Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    In Die Wêreld Maar Nie Van Die Wêreld Nie.

    Die volk van God moet nie die modes van die wêreld naboots nie. Sommige het dit gedoen en is vinnig besig om die besondere heilige karakter te verloor wat hulle moet kenmerk as Gods volk. Hulle negeer hulle belydenis. Hulle dink hulle is nie soos die wêreld nie, maar hulle is so na aan hulle in kleredrag, in handel en wandel, dat daar geen onderskeid tussen hulle is nie... Sommige het die neiging om so na aan die wêreld in kleredrag en lewensstyl te wees as moontlik en tog hemel toe te gaan... Sommiges trek soos die wêreld aan om invloed te hê. [R&H. Sept.9,1884 (1:459)]DBo 104.6

    Die ooste is nie verder van die weste af as wat die kinders van die lig in gewoontes, handel en wandel is van die kinders van die duisternis nie. Hierdie onderskeid sal skerper in kontras word soos ons die einde van tyd nader kom. [R&HJan. 8,1884(1:389)]DBo 104.7

    Is die standaard van die Christelike godsdiens verrlaag om aan te pas by die huidige afvallige toestand van die belydende volk van God? Nee, die standaard bly net waar God dit geplaas het. Heilige manne van ouds moes alles prysgee vir Christus, hulle moes Sy Gees deel en Sy voorbeeld navolg. Hy sal niks minder nou aanvaar nie. [R&H Nov. 7, 1882(1 337)]DBo 105.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents