Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Smeek om die Heilige Gees

    Waarom is ons nie hongerig en dorstig vir die gawe van die Gees nie, aangesien dit die middel is waardeur ons die krag kan ontvang? Waarom praat ons nie daarvan nie, bid ons nie daarvoor nie, en preek ons nie daaroor nie? Die Here is gewilliger om die Heilige Gees te gee as wat ouers is om goeie gawes aan hulle kinders te gee. Elke werker behoort God te smeek vir die doop met die Gees. Groepe behoort byeen te kom om te vra om spesiale hulp, om hemelse wysheid, sodat hulle mag weet hoe om verstandige planne te maak en uit te voer Veral moet daar gebid word dat God Sy sendelinge mag doop met die Heilige Gees.UG1 21.1

    As die Heilige Gees met die werkers van God is, sal aan hulle verkondiging van die waarheid ‘n krag gegee word wat alle wêreldse eer en heerlikheid nie kan gee nie. Die Gees gee die krag wat strydende worstelende siele sal opbeur in elke geval van nood, en ook te midde van die onvriendelikheid van bloedverwante, die haat van die wêreld, en ‘n besef van hulle eie onvolmaaktheid en tekortkomings.UG1 21.2

    Ywer vir God het die dissipels daartoe beweeg om met grote krag van die waarheid te getuig. Behoort hierdie ywer ook nie ons harte aan te vuur met ‘n vaste voorneme om die boodskap van die reddende liefde van ‘n gekruisigde Heiland te verkondig nie? Behoort die Gees vat God nie vandag te kom in antwoord op ernstige, aan houdende gebed, en die harte van mense te vul met krag vir diens nie? Waarom dan is die kerk so swak en leweloos?UG1 21.3

    Dit is die voorreg van elke Christen, nie alleen om daarna uit te sien nie, maar ook om die koms van Christus te verhaas. As almal wat Sy naam bely vrugte tot vérheerliking van Hom sou voortbring, hoe spoedig sou die hele wêreld nie met die evangeliesaad besaai word nie. Gou sal die laaste gesaaide ryp word en Christus kom om die kostelike graan in te samel.UG1 21.4

    My broeders en susters, smeek om die Heilige Gees. God sal elke belofte gestand doen wat Hy gegee het. Sê met u Bybel in u hand: “Ek het gemaak soos U gesê het. Ek beroep my op U belofte, ,Bid en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop en vir julle sal oopgemaak word.’ ” Christus verklaar: “Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit ontvang, en julle sal dit verkry.” “En wat julle ook al in My Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.” Matt. 7: 7; Mark. 11: 24; Joh. 14: 13.UG1 22.1

    Die reentboog rondom die troon is ‘n versekering dat God getrou is; dat daar by Hom geen verandering of skaduwee van omkering is nie. Ons het teen Hom gesondig en verdien nie Sy guns nie; en tog lê Hy die wonderlikste pleidooi in ons mond: “Verwerp ons nie om U Naam ontwil; onteer die troon van U heerlikheid nie; hou tog in gedagtenis, verbreek U verbond met ons nie.” Jer. 14: 21. Hy het Homself verpand om ons geroep te verhoor as ons tot Hom kom en ons onwaardigheid en sonde bely. Die eer van Sy troon staan op die spel om Sy woord aan ons gestand te doen.UG1 22.2

    * * * * *

    Christus stuur Sy boodskappers na elke deel van Sy gebied om Sy wil aan Sy diensknegte bekend te maak. Hy wandel onder Sy gemeentes. Hy verlang om Sy navolgers te heilig, op te hef, en te veredel. Die invloed van diegene wat in Hom glo, sal ‘n reuk van lewe tot lewe in die wêreld wees. Christus hou die sterre in Sy regterhand, en dit is Sy doel dat Sy lig deur hulle aan die wêreld sal skyn. So verlang Hy om Sy volk voor te berei vir edeler diens in die kerk daarbo. Hy het aan ons ‘n groot werk gegee om te doen. Laat ons dit getrou doen. Laat ons in ons lewens toon wat goddelike genade vir die mensheid kan doen.UG1 22.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents