Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    In Hom Uitverkies

    God het verklaar dat diegene wat Christus aanneem as Saligmaker, Hom aanneem as die een wat alle sonde wegneem, vergifnis vir hulle sondes sal ontvang. Dit is die voorwaardes vir ons uitverkiesing. Die mens se verlossing hang af van of hy Christus aanneem deur geloof. Die wat Hom nie wil aanneem nie, verloor die ewige lewe omdat hulle weier om gebruik te maak van die enigste middel wat deur Vader en Seun voorsien is vir die redding van ‘n verloregaande wêreld. [SDA8C 7:1114]DBo 38.3

    Daar is nie so iets in die Woord van God as onvoorwaardelike uitverkiesing nie. [SDABC 6:1114]DBo 38.4

    In die raadsvergadering van die hemel is voorsiening gemaak dat die mens, alhoewel oortreders, nie sou sterf in hulle ongehoorsaamheid nie, maar dat hulle deur geloof in Christus as hul Plaasvervanger en Borg, die uitverkorenes van God kan word, voorbestem tot die aanneming tot kinders deur Jesus Christus vir Homself, volgens die welbehae van Sy wil. God wil dat alle mense gered moet word, want ruim voorsiening is gemaak deurdat Hy Sy eniggebore Seun gegee het as ons losprys. Die wat verlore gaan, gaan verlore omdat hulle weier om as kinders van God aangeneem te word deur Jesus Christus. [SDABC 6:1114]DBo 38.5

    Die leerstelling dat goddelike dekrete die karakter van mense onveranderlik vasstel, het vele gebring tot ‘n feitlike verwerping van Gods wet. Wesley het die dwalings van die antinomiaanse leraars hardnekkig bestry en daarop gewys dat hierdie leer wat tot Antinomianisme lei, teenstrydig met die Skrifte was. “Die reddende genade van God het aan alle mense verskyn.” Dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom, want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal” (1 Tim. 2:3-6). Die Gees van God word vryelik gegee om elke mens in staat te stel om die saligheid aan te neem. Christus “die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.” (Joh. 1:9). Die mens mis die saligheid deur sy eie moedswillige weiering van die gawe van die lewe. [GS 298-299]DBo 39.1

    Die verlossing van die mens was nog altyd die doel van die raadsvergaderinge van die hemel. Die genadeverbond is gemaak voor die grondlegging van die aarde. Net so seker as wat daar nooit ‘n tyd was wat God nie bestaan het nie, net so seker was daar nie ‘n oomblik wat dit nie die behae van dié Ewige Wese was om Sy genade aan die mens te openbaar nie. [SDABC 7:934]DBo 39.2

    Dit is binne ons vermoë om die verstand te beheer in die dinge, as ons God ons toevlug maak. [R&H Aug.17,1886 (2:67)]DBo 39.3

    Die wet van die Goddelike regering is dat elkeen die mag het om arbiter te wees van sy eie lot...DBo 39.4

    Tensy die waarheid die siel reinig, sal oorgeërfde en aangekweekte karaktertrekke ontwikkel en ons sal soek na tekortkominge en foute in ander maar ons maatstaf en oordeel sal volgens ons eie vooroordele, ons menslike voorkeuren afkeur wees. [R&H Aug. 16,1892 (2:587)]DBo 39.5

    Die Skrifte beroep hulle op die mens as in besit van elke mag om te kies tussen reg en verkeerd; Hulle spreek tot hom in waarskuwing, in berisping, in pleidooi en aanmoediging. [R&H Mar. 4,1884 (1400)]DBo 39.6

    Die hemele stel belang in julle welsyn en wag op julle versoeke om wysheid en krag. As enige van ons nie gered word nie, sal dit wees omdat ons die diens van Christus se groot vyand gekies het en die vriendskap van sy getroue volgelinge. [R&H July 1,1884(1:439)]DBo 39.7

    God wil hê dat ons die ernstige les moet leer dat ons besig is om ons eie lotsbestemming uit te werk. Die karakters wat ons bou in die lewe sal bepaal of ons geskik is om deur die eindelose eeue te lewe. [FE. 502]DBo 39.8

    God kon die mens so gemaak het dat hy nie in staat was om Sy wet te oortree nie. Hy kon verhinder het dat Adam aan die verbode vrug raak, maar onder sulke omstandighede sou die mens geen vrye keuse gehad het nie, hy sou ‘n outomaat gewees het. Sonder die vryheid om te kies sou sy gehoorsaamheid nie vrywillig gewees het nie maar gedwonge. Dan kon hy geen selfstandige karakter ontwikkel het nie. Dit sou natuurlik teenstrydig gewees het met God se beplande behandeling van die inwoners van ander wêrelde. Dit sou benede die waardigheid van die mens as ‘n redelike wese, gewees het en sou die Satan se beskuldiging dat God na willekeur regeer, geskraag het. [PP. 40]DBo 40.1

    Die een wat in versoeking kom, moet die ware krag van die wil verstaan. Dit is die heersende krag in die menslike natuur - die krag om te besluit en te kies. Alles hang van die regte gebruik van die wil af. Begeerte vir die goeie en die reine is op sigself goed, maar as dit net by die begeerte bly, sal dit niks baat nie. Talle sal na die verderf gaan terwyl hulle nog hoop en begeer om hulle bose neigings te oorwin. Hulle gee die wil nie aan God oor nie. Hulle kies nie om Hom te dien nie.DBo 40.2

    God het aan ons die mag gegee om te kies en ons kan dit gebruik. Ons kan ons harte nie verander nie, ons kan ons gedagtes, emosies en liefde nie beheers nie. Ons kan ons nie self reinig of geskik maak vir die diens van God nie. Maar ons kan kies om God te dien; ons kan ons wil aan Hom oorgee, dan sal Hy in ons werk om te wil en te werk na Sy welbehae. So sal ons hele natuur onder die beheersing van Christus gebring word.DBo 40.3

    Deur die regte gebruik van die wil kan ons hele lewe verander word. Deur die wil aan Christus oor te gee, tree ons in bondgenootskap met Goddelike krag. Ons ontvang krag van omhoog om ons standvastig te hou. ‘n Rein en edel lewe, ‘n lewe van oorwinning oor die aptyt en die luste, is moontlik vir elkeen wat sy swak, wankelende, menslike wil sal verbind met die almagtige en standvastige wil van God. [HH. 160-161 ]DBo 40.4

    Die wette van God is beplan om Sy volk nader aan Homself te bring. Hy sal hulle red van die bose en lei na die goeie as hulle gelei wil word, maar Hy sal hulle nooit dwing nie. Ons kan nie altyd God se planne begryp nie, maar ons moet Hom vertrou en ons geloof deur ons werke toon. [5 T.444,-5 (1885)]DBo 40.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents