Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Doods dekreet

    Daar die Sabbat die spesiale twispunt geword het deur die ganse Christendom en die godsdienstige en burgerlike owerhede verenig het om die viering van Sondag verpligtend te maak, sal die hardnekkige weiering van ‘n klein minderheid om gehoor te gee aan die algemene vereiste, hulle die spesiale voorwerpe van algemene verfoeiing maak. Daar sal aangevoer word dat die paar wat in stryd is met ‘n instelling van die kerk en ‘n wet van die Staat, nie gedoog moet word nie en dat dit vir hulle beter sou wees om te ly as dat al die volke tot verwarring en wetteloosheid sou oorgaan. Dieselfde argument is byna tweeduisend jaar gelede teen Christus aangevoer deur die owerstes van die volk. “Dit is voordelig vir ons,” het die listige Kajafas gesê, “dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie omkom nie.” Hierdie argument sal afdoende blyk en daar sal eindelik teen diegene wat die Sabbat van die vierde gebod heilig, ‘n dekreet uitgevaardig word waarin uitgemaak word dat hulle die swaarste straf verdien en waarkragtens dit die mense na ‘n sekere tyd sal vrystaan om hulle dood te maak. Romanisme in die Ou Wêreld en afvallige Protestantisme in die Nuwe, sal dieselfde weg inslaan teenoor diegene wat die goddelike gebooie eerbiedig. [GS 698/9]DBo 194.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents