groot krag en heerlikheid is aan hierdie engel gegee, lig wat hierdie engele gebring het, het orals binnegedring en hy het met ‘n groot stem geroep: “Geval, geval het die groot Babilon, dit het geword die woonplek van duiwels en die plek van allerhande onreine en haatlike voëls.” Die boodskap van die val van Babilon, soos verkondig deur die tweede engel, word herhaal, met die melding van die korrupsie wat die kerke binnegedring het sedert 1844. Die werk van hierdie engel kom op die regte tyd om aan te sluit by die laaste groot werk van die derde engel se boodskap waar dit uitbrei tot ‘n luide geroep. Die volk van God word so voorberei om te staan in die uur van versoeking waarin hulle eerlank sal kom. Ek het gesien dat ‘n groot lig hulle bestraal en hulle het saamgestaan om die derde engel se boodskap sonder vrees te verkondig.DBo 182.2

    Engele is gestuur om die magtige engel uit die hemel by te staan en ek het stemme wat orals binnegedring het soos dit gelyk het, hoor sê:“Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. Want haar sondes reik tot aan die hemel en God het haar ongeregtighede onthou.” Dit het geskyn of hierdie boodskap bykomstig tot die derde engel se boodskap was en daarby aangesluit het, net soos die middernagtelike geroep aangesluit het by die tweede engel se boodskap in 1844. Die heerlikheid van God het die geduldige, wagtende heiliges bestraal waar hulle sonder vrees die laaste plegtige waarskuwing gegee het, die val van Babilon aangekondig het en Gods kinders geroep het om uit haar uit te gaan, sodat hulle haar vreeslike ondergang kon vryspring. [EG 237]DBo 182.3

    Hierdie gesig is in die jaar 1847 gegee toe daar maar baie min van die Adventbroeders was wat die Sabbat gehou het en onder hulle was daar maar min wat gemeen het dat die onderhouding daarvan belangrik genoeg was om die skeidslyn te trek tussen die kinders van God en ongelowiges. Nou begin ons die vervulling van daardie gesig sien. “Die begin van die tyd van benoudheid” waarvan hier melding gemaak word, het nie betrekking op die tyd wanneer die plae uitgestort sal word nie, maar verwys na ‘n kort periode net voor hulle uitgestort word, terwyl Christus nog in die heiligdom is. In daardie tyd, onderwyl die verlossingswerk agfesluit word, sal daar moeilikhede op die aarde kom en die volke sal toornig wees, maar hulle sal in bedwang gehou word sodat die werk van die derde engel nie belet word nie. In daardie tyd sal die laat reëns of die tyd van verkwikking van die aangesig van die Here kom om krag te gee aan die luide stem van die derde engel en om die heiliges te berei om te kan staan in die periode wanneer die sewe laaste plae uitgestort sal word. [EG 75-76]DBo 183.1

    Die engel wat help met die verkondiging van die derde engel se boodskap, sal die hele wêreld verlig met sy heerlikheid. Hier word daar ‘n wêreldwye werk met ongekende krag voorspel. Die Adventboodskap van 1840-1844 was ‘n heerlike openbaring van die krag van God; die eerste engel se boodskap het na elke sending-stasie in die wêreld gegaan en in sommige lande is daar die grootste godsdienstige belangstelling opgewek wat nog ooit gesien is sedert die Hervorming van die sestiende eeu; maar dit sal oortref word deur die magtige beweging in verband met die finale waarskuwing van die derde engel. [GS 692]DBo 183.2

    Die boodskap sal verkondig word, nie soseer deur argumente nie, as deur ‘n diepe oortuiging van die Gees van God. Die argumente is reeds aangevoer. Die saad is gesaai en nou sal dit opkom en vrugte afwerp. Die leesstof wat versprei is deur sendingwerkers, het sy invloed laat geld, maar baie wat onder die indruk daarvan gekom het, is belet om die waarheid ten volle te verstaan en te gehoorsaam. Nou sal die ligstrale orals deurdring en die waarheid sal in sy helderheid gesien word en die opregte kinders van God sal die bande verbreek wat hulle vashou. Familiebetrekkinge en kerklike bande is nou magteloos om hulle vas te hou. Die waarheid is vir hulle dierbaarder as alle ander dinge en ten spyte van die magte wat teen die waarheid verenig is, sal ‘n groot getal hulle aan die kant van die Here skaar. [GS 693]DBo 183.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents