Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Boodskap - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    ’n Volmaakte Versoening

    Ons moet ons verheug dat die versoening volledig is en glo in Christus as ons volmaakte Verlosser. Ons weet dat die Vader ons liefhet soos Hy die Seun liefhet. [R&Hnovl 1,1890 (2:438)]DBo 128.2

    Die bloed van Jesus Christus is voldoende, maar moet gedurig aangewend word... As dit nodig was in die ou bedeling dat die onreine deur die bloed van besprinkeling gereinig moes word, hoeveel te meer vir die wat in die sware tye van die laaste dae lewe en blootgestel is aan die versoekings van die Satan om die bloed van Christus daagliks aan te wend. [R&H Jan.9,1883(1:319)]DBo 128.3

    Niemand is ‘n lewende Christen tensy hy ‘n daaglikse ondervinding het in die dinge van God nie... Soos hy groei tot volmaaktheid, ondervind hy bekering tot God elke dag en hierdie bekering is nie voltooi totdat ‘n volmaakte Christelike karakter bereik is nie en volle voorbereiding gemaak is vir die aanwend van onsterlikheid. [R&H Aug 17,1886 (2:67)]DBo 128.4

    Hoe volkome ons toewyding mag gewees het by bekering, dit sal ons niks baat tensy dit daaglik hernu word nie. [R&H Jan 6,1885(1:495)]DBo 128.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents