Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK VYF-EN-TWINTIG—DIE GEVAAR VAN SKADELIKE LEESSTOF

    (Deel VII, bls. 203-205.)

    WAAR ek die gevaar sien wat die jongmense bedreig omdat hulle slegte lektuur lees, kan ek nie nalaat om verdere waarskuwings in hierdie verband te gee nie.UG1 178.1

    Die skade wat werkers ly deur onbetaamlike leesstof te lees, word nie ten voile besef nie. Hulle aandag word geboei deur die leesstof wat hulle lees; gedeeltes daarvan bly in hulle geheue. Sekere gedagtes kom in hulle op. Ongemerk word die leser deur die gees van die skrywer beïnvloed, en verstand en karakter ontvang nadelige indrukke. Daar is sommige wat swak in geloof en wilskrag is, en dit is moeilik vir hulle om die gedagtes uit hulle harte te verban wat daar ontstaan het as gevolg van nadelige leesstof.UG1 178.2

    Voordat hulle die waarheid aangeneem het, het sommige die gewoonte gehad om novelle te lees. Toe hulle by die kerk aangesluit het, het hulle ‘n poging gemaak om hierdie gewoonte te oorwin. Om aan hierdie mense die leesstof voor te sit wat hulle opgegee het, is soos drank vir ‘n dronkaard. Deur toe te gee aan die versoeking wat gedurig voor hulle is, verloor hulle gou hulle begeerte vir goeie leesstof. Hulle verloor belangstelling in die ondersoek van die Bybel. Hulle sedelike kragte verswak. Die sonde word vir hulle al minder en minder afstootlik. Hulle word ontrou en die praktiese pligte van die lewe is vir hulle onaangenaam. Namate die verstand verdraai word, is enige soort leesstof van ‘n opwekkende aard gewild. En so word die pad oopgemaak vir Satan om die siel heeltemal onder sy mag te bring.UG1 178.3

    Leesstof wat miskien nie so uitermate nadelig is nie, moet vermy word as dit die begeerte vir Bybelondersoek laat afneem. Die woord van God is die ware manna. Laat almal die begeerte versaak vir leesstof wat nie die verstand voed nie. Mens kan tog nie die werk van God op ‘n verstandige wyse doen terwyl die verstand besig gehou word met hierdie soort leesstof nie. Diegene wat in die diens van God is, moet nóg hulle geld, nóg hulle tyd bestee aan ligte leesstof. Wat is die kaf vergeleke met die koring?UG1 178.4

    Daar is geen tyd vir nietige vermaak en die bevrediging van selfsugtige neigings nie. Dit is tyd dat ons met ernstige gedagtes moet besig wees. En niemand kan homself besig hou met die Verlosser se lewe van selfopoffering en selfverloëning, en nogtans behae skep in ligsinnige en ydele dinge nie. Ons het groot behoefte aan ondervinding in ‘n praktiese, geestelike lewe. Die verstand moet geleer word om vir God te werk. Mens Christelike lewe word in ‘n groot mate gevorm deur die boeke wat mens in jou vry tyd lees.UG1 179.1

    As mens die Skrifte liefhet en hulle altyd lees wanneer daar geleentheid is, om in besit te kom van die skatte van die woord, kan jy verseker wees dat Jesus besig is om jou tot Hom te trek.UG1 179.2

    “Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie. Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom.” Kol. 2: 8-10.UG1 179.3

    Ons kan nie in Christus volmaak wees en tog gereed wees om die dinge aan te gryp wat van die sogenaamde groot manne van die wêreld kom en hulle wysheid aanneem in die plek van die wysheid van die grootste Leraar wat die wêreld ooit geken het nie. Om wysheid te soek by sulke bronne word in die Bybel voorgestel as drinkende uit gebroke bakke wat geen water kan hou nie.UG1 179.4

    Laat die waarheid van God die onderwerp van ons oorpeinsing wees. Lees die Bybel en neem dit aan as die stem van God wat regstreeks tot jou hart spreek; dan sal jy besiel word met goddelike wysheid.UG1 179.5

    * * * * *

    DEUR ‘n groot aantal boeke te versamel en te lees plaas dikwels tussen die man en God ‘n massa van kennis wat die verstand verswak sodat dit nie die kennis kan bewaar wat reeds ontvang is nie. Dit laat die verstand aan slegte spysvertering ly. Daar is groot wyseid nodig om die regte keuse te maak tussen die baie skrywers en die woord van die lewe, sodat ons die vlees kan eet en die bloed kan drink van die Seun van God.UG1 180.1

    My broeders, laatstaan die stroompies op die vlakte, en kom op na die helder waters van Libanon. Niemand kan ooit in die lig van God wandel terwyl die verstand oorlaai word met ‘n massa leesstof wat nie verteer kan word nie. Dit is hoog tyd dat ons moet beslis om die hulp van die hemel aan te neem en toelaat dat die woord van God ‘n indruk op ons harte maak. Laat ons die deur sluit vir te veel leesstof. Laat ons meer bid en meer van die woord van die lewe eet. Tensy daar ‘n grondiger genadewerk in ons verstand en hart plaasvind, sal ons nooit die aangesig van God sien nie.UG1 180.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents