Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    INHOUDSOPGAWE

    HOOFSTUK EEN—DIE OPDRAG

    (Deel VIII, bls. 14-18.)

    DIT is die doel van God dat Sy volk ‘n afgesonderde, reine en heilige volk sal wees, wat lig sal versprei tot almal rondom hulle. Dit is Sy voorneme dat hulle, deur voorbeeldig die waarheid uit te leef, tot lof sal wees op die aarde. Hiertoe is die genade van Christus genoeg. Maar laat Gods volk onthou dat Hy hulle alleen tot lof kan maak as hulle die beginsels van die evangelie glo en uitlewe. Alleen as hulle hulle godgegewe vermoëns aan Sy diens bestee, sal hulle die volheid en krag van die belofte smaak, waarop die kerk geroepe is om te vertrou. As diegene wat voorgee om in Christus te glo as hul Saligmaker, nie ‘n hoër peil as die wêreldse bereik nie, sal die kerk nie die heerlike oes kan lewer wat God verwag nie. “Te lig bevonde” sal die uitspraak wees.UG1 13.1

    Die opdrag wat Christus aan Sy dissipels gegee het net voor Sy hemelvaart, is die groot sending-charterbrief van Sy koninkryk. Deur dit aan Sy dissipels te gee, het die Heiland hulle Sy gesante gemaak, en geloofsbriewe aan hulle uitgereik. As hulle later sou aangespreek en gevra word wie hulle, ongeletterde vissers, die reg gegee het om op te tree as leermeesters en heelmeesters, kon hulle antwoord: “Hy wat deur die Jode gekruisig is en wat uit die dode opgestaan het, het ons aangestel as bedienaars van Sy woord, en gesê, ,Aan My is gegee alle mag in hemel en op aarde.’ ”UG1 13.2

    Aan Sy dissipels, as Sy dienaars en boumeesters, wat die fondament van Sy kerk moes lê, het Christus hierdie opdrag gegee. Aan hulle, sowel as aan diegene wat hulle sou opvolg het Hy die taak opgedra om Sy evangelie oor te lewer van geslag tot geslag, en van eeu tot eeu.UG1 13.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents