Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK TIEN—GASVRYHEID

    (Deel VI, bls. 341-348.)

    DIE Bybel lê groot nadruk op die beoefening van gasvryheid. Nie slegs lê dit gasvryheid as ‘n plig op nie, maar dit skilder vir ons mooi prentjies in verband met die beoefening daarvan en van die seëninge wat dit meebring. Een van die uitstaande voorbeelde is die ondervinding van Abraham.UG1 79.1

    As ons Genesis lees, sien ons die ou aartsvader, een warm somersmiddag, onder die skaduwee van die eike van Mamre rus. Daar kom drie reisigers verby. Hulle vra nie om ‘n guns of herberg nie; maar Abraham laat hulle nie voortgaan sonder om hulle iets aan te bied nie. Hy is ‘n ouerige man, waardig en ryk; iemand wat gerespekteer en gewoond was om gesag te handhaaf; dog toe hy die vreemdelinge sien, “loop hy hulle vinnig tegemoet en buig hom na die aarde toe.” Hy het die leier as volg aangespreek: “Here, as ek nou genade in u oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie.” Gen. 18: 2, 3. Met sy eie hande het hy water gaan haal sodat hulle die stof van hulle voete kon afwas. Hy helf het hulle voedsel gekies; en terwyl hulle in die koelte van die bome gerus het, het Sara klaargemaak om hulle te vergas, en Abraham het eerbiedig by hulle gestaan terwyl hulle geëet het.UG1 79.2

    Hierdie vriendelikheid het hy aan hulle betoon slegs as reisende vreemdelinge wat miskien nooit weer daarlangs sou kom nie. Dog na die ete het die gaste hulleself bekendgemaak. Hy het nie slegs engele uit die hemel bedien nie, maar ook hulle heerlike Aanvoerder, sy Skepper, Verlosser, en Koning. Aan Abraham is die raadsbesluite van die hemel bekendgemaak, en hy word die “vriend van God” genoem.UG1 79.3

    Hoewel Lot, Abraham se neef, in Sodom gaan woon het, was hy ook besiel met die aartsvader se gees van vriendelikheid en gasvryheid. Toe hy een aand twee vreemdelinge by die poorte van die stad sien, het hy, daar hy bewus was van die gevare waaraan hulle in daardie stad sou blootgestel word, by hulle aangedring om na sy huis te kom. Die gevaar waaraan hy homself en sy huisgesin blootgestel het, het hy nie aan gedink nie. Dit was deel van sy lewenstaak om diegene wat in gevaar verkeer te beskerm en om dié wat sonder dak was, te versorg; en die vriendelike daad aan twee onbekende reisigers het daardie aand twee engele in sy huis gebring. Diegene wat hy wou beskerm, het hom beskerm. Daardie aand het hy hulle vir veiligheid na sy huis geneem; vroeg die anderdag more het hulle hom en sy gesin in veiligheid van die poorte van die stad weggelei.UG1 79.4

    God het hierdie hoflike dade van genoeg belang beskou om in Sy Woord op te neem, en meer as ‘n duisend jaar later word hulle aangehaal deur ‘n geïnspireerde apostel: “Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.” Heb. 13: 2.UG1 80.1

    Die voorreg wat Abraham en Lot tebeurtgeval het, word nie aan ons ontsê nie. Deur gasvryheid te betoon aan Gods kinders mag ons ook Sy engele in ons wonings ontvang. Selfs in ons dae gaan engele in menslike gedaante die wonings van mense binne, deur wie hulle onthaal word. En Christene wat in die lig van Gods aanskyn wandel, word altyd deur onsigbare engele vergesel; en hierdie heilige wesens laat ‘n seën in ons wonings agter.UG1 80.2

    Een van die eienskappe wat ‘n opsiener van die kerk moet hê, is volgens die Heilige Gees “gasvryheid.” En aan die ganse kerk is die opdrag gegee, “Wees gasvry vir mekaar sonder om te murmureer. Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle daarmee mekaar dien soos goeie bedienaaars van die veelvuldige genade van God.” 1 Pet. 4: 9, 10.UG1 80.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents