Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ons Publikasies

    Aan my is meegedeel dat selfs waar die mense die boodskap van die lewende prediker hoor, die kolporteur sy werk moet voortsit in samewerking met die predikant, want al dra die predikant die waarheid getrou oor, kan die mense nie alles behou nie. Leesstof is dus essensieel, nie alleen om hulle wakker te skud vir die teenswoordige nie, maar om hulle te vestig in die waarheid en hulle te vrywaar van misleidende dwaling. [6T 315/6]DBo 105.6

    As daar een werk is wat belangriker is as enige ander, dan is dit die werk om ons publikasies voor die publiek te kry, wat hulle sal lei om die Bybel te ondersoek. Sendingwerk - die bekendstelling van ons publikasies aan gesinne, deur met hulle te gesels en saam met en vir hulle te bid, is ‘n goeie werk en een wat manne en vroue sal opvoed om pastorale werk te doen. [4T 390]DBo 105.7

    Kolporteurs moet na alle dele van die land uitgaan. Die belangrikheid van die werk is ten volle gelyk aan die van die bediening. Die lewende prediker en stille boodskapper word albei benodig in die voltooiing van die groot werk voor ons...DBo 106.1

    Die leesstof kan plekke bereik waar geen dienste gehou kan word nie. [CM 8]DBo 106.2

    Laat wyse planne gelê word om waardig;e studente te help om hul eie skoolg;elel te verdien deur die boeke te hanteer, as hulle so verkies. Diegene wat sodoende genoeg fondse verdien om te betaal vir hulle kursus byeen van ons opleidingskole, sal waardevolle praktiese ondervinding bekom wat hulle sal bekwaam om baanbreker-sendingwerk in ander rigtings te doen. [9T 79]DBo 106.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents