Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Wil En Denkwese

    Dit is ‘n wet van die verstand dat dit sal krimp of rek tot die dimensies van die dinge waarmee dit bekend word. Die verstandelike vermoëns sal seer sekerlik ineenkrimp, en die vermoë verloor om die dieper betekenis van die woord van God te begryp tensy dit drasties en aanhoudend ingespan word om te soek na waarheid. [R&H Ju ly 17,1888 (2:229)]DBo 80.1

    Maar iemand sê: “kan ek nie my eie weg volg en myself wees nie?” Nee, jy kan nie jou eie weg volg en die koninkryk van die hemele ingaan nie. Daar sal geen “my weg” wees nie. Geen menslike weg sal ‘n plek hê in die koninkryk van die hemel nie. Ons weë moet opgaan in Gods weë. [RH 23 Feb.1892, (2:546)]DBo 80.2

    Jy moet onthou dat jou wil die bron is van al jou dade. Die wil, wat so ‘n belangrike faktor is in die menslike karakter, was met die Sondeval aan Satan se beheer oorgegee en hy werk sedertdien in die mens om te wil en te doen volgens sy eie welbehae, maar tot die mens se ellende en verderf. Maar die opoffering van God wat Sy geliefde Seun Jesus gegee het as ‘n offer vir sonde, laat Hom toe, sonder om enige beginsel van Sy heerskappy te verloon, om te kan sê: “Gee jouself oor aan My, gee My jou wil, neem dit uit die beheer van Satan en Ek sal daarvan besit neem dan kan Ek in jou werk om te wil en te werk na My welbehae. Wanneer Hy aan jou die gesindheid van Christus gee, word jou wil soos Sy wil, en jou karakter verander om soos Sy karakter te wees. Is dit jou doel om God se wil te doen? Wil jy die Skrif gehoorsaam wees? [5 T 515]DBo 80.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents