Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Reise op die Sabbat

    As ons die seën wat beloof is aan diegene wat gehoorsaam is, verlang, moet ons die Sabbat met groter noulettendheid vier. Ek is bevrees dat ons baie keer op hierdie dag reis, waar ons dit kon vermy het. Ooreenkomstig die lig wat die Here gegee het ten opsigte van die viering van die Sabbat, behoort ons versigtiger te wees wat betref booten motorreise op hierdie dag. In verband hiermee behoort ons die regte voorbeeld te stel aan ons kinders en jongmense. Ten einde die kerke wat ons hulp nodig het te bereik om aan hulle die boodskap te bring wat God verlang dat hulle sal hoor, mag dit vir ons nodig wees om op die Sabbat te reis; dog ons moet sover moontlik trag om ons reiskaartjies uit te neem en die nodige reëlings op ‘n ander dag te tref. As ons ‘n reis begin moet ons alles in ons vermoë doen om nie ons bestemming op die Sabbat te bereik nie.UG1 42.2

    Wanneer ons verplig is om op die Sabbat te reis, moet ons trag om die geselskap te vermy van diegene wat oor wêreldse dinge gesels. Ons moet ons gedagtes op die Here vestig, en met Hom gemeenskap oefen. Wanneer die geleentheid hom aanbied, moet ons met ander oor die waarheid praat. Ons moet gedurig bereid wees om lyding te lenig, en diegene wat in nood verkeer, te help. In sulke gevalle verlang God dat ons die wysheid en kennis wat Hy aan ons gegee het, sal gebruik. Maar ons moenie besigheidsake bespreek nie, of gewone wêreldse gesprekke voer nie. Ten alle tye en op alle plekke, verlang God dat ons ons getrouheid aan Hom sal toon deur ons eerbiediging van die Sabbat.UG1 42.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents