Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Eenheid in Verskeidenheid

    Aan die anderkant moet die leiers van Gods volk oppas vir die gevaar om die metodes te veroordeel van sekere werkers wat deur God gelei is om ‘n spesiale werk te doen en wat ander onbekwaam is om te doen. Die broeders wat in verantwoordelike posisies is, moet nie haastig wees om ander te kritiseer wat nou nie juis in volkome ooreenstemming met hulle metodes werk nie. Hulle moenie dink dat hulle persoonlikheid alle planne moet deurstraal nie. Hulle moet ook vertroue hê in die metodes van ander; want as hulle geen vertroue het in ‘n mede-broeder wat op toegewyde en nederige wyse ‘n spesiale werk vir God doen nie, strem hulle die werk van God.UG1 129.1

    God kan en sal diegene gebruik wat nie juis deeglike opvoeding geniet het nie. Twyfel aan Gods krag om dit te doen, beteken ongeloof; dit is ‘n beperking van die almag van die Een vir wie niks onmoontlik is nie.UG1 129.2

    O, mag daar minder wees van hierdie onnodige, ongewensde versigtigheid! Dit is oorsaak dat daar baie kragte in die kerk ongebruik bly; dit versper die weg sodat die Heilige Gees nie die mense kan gebruik nie; dit laat diegene wat graag vir Christus wil werk, ledig staan; en baie wat voortreflike werkers sou word as hulle maar net ‘n kans sou kry, word ontmoedig en teruggehou om die werk op te neem.UG1 129.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents