Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Gods Goedheid die Oorsaak van Blydskap

    God verlang dat Sy gehoorsame kinders tot Hom sal kom, Sy seën sal toeëien, en voor Hom sal kom met lof en danksegging. God is die Bron van lewe en krag. Hy kan die woestyn in ‘n vrugbare land omskep vir die volk wat Sy gebooie bewaar; want dit strek tot heerlikheid van Sy naam. Hy het dinge vir Sy uitverkore volk gedoen wat elke hart behoort aan te vuur tot danksegging, en dit grief Hom dat daar so min danksegging is. Hy verwag dat Sy volk op ‘n kragtiger wyse sal toon dat hulle stof tot dankbaarheid het, en ook sal wys dat hulle Sy goedheid besef.UG1 46.3

    Die dinge wat God vir Sy volk doen moet dikwels vertel word. Hoe dikwels het God nie in Sy handelinge met Israel vanouds mylpale langs die weg opgestel nie. In geval hulle die geskiedenis van die verlede miskien sou vergeet, het Hy aan Moses bevel gegee om die gebeurtenisse in die vorm van liedere op te stel, dat ouers dit aan hulle kinders kon leer. Hulle moes gedenktekens oprig sodat almal dit kon sien. Hulle moes spesiale moeite doen om die dinge te bewaar sodat hulle die geskiedenis kon vertel in geval die kinders in verband daarmee vrae stel. Op hierdie wyse is die wonderlike handelinge en die opvallende goedheid en genade van God in Sy sorg en uitredding van Sy volk, in die geheue bewaar.UG1 47.1

    Die vermaning word aan ons gerig, “Maar onthou die vorige dae waarin julle, toe julle verlig geword het, ‘n groot lydensworsteling deurstaan het.” Heb. 10: 32. God het vir Sy volk van hierdie geslag opgetree as ‘n wonderwerkende God. Die geskiedenis van die verlede in verband met die saak van God, behoort dikwels onder die aandag van die volk, jonk en oud, gebring te word. Ons behoort dikwels die seëninge van God te tel, en Hom te loof vir Sy wonders.UG1 47.2

    Hoewel ons vermaan word om nie ons onderlinge byeenkomste te versaak nie, moet hierdie byeenkomste nie net dien vir ons eie verkwikking nie. Ons moet met groter ywer besiel wees om die vertroosting wat ons ontvang het, mee te deel. Dis ons plig om baie ywerig te wees vir die heerlikheid van God en om nie deur ‘n bedroefde gelaat of onverskillige woorde die indruk te gee dat die vereistes van God ons vryheid beperk nie. Selfs in hierdie wêreld van droefheid, teleurstelling en sonde, verwag die Here dat ons opgeruimd en sterk sal wees in Sy krag. Die hele persoon is bevoorreg om in elke opsig ‘n besliste getuienis te lewer. Deur ons gelaatstrekke, ons humeur, ons woorde, en ons karakter, moet ons getuig dat dit goed is om God te dien. Op hierdie wyse verkondig ons dat, “Die wet van die Here . . . volmaak [is en die siel] verkwik.” Ps. 19: 8.UG1 47.3

    Die opgeruimde kant van die godsdiens sal deur almal wat daeliks aan God toegewy is, geopenbaar word. Ons moet God nie onteer deur op ‘n bedroefde wyse van ons beproewings te praat nie. Alle beproewings wat ons aanneem as leermeesters sal vreugde bring. Die hele Christelike lewe sal opheffend, verheffend, veredelend, en geurig wees as gevolg van goeie woorde en werke. Die vyand skep daar behae in as siele neerslagtig, terneergedruk, treurende en kermende is; hy wil juis hê dat ons sulke indrukke van die Christelike godsdiens moet verwek.UG1 48.1

    God wil nie hê dat ons treurig moet wees nie. Hy verlang dat elke siel sal seëvier deur die bewarende krag van die Verlosser. Die Psalmis sê: “Gee aan die Here, o seuns van God, gee aan die Here eer en sterkte! Gee aan die Here die eer van Sy Naam; aanbid die Here in heilige sieraad!” “Ek sal U verhoog, Here, want U het my gered en my vyande oor my nie laat bly wees nie. Here, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesondgemaak. . . . Psalmsing die Here, o sy gunsgenote, en loof Sy heilige gedagtenis.” Ps. 29: 1, 2; Ps. 30: 2-5.UG1 48.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents