Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Bewyse van Sy Godheid

    Elke wonderwerk wat Christus verrig het, was ‘n teken van Sy Godheid... Wat die Jode beweeg het om die Heiland Se werk te verwerp, was die hoogste bewys van Sy Goddelike natuur. Die grootste betekenis van sy wonderwerke is die feit dat hulle ten behoewe van die mensheid was. Die hoogste bewys dat Hy God was, is dat Sy lewe die karakter van God geopenbaar het. Hy het die werk van God gedoen en Sy woorde gespreek. So'n lewe is die grootste van alle wonderwerke... Dit is God se getuienis aan die wêreld vir die Goddelike sending van Sy Seun. [KE. 364]DBo 24.4

    As Jesus die belasting sonder protes betaal het, sou Hy feitlik hul bewering erken het en sodoende Sy Godheid verloën het. Maar hoewel Hy dit goed geag het om die geld te stort, het Hy die eis waarop dit berus het ontken. Selfs in Sy voorsiening vir die betaling van die geld het Hy Sy Goddelike aard bewys. Hy het getoon dat Hy een met God is en daarom nie belasbaar as ‘n gewone onderdaan van die koninkryk is nie. [KE 390]DBo 24.5

    Deur die geheim in die verraaier se hart te lees, het Christus aan Judas die laaste, oortuigende bewys van Sy Goddelikheid gegee. [KE.595]DBo 25.1

    Jesus het die rabbi’s ‘n bewys van Sy Godheid gegee deur te toon dat Hy hulle harte lees. [KE.410]DBo 25.2

    So het die dag verbygegaan terwyl die dissipels van Johannes alles waarneem. Eindelik het Jesus hulle na Hom geroep en aan hulle gesê om aan Johannes alles te gaan vertel wat hulle gesien het. Toe voeg Hy by: “Salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.” Die bewyse van Sy Goddelikheid was sigbaar in Sy aanpassing by die behoeftes van die lydende mensdom. Sy heerlikheid is geopenbaar in Sy neerbuigende liefde teenoor ons. [KE. 182]DBo 25.3

    In vrees en selfveroordeling het Pilatus na die Heiland gekyk. In daardie hele see van gesigte het net Syne vrede weerspieël. Dit was asof ‘n sagte lig om Sy hoof skyn. Pilatus het weer in sy hart gesê: “Hy is ‘n God.” [KE. 668]DBo 25.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents