Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Tweede Engel Se Boodskap

    Hierdie skriftuur verwys na ‘n tyd wanneer die aankondiging dat Babilon geval het, soos ,gemaak deur die tweede engel van Openbaring 14, herhaal sal word met die bykomstige verklaring van die verdorwenheid van die verskillende organisasies waaruit Babilon bestaan - dit wil sé, na die tyd dat die boodskap die eerste maal verkondig is in die somer van 1844. Die ontsettende toestand van die godsdienstige wêreld word hier beskryf. Met elke verwerping van die waarheid word die verstand van die mense al meer verduister, hulle harte word harder, totdat hulle verskans is in ‘n ongelowige, hardnekkigheid. In veragting van die waarskuwings wat God gegee het, sal hulle voortgaan om een van die gebooie te vertrap, totdat hulle daartoe gebring is om diegene wat daardie gebod heilig, te vervolg. Christus word verag in die veragting van Sy Woord en Sy volk. Namate die kerke die leerstellings van Spiritisme aanneem, word die vleeslike hart nie langer beteuel nie en die belydenis van godsdiens word ‘n dekmantel om die afskuwelikste sondes te bedek. ‘n Geloof in spiritistiese verskynsels maak die deur oop vir verleidende geeste en lerings van duiwels en dus sal die invloed van bose engele in die kerke gevoel word.DBo 158.1

    Die tweede engel van Openbaring 14 se boodskap is die eerste maal in die somer van 1844 verkondig en toe was dit meer direk van toepassing op die kerke van die Verenigde State waar die waarskuwing aangaande die oordeel wyd en syd verkondig is en ook deur die meeste verwerp is en waar die afval in die kerke die grootste was. Maar die boodskap van die tweede engel is nie in 1844 ten volle vervul nie. Toe het die kerke ‘n sedelike val ondergaan as gevolg van hulle verwerping van die lig van die Adventboodskap, maar die val was nie volkome nie. Namate hulle die spesiale waarhede vir hierdie tyd verwerp het, het hulle steeds laer en laer gesink, maar toe kon dit nog nie gesê word dat Babilon geval het “omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery” nie. Sy het toe nog nie al die nasies van haar wyn laat drink nie. Die gees van wêreldgesindheid en die onverskilligheid teenoor die toetswaarhede van ons tyd, bestaan reeds en neem steeds toe in die Protestantse kerke in alle Christen lande en hierdie kerke is ingesluit in die vreeslike veroordeling van die tweede engel. Maar die afval het nog nie ‘n klimaks bereik nie.DBo 158.2

    Die Bybel verklaar dat Satan voor die koms van die Here “met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan” sal werk, “omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie” en dat hulle “die krag van die dwaling” sal aanneem “om die leuen te glo.” (2 Thess. 2:911). Nie alvorens hierdie toestand bereik is en die vereniging van die kerk met die wêreld in die hele Christendom verwesenlik is, sal die val van Babilon volkome wees nie. Die verandering vind trapsgewyse plaas en die volkome vervulling van Openbaring 14:8 is nog in die toekoms. [GS 446]DBo 159.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents