Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Gods Volk op die Proef Gestel

    Gods volk word op die proef gestel voor die heelal; maar die skamelheid van hulle gifte en offergawes, en die swakheid van hulle pogings in Gods werk, veroordeel hulle as ontrou. As die bietjie wat hulle nou doen die beste is wat hulle kan doen, dan sou hulle nie veroordeel word nie; maar met die middele wat tot hulle beskikking is, kan hulle baie meer doen. Hulle weet, en die wêreld weet, dat hulle in ‘n groot mate die gees van selfopoffering en selfverloëning verloor het.UG1 150.4

    God vra om manne om die slapende wêreld — dood in die sonde en ongeregtigheid — wakker te skud. Hy vra om die vrywillige gawes van diegene wie se harte in die werk is en wat graag wil he dat niemand verlore sal gaan nie maar die ewige lewe mag hê. Satan is besig om die lewenspel met die mense te speel om hulle siele. Hy is daarop uit om die middele in die hande te kry en elders te bestee sodat dit nie kan gebruik word om sendingondernemings te bevorder nie. Sal ons onkundig bly aangaande sy planne? Sal ons hom toelaat om ons aan die slaap te sus?UG1 151.1

    Ek doen ‘n beroep op ons broeders orals om wakker te skrik, om hulle aan God toe te wy en wysheid van Hom te verlang. Ek doen ‘n beroep op ons konferensies om ernstige pogings aan te wend om ons gemeentes wakker te skud. Maak hulle wakker om te besef dat hulle van hulle middele moet gee vir die onderhoud van die buitelandse sending. Tensy u harte aangeraak word om die behoeftes van die buitelandse sending te besef, sal die laaste genadeboodskap aan die wêreld gestrem word, en die werk wat God wil hê dat ons moet doen, sal verwaarloos word.UG1 151.2

    Die einde van die genadetyd nader vinnig. Die groot dag van die Here is naby. Ons behoort nou alle pogings aan te wend om ons mense wakker te skud. Laat almal agslaan op die volgende woorde van die Here by monde van Sy profeet Maleagi: “Sedert die dae van julle vaders het julle van My insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê die Here van die leërskare. Maar julle vra: Hoe moet ons dan terugkeer? Kan ‘n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Hoe het ons U dan beroof? In die tiendes en die offergawe. Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasiel Bring al die tiendes na die skathuis, sodat daar spyse in My huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seen sal uitstort nie. Ek sal ook die sprinkaan van julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die Here van die leërskare. En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê die Here van die leërskare.” Mal. 3: 7-12.UG1 151.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents