Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Eerste Opstanding - Regverdige Dode

    Terwyl die aarde waggel, die weerligte uitslaan en die gedreun van donder gehoor word, roep die Seun van God die slapende heiliges te voorskyn. Hy kyk na die grafte van die regverdiges en dan met Sy hande uitgestrek na die hemel roep Hy:“Staan op, staan op, staan op, julle wat in die stof slaap, staan op!” Oor die lengte en breedte van die aarde sal die dode Sy stem hoor en hulle wat hoor, sal lewe. En oor die hele aarde sal die voetstappe gehoor word van die groot skare bestaande uit alle nasies, geslagte, tale en volke. Uit die gevangenis van die dood kom hulle met onsterflike heerlikheid beklee en roepende: “Dood, waar is jou angel? Doderyk waar is jou oorwinning” (1 Kor. 15:55). Dan verenig die lewende regverdiges en die opgewekte heiliges hulle stemme in ‘n groot, blye oorwinningskreet.DBo 200.1

    Almal kom uit hulle grafte voort net so groot as toe hulle gesterf het. Adam, wat ook onder die verrese skare is, is lank en van pragtige liggaamsbou, maar hy is ‘n bietjie kleiner as die Seun van God. Hy vorm ‘n treffende teenstelling met die mense van latere geslagte en hierin kan die groot agteruitgang van die mens gesien word. Almal staan op in die lewenskrag van ewige jeug. Die mens is in die begin geskape in die ewebeeld van God, nie alleen wat karakter betref nie, maar ook in vorm en gelaatstrekke. Die sonde het die goddelike beeld geskend en byna uitgewis, maar Christus het gekom om te herstel wat verlore was. Hy sal ons vernederde liggame van gedaante verander om gelykvormig te word aan Sy verheerlikte liggaam. Die sterflike, verganklike vorm, sonder enige skoonheid en wat eenmaal deur die sonde besoedel was, is nou volmaak, heerlik en onsterflik. Alle smette en gebreke word in die graf agtergelaat. Met vrye toegang tot die boom van die lewe in Eden wat so lank verlore was, sal die verlostes ontwikkel tot die volle grootte van die menslike geslag voor die sondeval. Die laaste spore van die vloek van die sonde sal weggeneem word en die getroues van Christus sal verskyn in die heerlikheid van die Here onse God en verstandelik, geestelik en liggaamlik sal hulle die volmaakte ewebeeld van hulle Here weerkaats. 0 wonderbare verlossing - die verlossing waarvan so lank gepraat is, waarop so lank gehoop is, waarna gretig vooruitgesien is, maar nooit ten volle begryp is nie! [GS 728/9]DBo 200.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents