Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Doel van die Sabbatdiens

    Elkeen behoort te voel dat hy ‘n deel daarin het om die Sabbatdienste interessant te maak. Ons moenie slegs uit blote vorm bymekaarkom nie, maar om gedagtes te wissel, om van ons daelikse ondervindings mee te deel, om ons dank te betuig, om ons opregte begeerte vir goddelike verligting uit te spreek, sodat ons God kan ken, en Jesus Christus wat Hy gestuur het. As ons met mekaar van Christus praat sal ons ons siele versterk vir die stryd en beproewings van die lewe. Moenie dink dat julle Christene kan wees en julleself nogtans in julle eie dop kan terugtrek nie. Elke een van ons maak ‘n deel uit van die mensdom as geheel, en ons ervarings oefen ‘n wedersydse invloed uit.UG1 44.3

    Ons ontvang op verre na nie die seen wat ons behoort te ontvang op ons byeenkomste nie. Ons waarnemingsvermoë het skerpmaak nodig. Gemeenskapsoefening met mekaar behoort ons bly te maak. Met so’n hoop as wat ons het, behoort ons harte te gloei van die liefde van God.UG1 44.4

    Op elke godsdienstige byeenkoms waar ons teenwoordig is, behoort ons diep onder die indruk te verkeer dat God en Sy engele daar aanwesig is en saamwerk met alle opregte aanbidders. Wanneer u die plek van aanbidding binnegaan, vra die Here om alle boosheid uit u hart weg te neem. Bring na Sy huis niks wat Hy nie kan seën nie. Kniel neer voor God in Sy tempel en wy Sy eiendom aan Hom toe — wat Hy met die dierbare bloed van Christus gekoop het. Bid vir die spreker of leier van die vergadering. Bid dat daar grote seen mag kom deur die een wat die Woord van die lewe sal bedien. Trag in alle erns om self ook ‘n seen te ontvang.UG1 45.1

    God sal almal seën wat hulleself op hierdie wyse voorberei vir Sy diens. Hulle sal besef wat dit beteken om die versekering van die Gees te hê omdat hulle Christus deur geloof ontvang het.UG1 45.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents