Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Toegepaste Versoening - Regverdiging

    Die werk wat die Christelikheid bestem is om te bereik is nie om die wet van God af te takel nie of om in die minste afbreuk te doen aan Sy waardigheid nie, maar om daardie wet in die hart en verstand te skryf. As die wet op die wyse in die hart van die gelowige gegraveer is, nader hy die ewige lewe deur dieverdienstevan Jesus. [R&H Jul 21,1891 (2:506)]DBo 128.6

    Christus, die Hersteller, plant ‘n nuwe beginsel van lewe in die siel en die plant groei en dra vrugte. Die genade van God reinig terwyl dit vergewe en maak mense geskik vir ‘n heilige hemel. [R&H Jul 14,1891 (2:504)]DBo 129.1

    Die huidige boodskap, regverdiging deur die geloof, is ‘n boodskap van God; dit dra die Goddelike stempel, want sy vrugte is tot geregtigheid... Ons het ook meer kennis nodig, ons moet ingelig word oor die plan van verlossing. Daar is nie een uit ‘n honderd wat die Bybelleer aangaande hierdie onderwerp, wat so noodsaaklik vir ons teenwoordige en ewige welsyn is, verstaan nie. [R&H Sep 3,1889(2:329)]DBo 129.2

    Regverdiging is die verlossing van ‘n siel uit die verderf, sodat hy heiligmaking kan verkry en deur heiligmaking die lewe van die hemel. Regverdiging beteken dat die gewete, gereinig van bose werke, geplaas word waar dit die seëninge van heiligmaking kan ontvang. [7 BC 908 (MS 113,1902)]DBo 129.3

    Christus is die weg, die waarheid en die lewe en die mens kan geregverdig word slegs deur Christus se geregtigheid wat ons toegereken word. Die mens word vrylik geregverdig deur die genade van God deur die geloof en nie deur werke sodat ons kan roem nie. Verlossing is die gawe van God deur Jesus Christus. [R&H Nov 11,1890(2:437)]DBo 129.4

    Vergifnis en regverdiging is een en dieselfde ding. Deur geloof verander die gelowige van die posisie van ‘n rebel, ‘n kind van sonde en die Satan, na die posisie van ‘n lojale onderdaan van Jesus Christus, nie omrede inherente goedheid nie, maar omdat Christus hom aanvaar deur aanneming as Sy kind. Die sondaar ontvang die vergifnis van sy sonde, want die sonde word nou gedra deur sy Pand en Plaasvervanger. Die Here praat met Sy hemelse Vader, en sê: “Dit is My kind, Ek stel hom vry van die oordeel van die dood en gee hom My lewens-assuransie polis - die ewige lewe - want Ek het sy plek geneem en gely vir sy sondes. Hy is My geliefde seun.” Dus staan die mens, vergewe en geklee met die lieflike kleed van Christus se geregtigheid, sonder sonde voor God.DBo 129.5

    Regverdiging is die teenoorgestelde van oordeel. Die perkelose genade van God word uitgeogefen teenoor diegene wat dit glad nie verdien nie. Hy vergewe oortredings en sonde om Jesus ontwil, wat die versoening vir ons sonde geword het. Deur geloof in Christus word die skuldige oortreder in die guns van God gebring en in die sterk hoop op die ewige lewe. [6BC 1070 (RC 74)]DBo 129.6

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents