Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Sonde Teen Die Heilige Gees.

    Niemand hoef die sonde teen die Heilige Gees te beskou as iets geheimsinnig en onverklaarbaar nie. Die sonde teen die Heilige Gees is die konsekwente weiering om gehoor te gee aan die uitno-diging van die Gees om ons te bekeer. [RH 29 Junie, 1897]DBo 65.4

    Diegene was Christus verwerp, verwerp hul enigste hoop op geluk in die lewe en sny hulleself af van die hoop op die ewige lewe. Elke stap om Christus te verwerp is ‘n stap nader aan die verwerping van die goedheid van verlossing en tot die sonde teen die Heilige Gees. Dit is duidelik dat nie een wat onder die banier van Jesus Christus staan, wat Hom dien as getroue stryder, hierdie sonde gepleeg het nie. Die sonde teen die Heilige Gees is nie beperk tot enige tydperk of tot enige geslag nie. [Yl 8/8/95]DBo 65.5

    Elke addisionele bewys van die mag van God wat deur die Egiptiese monarg teëgestaan is, het hom aangespoor tot sterker en volgehoue uittarting van God. So het dit voortgegaan, die nietige mens wat stry teen die geopenbaarde wil van ‘n Ewige God. Hierdie geval is ‘n duidelike illustrasie van die sonde teen die Heilige Gees. [RH 27/7/97]DBo 65.6

    Dit was hierdie daad wat hul lot verseël het. Hulle het sonde teen die Heilige Gees gepleeg, ‘n sonde waardeur die mens se hart effektief verhard word teen die invloed van goddelike genade. [RH 11 /12:/03]DBo 66.1

    Wat is die sonde teen die Heilige Gees? Dit is om moedswilliglik aan Satan die werk van die Heilige Gees toe te skryf... Dit is deur middel van die Heilige Gees wat God met menseharte werk en wanneer mense moeswilliglik die Gees verwerp en dit as van Satan verklaar, sny hulle die kanaal af waardeur God met hulle kan kommunikeer. Deur die bewyse te ontken wat dit God behaag om aan hulle te gee, sluit hulle die lig uit wat in hulle harte skyn en as gevolg daarvan verkeer hulle in duisternis. [5T 634]DBo 66.2

    Aan my is getoon dat as Gods volk geen poging aanwend van hulle kant, maar wag vir die oplewing om te kom om hulle misstappe uit te wis en hulle foute te korrigeer, as hulle daarop reken om hulle te reinig van die sondes van die vlees en gees sodat julle geskik sou wees om deel te neem aan die luide geroep van die derde engel, sal hulle te lig bevind word. Die verkwikking of krag van God, kom slegs oor diegene wat hulself daarvoor voorberei het deur die werk te doen wat God aan hulle gegee het, naamlik om hulself te reinig van al die onreinhede van die vlees en gees en hul heiligheid te vervolmaak in die vrees van God. [1T 619]DBo 66.3

    Laat niemand homself mislei met die geloof dat God sal vergewe en seën terwyl hulle op een van Sy vereistes trap nie. As daar wetend en moedswillig gesondig word, verdoof dit die getuienis van die Gees en sny die siel af van God. Watter ekstase in aanbidding ookal ondervind word, Jesus kan nie woon in ‘n hart wat die goddelike wet verontagsaam nie. God sal die vereer wat Hom vereer. [SL 92]DBo 66.4

    In Sy voorsienigheid laat God diegene toe wat deur die vyand mislei is om fabels te verkies instede van suiwere waarheid, om dieselfde gevoelens teenoor gebooiebewaarders te koester as wat die Joodse nasie teenoor hul Meester gekoester het - gevoelens wat hul sou lei om Hom te verwerp as hul beloofde Messias en Hom oor te gee aan ‘n wrede dood. [R&H Aug. 12,1884 (i 451)]DBo 66.5

    Ons het nodig dat ons ons harte sal oopmaak vir die invloed van die Gees en om sy helende krag te ondervind. Die rede hoekom julle nie meer van die reddende hulp van God ontvang nie, is omdat die kommunikasie kanaal tussen die hemel en ons siele verstop geraak het deur wêreldsgesindheid, liefde vir vertoon en heerssug. [R&H June 24,1884 (i 437)]DBo 66.6

    Heiligmaking is ‘n daaglikse werk. Laat niemand hulself mislei met die geloof dat God hulle sal vergewe en seën terwyl hulle besig is om een van sy gebooie te vertrap nie. [R&H Mei 3,1881 (1:271)]DBo 67.1

    Waak teen die eerste verdowing van jou lig, die eerste nalatigheid in gebed, die eerste teken van geestelike sluimering. Hy wat volhard tot die einde sal gered word. [R&H Jan. 9,1883 (i. 350)]DBo 67.2

    Deur die werk van die Heilige Gees, die heiliging van die waarheid, word die gelowige bekwaam vir die hemelhowe, want Christus werk in ons en Sy geregtigheid is op ons. Daarsonder het geen siel ‘n aanspraak op die hemel nie. Ons sou nie die hemel geniet tensy ons bekwaam word vir die heilige atmosfeer deur die invloed van die Gees en die geregtigheid van Christus. [i SM 395]DBo 67.3

    Die kerk is nie nou die aparte en eiendomsvolk wat sy was toe die vure van vervolging teen haar aangesteek is nie. Hoe dof het haar goud geword! Hoe het haar glans verander! Aan my is getoon dat as die kerk altyd haar kenmerkende heilige karakter behou het, die krag van die Heilige Gees wat aan die dissipels geskenk is, nog met haar sou wees. Die siekes sal genees word, duiwels uitgedryf en sy sou ‘n verskrikking vir haar vyande wees. [EW 227] DBo 67.4

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents