Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 5 - Die Leerstuk oor die Kerk.

    ’n Openbaring aan die Wêreld

    Dit is God se doel om deur Sy volk die beginsels van Sy koninkryk te openbaar. Sodat hulle in lewe en karakter die beginsels openbaar, begeer Hy om hulle af te sonder van die gewoontes, sedes en praktyke van die wêreld. Hy poog om hulle nader aan Homself te bring sodat Hy Sy wil aan hulle kan openbaar.DBo 91.1

    Die doel wat God vandag deur Sy volk wil bereik is dieselfde as wat Hy deur Israel wou bereik toe Hy hul uit Egipteland uitgelei het. [6T 9]DBo 91.2

    Die kerk van Christus is die skatkis waarin die hemel se rykdom gebêre word, om met ander te deel in die voorsienigheid van God soos die uitbreiding van Sy werk en die opbou van Sy saak dit vereis...DBo 91.3

    Die kerk van Christus is die enigste voorwerp op aarde op wie Hy Sy hoogste agting bestee, tog het dit swak en ondoeltreffend geraak as gevolg van selfsugtigheid. [R&H Dec. 11,1888(2:263)]DBo 91.4

    Die kerk op aarde bestaan uit dwalende manne en vroue wat deur middel van geduldige noulettende inspanning bearbei moet word sodat hulle opgelei en geoefen kan word om in hierdie lewe aanneemlik te kan werk en in die toekomstige lewe met heerlikheid en onsterflikheid bekroon kan word. [HA 414]DBo 91.5

    Die uitverkorenes van God is vir Hom dierbaar. Dit is hulle wat Hy uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig, om Sy lof te verkondig, om as ligte in ‘n donkere wêreld te skyn. [GJ144]DBo 91.6

    Die apostels het op ‘n vaste fondament gebou, naamlik die Rots van die Eeue. Na daardie fondament het hulle die stene gebring wat hulle uit die wêreld gegrawe het. [HA 596]DBo 91.7

    Hoe swak het die kerk nie gelyk toe Christus hierdie woorde gebesig het nie. Daar was net ‘n handjievol gelowiges, teen wie al die mag van duiwels en bose manne geslinger sou word, tog moes die volgelinge van Christus nie vrees nie. Gebou op die Rots van hul sterkte, kon hulle nie oorweldig word nie. [KE 371 ]DBo 91.8

    Die gemeente het voortdurend groter geword, en hierdie aanwas van lidmate het ‘n al groter las op die leiers gelê. Geen enkele persoon of selfs groep persone kon aanhou om hierdie laste alleen te dra sonder om die toekomstige voorspoed van die kerk in gevaar te stel nie. Dit het nodig geword om die verantwoordelikheid wat in die vroeë dae van die kerk so getrou deur ‘n paar manne uitgevoer is, verder te verdeel. Die apostels moes nou ‘n belangrike stap doen om die van die evangeliewerk te vervolmaak deur sommige van die laste wat hulle self gedra het, nou op ander te lê. [HA 72]DBo 91.9

    Christus net voorsiening gemaak dat Sy kerk ‘n hervormde liggaam sou wees, verlig deur die lig van die hemel en in besit van die heerlikheid van Immanuel. Dit is Sy doel dat elke Christen omring sal wees van ‘n geestelike atmosfeer van lig en vrede. Daar is geen perke aan die bruikbaarheid van diegene wat deur self te loon, plek maak vir die werking van die Heilige Gees op die hart nie en ons lewe lei wat volkome toegewy is aan God. [8T19]DBo 92.1

    Christus het opgevaar na die hemel en Sy Heilige Gees gestuur om krag te verleen aan die werk van Sy dissipels. Duisende is in een dag bekeer. Die evagelie is in een geslag aan elke nasie onder die hemele geneem. [8T 26]DBo 92.2

    Die organisasie van die gemeente te Jerusalem moes as voorbeeld dien vir die organisasie van gemeentes in elke ander plek waar die boodskappers van die waarheid bekeerlinge tot die evangelie sou maak. [HA 74]DBo 92.3

    Die gemeente is Gods vesting, Sy vrystad, wat Hy in ‘n opstandige wêreld behou. Elke verraad van die gemeente is troubreuk teenoor Hom wat die mensdom met die bloed van Sy eniggebore Seun gekoop het. Van die begin af was getroue siele die gemeente op aarde. In elke eeu het die Here Sy wagters gehad wat getrou voor hulle geslag hulle getuienis gelewer het. [HA12]DBo 92.4

    Daar is orde in die hemel en dit behaag die Here dat Sy kinders pogings aanwend om ordelik en stelselmatig te werk. Aan my is getoon dat daar orde in die kerk van God moet wees en beplanning om die laaste groot boodskap suksesvol uit te dra. [2 SG 231]DBo 92.5

    Die verhouding tussen Christus en Sy kerk word in die Bybel voorgestel deur ‘n egverbintenis. Die Here het Sy volk met Hom verbind deur ‘n plegtige verbond. Hy beloof om hulle God te wees en hulle verbind hulle om Syne en Syne alleen te wees. [GS 437]DBo 92.6

    Die beginsels vervat in hierdie beroemde protes... vorm die kern van Protestantisme. Hierdie protes het twee menslike gebruike wat die geloof betref, weerstaan die eerste is die indringing van die burgerlike magistraat en die tweede is die arbitrêre gesag van die kerk. In die plek van hierdie misbruike het Protestantisme die gewete hoër as die magistraat gestel en die gesag van Gods Woord hoër as die sigbare kerk. [GS 236]DBo 92.7

    Die name van die sewe gemeentes is simbolies van die kerk in die verskeie tydperke van die Christelike jaartelling. Die syfer 7 dui op volledigheid en is simbolies van die feit dat die bood-skappe tot aan die einde van die tyd strek en die simbole wat gebruik word, openbaar die toestand van die kerk gedurende die verskillende tydperke in die geskiedenis van die wêreld. [HA 460]DBo 93.1

    Nieteenstaande die geestelike duisternis en die vervreemding van God wat daar in die kerk is wat Babilon uitmaak, is die grootste gedeelte van die ware navolgers van Christus nog in daardie kerke. Daar is baie wat nog nooit die spesiale waarhede vir hierdie tyd gehoor het nie. Daar is baie wat ontevrede is met hulle geestelike lewe en wat verlang na meer lig. Hulle soek tevergeefs na die beeld van Christus in die kerke waarvan hulle lede is. [GS 446]DBo 93.2

    Ek het gesien dat God Sy opregte kinders het onder die naam Adventiste en die gevalle kerke en voor die uitstorting van die plae sal predikante en lede uit hierdie kerke geroep word en hulle sal die waarheid aanneem. Die Satan weet dit en voor die luide roepstem van die derde engel gehoor word, sal hy opwinding laat ontstaan in hierdie kerke, sodat diegene wat die waarheid verwerp het, mag dink dat God met hulle is. Hy hoop om die opregtes te verlei en hulle te laat dink dat God nog vir die kerke werk. Maar die lig sal skyn en almal wat opreg is, sal die gevalle kerke verlaat en gaan aansluit by die oorblyfsel. [EW 223]DBo 93.3

    Sommige mense dink dat wanneer hulle in die kerk inkom sal al hul verwagtinge vervul word, en hulle slegs met die reines en volmaaktes te doen sal hê. Hulle is ywerig in hulle geloof, en wanneer hulle foute in kerklede sien, sê hulle:“Ons het die wêreld verlaat om geen omgang te hê met bose mense nie, maar die boosheid is hier ook teenwoordig “en hulle vra soos die diensknegte in die gelykenis, “vanwaar kom die onkruid?” Maar ons moet nie teleurgesteld word nie, want die Here het nie aan ons gesê om te verwag dat die kerk volmaak sal wees nie en al ons ywer sal nie daarin slaag om die strydende kerk so rein as die triomfantlike kerk te maak nie. [TM 47]DBo 93.4

    Alhoewel daar euwels in die kerk bestaan en sal bestaan tot aan die voleinding van die wêreld, moet die kerk in die laaste dae die lig wees van ‘n wêreld wat verontreinig en onsedelik is deur sonde. Die kerk, swak en vol foute, behoeftig aan vermaning, berisping en raad, bly nog die enigste voorwerp op aarde waarop Christus Sy hoogste agting uitstort. [TM 49]DBo 93.5

    Die uitgooi van die net is die prediking van die evangelie. Dit bring beide goeies en slegtes in die kerk in. Wanneer die sending van die evangelie voltooi is, sal die oordeel die skeidingswerk volbring. [GJ 103]DBo 94.1

    Die kerk is die werktuig wat God vir die verlossing van die mensdom aangewys het. Dit is op diens ingestel en sy sending is om die evangelie aan die wêreld oor te dra. Van die begin af was dit Gods plan dat Sy volheid en Sy genoegsaamheid deur die kerk aan die wêreld weerspieël moet word. Die lede van die kerk, die wat Hy uit die duisternis tot Sy wonderbare lig geroep het, moet Sy heerlikheid verkondig. Die kerk is die bewaarplek van die rykdom van die genade van Christus en deur die kerk sal die laaste en volle bewyse van die liefde van God uiteindelik aan selfs “die owerhede en magte in die hemele” ( Efe. 3:10) geopenbaarword. [HA 9]DBo 94.2

    Die werk van God op hierdie aarde sal nooit klaargemaak word nie voordat dle manne en vroue wat ons kerklidmaatskap uitmaak skouer aan die wiel sit en hulle pogings met die van predikante en kerkamptenare verenig nie. [9T 117]DBo 94.3

    Dit is nie die Here se doel dat Sy kinders moet koloniseer of saamtrek in groot gemeenskappe nie. Die dissipels van Christus is Sy verteenwoordigers op die aarde en die Here plan dat hulle verspreid moet wees deur die land, in die dorpe, stede en klein gemeenskappe, as ligte in die duisternis van hierdie wêreld.DBo 94.4

    Ons het maar nog net ‘n klein deeltjie van die evangeliewerk gedoen wat God begeer dat ons vir ons vriende en bure moet doen. In al die stede van ons land is daar diegene wat nie die waarheid ken nie. En in die wye wêreld oor die see is daar baie nuwe velde waar ons moet ploeg en die saad saai. [” An Appeal to Ministers and Church Officers”DBo 94.5

    Die leke in ons kerke kan ‘n werk verrig wat hulle tot nou toe skaars begin het. Niemand moet na nuwe plekke verhuis bloot vir wêreldgewin nie; maar waar daar ‘n opening is om ‘n bestaan te maak, laat gesinne wat gevestig is in die waarheid, een of twee gesinne vir ‘n plek ingaan om te werk as sendelinge... Hulle kan ons leesstof versprei, dienste hou in hulle huise, kennis maak met hul bure en hulle uitnooi na die dienste. So kan hulle hul lig laat skyn deur goeie werke. [8T 244]DBo 94.6

    Die Here het ‘n plek vir elkeen in Sy groot plan. Geen talent wat nie nodig is word gegee nie. Veronderstel dat die talent klein is. Die Here het ‘n plek daarvoor en daardie een talent, getrou gebruik, sal die werk verrig wat God daarmee beplan. Die talente van die nederige kothuiser word benodig in die huis tot huis arbeid en kan meer verrig in die werk as die briljante gawes. [9T 37,38]DBo 95.1

    In gesigte van die nag het tonele van ‘n groot hervormingsbeweging onder Gods volk voor my verbygegaan. Baie het God geloof. Siekes is genees, en ander wonderwerke is gedoen. ‘n Gees van voorbidding is gesien soos voor Pinkster geopenbaar. Honderde en duisende het gesinne besoek en die Woord van God vir hulle geopen. Harte is oortuig deur die krag van die Heilige Gees en ‘n egte gees van bekering is openbaar. Deure het aan alle kante oopgegaan vir die verkondiging van die waarheid. Die wêreld skyn verlig te wees deur die hemelse invloed. Groot seëninge is ontvang deur die ware en nederige volk van God. Ek het stemme van danksegging en lof gehoor, en daar skyn ‘n hervorming te wees gelyk aan die wat ons in 1844 ondervind het. [9T 125,126]DBo 95.2

    Daar behoort meer huis-tot-huis arbeid onder ons kerklede te wees deur die gee van Bybelstudies en die verspreiding van leesstof. ‘n Christelike karakter kan simmetries en volledig gevorm word slegs as die menslike werktuig dit as ‘n voorreg beskou om onbaatsugtig te werk in die verkondiging van die waarheid en die besteding van middele ter ondersteuning van die saak van God. [9T127]DBo 95.3

    Terwyl Gods volk besig is met hul daaglikse werk kan hulle ander tot Christus lei. En terwyl hulle dit doen het hul die kosbare versekering dat die Heiland dig aan hul sy is. Hulle hoef nie te dink dat Hulle op hul eie swakke pogings moet staatmaak nie. Christus sal aan hulle woorde gee om te spreek wat swak, vermoeide siele sal verkwik en versterk in hul stryd. Hulle eie geloof sal versterk word as hulle besef dat die Heiland besig is om Sy belofte te vervul. Nie alleen is hulle ‘n seën tot ander nie, maar die werk wat hulle vir Christus doen, bring op sy beurt seëninge tot hulself. [9T 38,39]DBo 95.4

    As Christene gesamentlik sou optree, en vorentoe sou gaan as een man, onder die leiding van een Mag, om een doel te bereik, sal hulle die wêreld omkeer. [9T221]DBo 95.5

    Hemelse engele wag al lank vir menslike werktuie - die lede van die kerk - om met hulle saam te werk in die groot werk wat gedoen moet word. Hulle wag vir u. So wyd is die veld, so omvattend die plan, dat elke geheiligde hart in diens geneem sal word as in-strument van goddelike krag. [9T 46,47]DBo 95.6

    Diegene wie se taak dit is om die kerke te besoek, moet aan die broeders en susters opleiding gee in praktiese sendingwerk. Laat daar ook ‘n klas wees vir die jeug. Jong manne en vroue moet opgelei word om werkers te wees by die huis, in hulle buurt en in die kerk. [An appeal to ministers and church officers]DBo 96.1

    My broers en susters, wil julle, graag die bedwelming verbreek wat julle vashou? Wil julle wakker geskud word uit die traagheid wat gelykstaan aan die doodsgreep? Gaan werk, of julle so voel of nie. Begin werk vir siele om siele na Jesus en ‘n kennis van die waarheid te bring. In sulke arbeid sal julle beide ‘n aansporing en ‘n kuur vind dit sal beide stimuleer en versterk. [5T 387]DBo 96.2

    Dit het selfverloëning, selfopoffering, onstuitbare energie en aanhoudende gebed gekos om die verskillende sendingprojekte te bring tot waar hul nou is. Daar is gevaar dat sommige wat nou op die toneel verskyn gerusgestel voel om ondoeltreffend te handel, omdat hulle voel daar is nie nou so ‘n groot behoefte vir selfverloëning en vlyt nie... dat tye verander het... dat daar nou meer middele beskikbaar is vir die werk van God....DBo 96.3

    Maar as daar dieselfde ywer en selfopoffering openbaar word in die huidige werk as in die begin, sal ons ‘n honderdvoud meer verrig sien as wat nou die gevalis. [6T 417-419JDBo 96.4

    Vrouens, sowel as mans, kan deelneem in die werk om die waarheid te plaas waar dit kan vrugte dra. Hulle kan hul plek in hierdie krisistyd inneem en die Here sal deur hulle werk. As hulle, gevul met pligsgevoel, werk onder die invloed van die Gees van God, sal hulle die nodige selfversekering verkry. Die Heiland sal die lig van Sy aangesig op hierdie vroue laat skyn wat hulself opoffer en dit sal hulle in staat stel om ‘n werk te doen in gesinne wat die van mans oortref. Hulle kan in gesinne ‘n werk doen wat mans nie kan doen nie, wat die dieper lewe raak. Hulle kan nader aan die harte kom van diegene wat nie deur mans bereik kan word nie. [9T 128JDBo 96.5

    Dit is duidelik dat al die preke wat gepreek is nie ‘n groot klas selfverloënende werkers opgelewer het nie. Die onderwerp moet beskou word as ernstig in sy gevolge. Ons toekoms vir die ewigheid is op die spel. Die kerke droog op omdat hulle nie hul talente gebruik om lig te versprei nie. Sorgvuldige instruksie moet gegee word wat sal wees soos lesse van die Meester, sodat almal die lig na die praktyk kan deurvoer. Die wat oorsig het oor die kerke, moet bekwame manne kies en verantwoordelikheid gee terwyl hulle terselfdertyd opgelei moet word om op die beste wyse ander te dien en te seën. [6T 431JDBo 96.6

    Vandag is ‘n groot gedeelte van die wat ons gemeentes uitmaak dood in oortreding en sonde. Hulle kom en gaan soos die deur op sy skarniere. Vir jare al luister hulle met selfvoldaanheid na die ernstigste sielroerende waarhede, maar voer dit nie deur in die praktyk nie. Daarom word hulle al hoe minder vatbaar vir die kosbaarheid van waarheid. Die roerende getuienisse van berisping en waarskuwing wek hulle nie tot bekering nie. Die soetste melodie wat van God kom deur mense lippe, regverdiging deur die geloof en die geregtigheid van Christus, ontlok nie by hulle ‘n respons van liefde en dankbaarheid nie. [6T 426/7JDBo 97.1

    Ambagsmanne, prokureurs, handelaars en manne van alle beroepe, lei hulself op om meesters te word in hul veld. Moet die volgelinge van Christus minder intelligent wees, om, terwyl hulle in Sy diens staan, onkundig te wees oor hoe hulle te werk moet gaan? Die saak om die ewige lewe te beërf moet bo alle wêreldse konsiderasie wees. Om siele na Jesus te lei moet daar ‘n kennis wees van die menslike natuur en ‘n studie van die menslike denke. Dit vereis veel sorgvuldige beplanning en vurige gebed om te weet hoe om mense te nader oor die goot onderwerp van waarheid. [4T 67]DBo 97.2

    Sodra ‘n kerk georganiseer is, laat die predikant die lede aan die werk sit. Hulle moet geleer word om suksesvol te werk. Laat die predikant meer tyd aan opvoeding as prediking bestee. Laat hy die mense leer om aan ander die waarheid te gee wat hulle ontvang het. Terwyl nuwe bekeerlinge geleer moet word om raad te vra van die wat meer ondervinding het in die werk, moet hulle ook geleer word om nie die predikant in die plek van God te plaas nie.DBo 97.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents