Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Verbond van Verlossing.

    Die verlossing van die mens was nog altyd die onderwerp van die raadsvergaderings van die hemel. Die verbond van genade was gemaak voor die grondlegging van die aarde. Dit bestaan van alle ewigheid af en word genoem die ewige verbond. Net so seker as wat dit is dat daar nooit ‘n tyd was wat God nie bestaan het nie, net so seker is dit dat daar geen oomblik was wat dit nie die behae was van die Ewige wil om Sy genade aan die mens te toonnie. [SDABC 7:934]DBo 41.1

    God en Christus het van die begin af geweet van die afval van Satan en die val van die mens deur die bedrog van die bose. Die plan van verlossing is ontwerp om die verlore mensdom te verlos en hulle ‘n tweede toets te gee. Christus Is aangestel as Middelaar vanaf die Skepping van God, van ewigheid af bevestig as ons Plaasvervanger en Borg. Voor die wêreld geskape is, is dit so gereël dat die Godheid van Christus in Sy mensheid gesluier sou word. [1 SM 250]DBo 41.2

    Uit die profesieë het Christus Sy dissipels ‘n juiste idee gegee van wat Hy as mens moes wees. Hul verwagting van ‘n Messias wat Sy troon en koninklike gesag moes opneem volgens die wil van die mense, was misleidend. Dit sou hulle belet om Sy afdaling van die hoogste tot die laagste kerf wat bereik kon word, te verstaan. Christus wou dat Sy dissipels se idees in elke opsig rein en waar moes wees. Hulle moes sover moontlik die beker van lyding wat aan Hom opgedra is, verstaan. Hy het hulle getoon dat die verskriklike botsing wat hulle nog nie kon verstaan nie, die vervulling van die verbond was wat voor die grondlegging van die wêreld al gemaak is. Christus moes sterf, net soos elke oortreder van die wet moet sterf as hy in sonde voortleef. Alles moes gebeur, maar dit sou nie in ‘n neerlaag eindig nie, maar in ‘n heerlike, ewige oorwinning. [KE 723]DBo 41.3

    In die raadsaal van die hemel, voor die wêreld geskape is, het die Vader en die Seun ooreengekom dat as die mens ontrou sou wees aan God, Christus een met die Vader, die plek van die oortreder sou inneem en die straf van sonde wat op Hom sou val, sou dra. [SDABC 6:1070]DBo 41.4

    Die verlossingsplan was geen nagedagte - ‘n plan wat na die val van Adam geformuleer is nie. Dit was die openbaring van “die verborgenheid wat eeue lank verswyg is” (Rom. 16:25). Dit was die ontplooiing van die beginsels wat deur die eeue heen die grondslag van die troon van God was. Van die begin af het God en Christus geweet van die afvalligheid van die Satan en van die val van die mens deur die afvallige se bedrieënde mag. God het dit nie beskik dat daar sonde sou wees nie, maar Hy het die ontstaan daarvan vooruitgesien en het voorsiening vir die vreeslike gebeurtenis gemaak. So groot was Sy liefde vir die wêreld dat Hy Hom verbind het om “Sy eniggebore Seun te gee, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Joh. 3:16). [KE3]DBo 41.5

    Toe Christus die woorde gespreek het, “Dit is volbring,” het Hy Sy Vader aangespreek. Christus het nie alleen die groot offer gebring nie. Dit was die vervulling van die verbond tussen Vader en Seun gemaak voor die grondlegging van die aarde. Met hande inmekaargeslaan het hulle die plegtige verbond aangegaan dat Christus die Plaasvervanger en Borg van die mensheid sou word as hulle voor die drogredes van Satan sou swig. Die ooreenkoms is nou ten volle nagekom. Die klimaks is bereik. Christus het die wete gehad dat Hy die belofte wat Hy gemaak het tot in die fynste besonderheid vervul het. [SDABC 5:1149]DBo 42.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents