Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Tweede Koms Van Christus

    Kort daarna verskyn daar in die ooste ‘n klein swart wolkie, omtrent so groot as ‘n man se hand. Dit is die wolk rondom die Heiland en wat in die verte lyk asof dit in duisternis gehul is. Die volk van God weet dat dit die teken van die Seun van die mens is. In plegtige stilte staan hulle en kyk terwyl dit nader aan die aarde kom en steeds nader en heerliker word totdat dit naderhand ‘n groot wit wolk is, die onderkant daarvan lyk soos ‘n verterende vuur en daar bo-oor is die reënboog van die verbond. Jesus ry voort soos ‘n magtige oorwinnaar. Nou is Hy nie meer die” man van smarte” (Jes. 53:3) om die beker van skande en ellende te drink nie; Hy kom nou as oorwinnaar van hemel en aarde om die lewende en die dode te oordeel.” Getrou en Waaragtig en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.” (Open. 19:11). “En die leërs in die hemel het Hom gevolg” (Open. 19:14). Met hemelse lofliedere vergesel die engele Hom - ‘n leërskare van engele wat ontelbaar is. Die uitspansel is bedek met heerlike gedaantes - tienduisend maal tienduisend en duisende van duisende” (Ps. 68:18; Op.5:11). Geen pen kan die toneel beskryf nie; geen menseverstand kan die heerlikheid besef nie.” Sy Majesteit bedek die hemel en die aarde is vol van Sy lof. En glans soos sonlig is daar”(Hab.3:3,4). Namate die wolk steeds nader kom, sien elke oog die Vors van die lewe. Geen doringkroon skend nou Sy heilige hoof nie, maar Hy dra ‘n kroon van heerlikheid. Sy aangesig oortref die verblindende heerlikheid van die middagson. “En Hy dra op Sy kleed en op Sy heup die Naam wat geskrywe is: DIE KONING VAN DIE KONINGS EN DIE HERE VAN DIE HERE.” [GS 724/5]DBo 199.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents