Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Om Waarhede wat Reeds Gegee is te Verduidelik

    “Gods doel is om Sy volk deur die gegewe getuienisse te waarsku, te bestraf en van raad te bedien, en om die belangrikheid van die waarheid van Sy woord aan hulle verstand te bring. Die Getuienisskrifte is nie bedoel om nuwe lig te gee nie, maar om die ingegewe waarhede wat alreeds geopenbaar is met groter helderheid aan die verstand te bring. Die plig van die mens jeens God en sy medemens word duidelik in Gods Woord geopenbaar; nogtans is daar maar min van u wat die gegewe lig gehoorsaam. Daar word nie addisionele waarhede verkondig nie, maar God het, deur die Getuienisskrifte die reeds geopenbaarde waarhede vereenvoudig, en dit langs Sy eie gekose weg onder die aandag van die volk gebring om daar deur ‘n indruk op die hart te maak, en die hart wakker te maak, sodat almal sonder verskoning kan wees.UG1 263.1

    “Hoogmoed, eieliefde, selfsug, haat, nyd, en jaloesie, het die waarnemingsvermoë benewel, en die waarheid, wat u wys kan maak tot die saligheid, het sy krag om die hart aan te trek en te beheers, verloor. Selfs die grondbeginsels van godsaligheid word nie begryp nie, omdat daar nie ‘n honger en ‘n dors om Bybelkennis, reinheid van hart en ‘n heilige lewe is nie. Die Getuienisskrifte is nie gegee om van die woord van God af te doen nie, maar om dit te verhef, om die aandag daarop te vestig, sodat die heerlike eenvoud van die waarheid ‘n indruk op almal kan maak.UG1 263.2

    “Verder het ek gesê, Net soos die Woord van God met hierdie boeke en pamflette ommuur is, so het God julle ommuur met bestraffings, raadgewings, waarskuwings en aanmoedigings. Hier is julle in sieleangs, wenende voor God om meer lig. God het my opdrag gegee om u mee te deel dat daar nie ‘n enkele ligstraal meer deur die Getuienisskrifte op u pad sal skyn, alvorens u die lig wat. alreeds gegee is, navolg nie. Die Here het u ommuur met lig; maar u stel die lig nie op prys nie; u het dit vertrap. Terwyl sommige die lig verag het, het ander dit verwaarloos, of het dit slegs op onverskillige wyse gevolg. Net ‘n paar het hulle harte daarop gestel om die lig wat dit God behaag het om aan hulle te gee, te gehoorsaam.UG1 263.3

    “Sommige wat spesiale vermanings deur ‘n getuienis ontvang het, het dit binne ‘n paar weke vergeet. Die getuienisse aan sommige is verskeiemaal herhaal; maar hulle het dit nie belangrik genoeg geag om dit stip na te volg nie. Hulle het dit as ydele praatjies beskou. As hulle daaraan sou gehoor gegee het, sou hulle die verliese en beproewings vermy het wat nou so swaar en heftig druk. Hulle het dit alleen aan hulleself te danke. Hulle het ‘n juk op hulle eie nek geplaas wat hulle nou swaar vind om te dra. Dis nie die juk wat Christus op hulle geplaas het nie. Gods liefde en sorg vir hulle was daar, maar hulle selfsugtige, bose, ongelowige harte kon nie Sy liefde en genade sien nie. Hulle gaan halsoorkop voort in hulle eie wysheid, totdat hulle, deur beproewings oorweldig, en deur raadeloosheid verwar, van Satan verstrik word. Wanneer u al die ligstrale versamel wat God in die verlede gegee het, sal Hy u nog meer lig gee.UG1 264.1

    “Ek het hulle verwys na Israel vanouds. God het aan hulle Sy wet gegee; maar hulle wou dit nie gehoorsaam nie. Toe het Hy aan hulle seremonies en insettinge gegee, sodat hulle, in die uitvoering daarvan, God in die gedagte kon hou. Hulle was só geneig om God en Sy eise te vergeet, dat dit nodig was om hulle gees steeds wakker te hou om hulle verpligtings te besef en om hulle Skepper te eerbiedig en te gehoorsaam. As hulle gehoorsaam was en daarin behae geskep het om Gods gebooie te hou, sou dit menigte seremonies en insettinge nie nodig gewees het nie.UG1 264.2

    “As die volk wat nou voorgee om God’s eiendom te wees, Sy eise soos in Sy Woord bevat, sou nakom, sou daar nie spesiale getuienisse nodig wees om hulle aan hulle pligte te herinner en hulle onder ‘n besef te bring van hulle sondigheid en die verskriklike gevaar waarin hulle verkeer weens nalatigheid om die Woord van God te gehoorsaam nie. Deur die lig wat gegee is te verwerp, te verwaarloos en te verag, is hulle gewete verstomp. . . .UG1 264.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents