Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Derde Engele Boodskap

    Toe Jesus se bediening in die heilige plek klaar was en hy die allerheiligste plek binnegegaan en voor die ark gestaan het waarin die wet van God was, het Hy ‘n ander magtige engel gestuur met die derde boodskap aan die wêreld. ‘n Perkamentrol is in die engel se hand gegee en terwyl hy op die aarde neergedaal het in krag en majesteit, het hy ‘n vreeslike waarskuwing gegee wat die skrikwekkendste dreigement bevat het wat die mensdom nog ooit gehoor het. Die doel van die boodskap was om die kinders van God op hulle hoede te stel deur hulle te wys op die uur van versoeking en angs waarin hulle sou kom. Die engel het gesê: “Hulle sal in stryd kom met die dier en sy beeld. Hulle enigste hoop op die ewige lewe is om standvastig te bly. Al sou hulle lewens in gevaar kom, moet hulle vasklem aan die waarheid.” Die derde engel het sy boodskap as volg afgesluit:“Hier kom die geduld van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.” Onderwyl hy hierdie woorde gesê het, het hy na die hemelse heiligdom gewys. Die aandag van almal wat hierdie boodskap aanneem, word gevestig op die allerheiligste plek waar Jesus voor die ark staan om finaal in te tree vir atmal vir wie daar nog genade is en vir diegene wat die wet van God onwetend gebreek het. Hierdie versoening word gedoen vir die regverdige dode sowel as vir die regverdige lewendes. Dit sluit in almal wat gesterf het in geloof in Christus, maar wat, omdat hulle nie die lig gehad het op Gods gebooie nie, onwetend gesondig het deur hulle te oortree. [EG 217]DBo 166.2

    Toe het ek die derde engel gesien. Die engel by my het gesê: “Vreeslik is sy werk. Hy is die engel wat die koring moet versamel tussen die onkruid en dit moet verseël of in gerwe bind vir die hemelse skuur. Hierdie dinge behoort die hele hart beet te pak en al die aandag te geniet.”DBo 166.3

    Die derde engel se boodskap, wat die boodskap van die eerste en tweede engel omvat, is die boodskap vir hierdie tyd. Ons moet die banier ophef waaróytttttttttttttttttttt op geskrywe is: Die gebooie van God en die geloof van Jesus. Die wêreld moet spoedig voor die groot Wetgewer verskyn oor sy verbreekte wet. Dit is nie nou die tyd om die groot strydvraag te ignoreer nie. Die Here doen ‘n oproep op Sy volk om die wet groot en heerlik te maak. [8T 197:2]DBo 167.1

    Wanneer die derde engel se boodskap afgesluit word, sal daar nie meer genade wees vir die skuldige aardbewoners nie. Die volk van God het hulle werk gedoen. Hulle het die “laat reëns, tye van verkwikking van die aangesig van die Here,” ontvang en hulle is berei vir die beproewingsuur voor hulle. Engele haas heen en weer in die Hemel. ‘n Engel wat terugkeer van die aarde kondig aan dat sy werk klaar is; die eindtoets is aan die wêreld gegee en almal wat hulle getrou betoon het aan die goddelike gebooie, het die” seël van die lewende God” ontvang. Nou staak Jesus Sy voorbidding in die heiligdom daarbo. Hy hef Sy hande op en met'n luide stem sê Hy: “Dit is volbring.” Die leërskare van engele haal hulle krone af terwyl Hy die volgende plegtige aankondiging doen: “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen en wie vuil is, laat hom nog vuiler word en laat die regverdige nog reverdiger word en laat die heilige nog heiliger word.” Openb. 22:11. Elke saak is beslis vir die lewe of die dood. Christus het versoening gedoen vir Sy volk en hulle sondes uitgedelg. Die getál van Sy onderdane is vol.” Die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel” sal eerlank gegee word aan diegene wat die saligheid beërf het en Jesus sal regeer as Koning van die konings en Here van die here. [GS 695-696]DBo 167.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents