Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Beeld Herstel.

    God beplan dat deur die werking van die Heilige Gees Sy beeld in die mens herskep sal word, dat ‘n nuwe en lewende beginsel in die denke wat deur sonde besoedel is ingeplant sal word. Die liefde van God is volkome in staat om te herstel, te herbou, te bemoedig en elke siel te versterk wat gewillig is om die waarheid te aanvaar soos dit is in Jesus. [TM 378]DBo 80.4

    Goddelike krag kan met menslike strewe verenig word, sodat die mens ‘n vry wese, ‘n oorwinnaar deur Jesus kan wees... Alhoewel die sedelike beeld van God in die mens byna uitgewis was deur die sonde van Adam, kan dit hernu word deur die verdienste en krag van Jesus. Die mens kan lewe met die sedelike afdruk van God in sy karakter, want Jesus sal dit aan hom gee. Tensy die morele beeld van God in die mens gesien word, kan hy nie die stad van God as oorwinnaar binnegaan nie. [RH 10 Jun.1890 (2:401)]DBo 81.1

    Die wat tot ‘n toegewyde verhouding met die God van die hemel kom, word nie aan hulle natuurlike swakhede oorgelaat nie... Soos Christus rein is in Sy sfeer, so kan die mens rein wees in sy sfeer. [RH.16 Sept.1890 (2:425)]DBo 81.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents