Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Pinksterseëninge Beloof

    Laat die leke alles doen wat hulle kan; en as hulle die talente gebruik wat hulle alreeds besit, sal God hulle meer genade en bevoegdheid gee. Baie van ons sendingondernemings gaan mank omdat daar so baie is wat weier om in te gaan by die deure wat vir hulle geopen word. Laat almal wat die waarheid glo, begin werk. Doen die werk wat eerste voorhande is; pak enige ding aan, hoe nederig ook, liewer as om soos die manne van Meros te wees, wat niks gedoen het nie.UG1 110.1

    Ons sal nie aan middele ontbreek as ons maar net voorwaarts wil gaan en op die Here vertrou nie. Die Here is gewillig om ‘n groot werk te doen vir almal wat waarlik in Hom glo. As die leke sal wakker skrik en die werk sal aanpak wat hulle kan doen, oorlog sal voer op hulle eie koste — elkeen besig om te sien hoeveel hy kan uitrig om siele te win vir Jesus, sal daar baie gesien word wat die kant van Satan verlaat en hulle onder die banier van Christus skaar.UG1 110.2

    As ons mense sal handel volgens die lig wat in hierdie paar woorde gegee is, sal ons gewis die saligheid van God sien. Daar sal wonderbaarlike herlewings ontstaan. Sondaars sal tot bekering kom, en baie sal by die kerk aansluit. Wanneer ons ons harte in ooreenstemming met Christus en ons lewens in harmonie met Sy werk bring, sal die Gees wat op Pinksterdag uitgestort is ook op ons val.UG1 110.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents