Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hervorming wat Betref Sabbatviering

    Die Sabbat is die goue band wat God en Sy volk verenig. Maar die Sabbatgebod is verbreek. God se heilige dag is verontheilig. Die Sabbat is uit sy plek gestoot deur die mens van die sonde, en ‘n gewone werksdag is in die plek daarvan verhef. Daar is ‘n breuk in die wet gemaak, en hierdie breuk moet herstel word. Die ware Sabbat moet weer tot sy regmatige plek verhef word as Gods rusdag. In die agt-en-vyftigste hoofstuk van Jesaja word die werk wat Gods volk moet doen, beskryf. Hulle moet die wet grootmaak en dit vereer; die ou puinhope moet herbou word, en die fondamente van vorige geslagte weer opgerig word.UG1 34.4

    Aan diegene wat hierdie werk doen, sê God: “En jy sal genoem word: Bouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak. As jy jou voet terughou van die Sabbat — om nie jou besigheid op my heilige dag te doen nie, en as jy die Sabbat ‘n verlusting noem en die heilige dag van die Here eerwaardig; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou besigheid soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in die Here, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die Here het dit gespreek.” Verse 12-14.UG1 35.1

    Die Sabbatkwessie sal die geskilpunt wees in die laaste botsing waarin die hele wêreld sal betrokke wees. Mense het die beginsels van Satan vereer bokant die prinsipes van die hemel. Hulle het die vals sabbat, wat Satan verhef het as die teken van sy gesag, aangeneem. Dog God het Sy seël gesit op Sy koninklike gebod. Elkeen van hierdie sabbatsintellings dra die naam van sy maker, ‘n onuitwisbare merk wat die gesag van elke een aantoon. Dis ons werk om die wêreld hiervan te verwittig. Ons moet hulle daarop wys dat dit die allergewigtigste gevolge sal hê of hulle die merkteken van God koninkryk dra, of die merkteken van die rebel-koninkryk, want deur die merkteken wat hulle dra, toon hulle wie se onderdane hulle is. God het ons geroep om die vaandel van Sy Sabbat, wat onder die voete vertrap word, te verhoog. Hoe belangrik is dit dan nie dat ons voorbeeld ten opsigte van Sabbatviering die regte sal wees.UG1 35.2

    By die stigting van nuwe kerke behoort predikante die lede sorgvuldig te onderrig in verband met behoorlike Sabbatviering. Ons moet oppas dat ons, wat voorgee om Gods heilige rusdag te vier, nie so laks word soos die Sondagvierders nie. Die skeidingslyn moet duidelik betrek wees tussen diegene wat die merkteken van Gods koninkryk dra, en diegene wat die merkteken van die koninkryk van die opstandelinge dra.UG1 35.3

    Daar is ver meer eerbied aan die Sabbat verskuldig as wat deur baie sogenaamde Sabbatvierders daaraan betoon word. Die Here word baie onteer deur diegene wat die Sabbat nie hou volgens die gebod in die letter en in die gees nie. Hy roep om ‘n hervorming wat betref Sabbatviering.UG1 35.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents