Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Verseëlingstyd

    In Gods Woord word ons die gevolge getoon van die verkondiging van die derde engel se boodskap. “Die draak was vertoornd op die vrou en hy het gegaan om oorlog te maak met haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.” Openb. 12:17. Die weiering om God se gebooie te gehoorsaam en ‘n vasbeslotenheid om haat te koester teen diegene wat die gebooie verkondig, lei tot ‘n vasberade oorlog deur die draak, wie se hele mag teen die gebooie - bewarende volk van God gemonster word. “En hy maak dat aan almal, die kleintjies en die grotes en die rykes en die armes en die vry mense en die slawe ‘n merk op hul regterhand en op hulle voorhoofde gegee is, sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. Openb. 13:16,17.DBo 184.1

    Die teken, of seël van God is geopenbaar deur die onderhouding van die sewende dag Sabbat, die Here se gedenkteken van die Skepping.” Verder het die Here met Moses gespreek en gesê: Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my Sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die Here is wat julle heilig.” Eks. 31:12,13. Hier word die Sabbat duidelik aangedui as ‘n teken tussen God en Sy volk. [8T 117)DBo 184.2

    Ek het ook gesien dat vele nie besef wat hulle moet wees om te kan lewe in die teenwoordigheid van die Here nie, sonder ‘n Hoëpriester in die heiligdom gedurende die tyd van benoudheid. Diegene wat die seël van die lewende God ontvang en beskerm word in die tyd van benoudheid, moet die beeld van Jesus ten volle weerkaats.DBo 184.3

    Ek het gesien dat vele daardie voorbereiding verwaarloos wat so nodig is en dat hulle uitgesien het na die tyd van “verkwikking”en na die “laat reëns” wat hulle sal versterkom te kan staan in die dag van die Here en te lewe in Sy teenwoordigheid. O, hoeveel het ek gesien in die tyd van benoudheid sonder ‘n beskutting. Hulle het in gebreke gebly om die nodige voorbereiding te maak; daarom kon hulle nie die verkwikking verkry wat almal moet hê om hulle geskik te maak om te lewe in die teenwoordigheidd van ‘n Heilige God nie. Diegene wat weier om hulle te laat regkap deur die profete en wat in gebreke bly om hulle siele te reinig deur gehoorsaamheid aan die volle waarheid en wat aanneem dat hulle toestand baie beter is as wat dit werklik is, sal kom tot die tyd wanneer die sewe laaste plae val, om dan eers te ontdek dat hulle reggekap moes gewees het vir die gebou. Maar dan sal daar nie tyd wees om dit te laat doen nie en daar sal geen Middelaar wees om hulle saak te bepleit voor die Vader nie. Voor hierdie tyd sal daardie vreeslike dekreet reeds uitgevaardig wees: “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen en wie vuil is, laat hom nog vuiler word en laat die regverdige nog regverdiger word en laat die heilige nog heiliger word.” Ek het gesien dat niemand kan deel in die verkwikking tensy hy die oorwinning behaal oor elke swakheid, hoogmoed, selfsug, liefde vir die wêreld en oor elke verkeerde woord en daad nie. Ons behoort dus steeds nader en nader te kom aan die Here en ernstig te streef om daardie voorbereiding te maak wat ons in staat sal stel om te kan staan in die slag van die dag van die Here. Laat almal onthou dat God heilig is en dat alleen heilige wesens ooit in Sy teenwoordigheid sal kan lewe. [EG 63)DBo 184.4

    Die vyande van Gods wet, van die predikante tot by die minste onder hulle, het nou ‘n nuwe begrip van waarheid en plig.Te laat sien hulle dat die Sabbat van die vierde gebod die seël van die lewende God is.Te laat besef hulle die ware aard van hulle valse sabbat en die fondament van sand waarop hulle gebou het. Hulle ontdek dat hulle teen God geveg het. Godsdienstige leiers het siele tot die verderf gelei terwyl hulle voorgegee het om hulle na die poorte van die Paradys te lei. Eers in die dag van finale afrekening sal dit bekend word hoe groot die verantwoordelikheid van diegene wat die heilige amp beklee, is en hoe vreeslik die gevolge van hulle ontrouheid is. Eers in die ewigheid sal ons in staat wees om te besef wat die verlies van een enkele siel beteken. Vreeslik sal die verdoemenis wees van die aan wie God sal sê:“Gaan weg van My, jou bose dienskneg.” [GS 724]DBo 185.1

    Die gelowige biddendes is as’t ware verskuil in God. Hulle weet self nie hoe veilig hulle beskerming is nie. Aangevuur deur die Satan, poog die heersers van die wêreld om hulle te vernietig, maar as hulle oë geopen kon word, sou hulle, soos Elisa se dienskneg by Dothan, die engele van God rondom hulle sien soos ‘n laer wat deur hulle heerlikheid die magte van die duisternis terug hou.DBo 185.2

    Wanneer die volk van God hul voor Hom ootmoedig en pleit vir rein harte, kom die bevel:“Neem weg die vuil klere van hulle af” en die bemoedigende woorde word gespreek: “Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem en ek beklee jou met feesklere.” Die vleklose kleed van Christus se geregtigheid, word deur die beproefde, versoekte, tog getroue kinders van God aangetrek. Die veragte oorblyfsel word in verheerlikte klere geklee, om nooit meer deur die bedorwenheid van die wêreld besmet te word nie. Hulle name word behou in die boek van die lewe van die Lam, op die rol van die getroues van alle eeue. Hulle het die liste van die verleier weestaan, hulle het nie die pad byster geraak as gevolg van die draak se gebrul nie. Nou is hulle vir ewig veilig van die versoeker se strikke. Hulle sonde word oorgeplaas op die oorsaak van alle sonde. Die oorblyfsel word nie net vergewe en aanvaar nie, maar vereer. ‘n Rein tulband word op hulle hoofde geplaas. Hulle moet wees soos konings en priesters voor God. Terwyl die Satan sy beskuldigings teen hulle rig om hulle te vernietig, het heilige engele heen en weer tussen hulle gegaan en die seël van die lewende God op hulle geplaas. Dit is hulle wat op die berg Sion staan saam met die Lam, met die Vader se naam op hulle voorhoofde geskrywe. Hulle sing ‘n nuwe lied voor die troon, daardie lied wat geen mens kan leer behalwe die 144,000, wat van die aarde verlos is nie. Openb. 14:4.DBo 185.3

    Nou tree die woorde van die engel in vervulling. Sag.3:8. Christus word geopenbaar as Redder en Verlosser van Sy volk. Nou word die oorblyfsel inderdaad sinnebeelde as die trane en vernedering van hul pelgrimstog plek maak vir vreugde en eer in die teenwoordigheid van God en die Lam. “In die dag sal die Spruit van die Here wees tot sieraad en heerlikheid en die vrug van die land tot hoogheid en versiering vir die vrygemaaktes van Israel. En wie in Sion oorgebly en gespaar is in Jerusalem, die sal heilig genoem word, elkeen wat onder die lewendes opgeskryf is in Jerusalem.” Jes. 4:2,3. (5T 475,6]DBo 186.1

    Op hierdie manier sal die volkome vervulling van die nuwe verbond verwesenlik word: “Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.” ” ln die dae en in die tyd, spreek die Here, sal die ongeregtigheid van Israel gesoek word, maar dit sal daar nie wees nie en die sondes van Juda, maar hulle sal nie gevind word nie.” Jer. 31:34; 50:20. “In die dag sal die Spruit van die Here wees tot sieraad en heerlikheid en die vrug van die land tot hoogheid en versiering vir die vrygeraaktes van Israel. En wie in Sion oorgebly het en gespaar is in Jerusalem, die sal heilig genoem word, elkeen wat onder die lewendes opgeskrywe is in Jerusalem.” Jes. 4:2,3. [GS 552]DBo 186.2

    As Jakob hom nie voorheen bekeer het van sy sonde van bedrog in verband met die geboortereg nie, sou God nie sy gebed verhoor en sy lewe gespaar het nie. So ook in die tyd van benoudheid; as daar sondes teen Gods volk staan wat nie bely is nie, terwyl hulle in die tyd van benoudheid gefolter word deur vrees en angs, sou hulle oorweldig word; wanhoop sou hulle geloof vernietig en hulle sou geen vrymoedigheid hê om tot God om verlossing te bid nie. Maar terwyl hulle ‘n diepe besef van hulle onwaardigheid het, is daar nie bedekte sondes wat geopenbaar moet word nie. Hulle sondes het vooruitgegaan na die gereg en dit is uitgedelg; dit kan nie weer in herinnering gebring word nie. [GS 703]DBo 186.3

    Ek het engele heen en weer sien haas in die hemel. ‘n Engel met ‘n skrywer se inkpot aan sy sy het van die aarde af teruggekom en aan Jesus gerapporteer dat sy werk klaar was en dat die heiliges genommer en verseël is. Toe het ek gesien dat Jesus, wat voor die ark waarin die tien gebooie is, gedien het, die reukpan neergooi. Hy het Sy hande opgehef en met ‘n groot stem uitgeroep: “Dit is verbyl” Die ganse leërskare van engele het hulle krone afgehaal toe Jesus die volgende plegtige aankondiging gedoen het: “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen en wie vuil is, laat hom nog vuiler word en laat die regverdige nog regverdiger word en laat die heilige nog heiliger word.” Elke saak is beslis of vir die lewe of vir die dood.Terwyl Jesus in die heiligdom gedien het, is die regverdige dode geoordeel en daarna die lewende heiliges. Christus het Sy koninkryk ontvang, nadat Hy versoening gedoen het vir Sy volk en hulle sondes uitgedelg het. Die onderdane van Sy koninkryk was voltallig. Die huwelik van die Lam is voltrek. Die koninkryk en die grootheid daarvan onder die ganse hemel, is gegee aan Jesus en die erfgename van die saligheid en Jesus sal regeer as Koning van die konings eh Here van die here. [EG 238,9]DBo 187.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents