Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Maniere van Werk

    Ons leke kan ‘n werk verrig wat hulle, tot nog toe, skaars aan geraak het. Niemand behoort nuwe plekke in te trek net vir wêreldse voordeel nie; dog waar daar ‘n opening is om ‘n bestaan te maak, moet daar dan gesinne, wat goed in die waarheid bevestig is, intrek om as sendelinge te arbei. Hulle moet ‘n liefde vir siele hê, ‘n las voel om vir hulle te werk, en ‘n studie daarvan maak hoe om hulle in die waarheid te bring. Hulle kan ons leesstof versprei, dienste in hulle huise hou, met hulle bure kennismaak en hulle uitnooi om die dienste by te woon. Op hierdie wyse kan hulle hulle lig laat skyn deur goeie werke.UG1 109.1

    Laat die werkers alleen staan in God, wenende, biddende en werkende vir die saligheid van hulle medemense. Onthou dat u in ‘n wedloop hardloop om ‘n onverganklike kroon. Terwyl daar so baie is wat die lof van mense lief het meer as die guns van God, laat dit u lot wees om vir die mensheid te arbei. Beoefen geloof waar u u bure voor die troon van genade bring en God smeek om hulle harte aan te raak. Op hierdie wyse sal daar doeltreffende sendingwerk gedaan word. Sommige mag bereik word wat nie na ‘n predikant of kolporteur sal luister nie. Diegene wat op hierdie manier in nuwe plekke werk sal die beste metodes leer om die mense te nader, en sodoende die weg vir ander werkers berei.UG1 109.2

    Diegene wat aan hierdie werk deelneem sal ‘n heerlike ondervinding hê. Hulle sal bekommerd wees oor die siele van hulle bure. Hulle moet die hulp van Jesus hê. Hoe versigtig sal hulle nie wandel nie, sodat hulle gebede nie verhinder sal word nie, en dat geen sonde in hulle hart hulle van God sal verwyder nie. Terwyl hulle ander help, ontvang sulke werkers self geestelike krag en verstand, en in hierdie nederige skool mag hulle die bekwaamheid verwerf vir groter werksaamhede.UG1 109.3

    Christus sê, “Hierin is my Vader verheerlik, dat julle vrug dra.” Joh. 15: 8. God het ons verstand gegee en Hy het aan ons talente toevertrou sodat ons dit vir Hom mag gebruik. Aan elke man word sy werk gegee — nie slegs werk op die koringen mielielande nie, maar ernstige, volhardende werk vir die redding van siele. Elke steen in Gods tempel moet ‘n lewende steen wees, ‘n skitterende steen wat lig aan die wêreld weerkaats.UG1 109.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents