Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK NEGE—GETROUHEID IN GESONDHEIDSHERVORMING

    (Manuskrip gelees voor die Afgevaardigdes by die Wêreldkonferensie, te Washington, D. C., 31 Mei 1909.)

    EK is gelas om aan al ons mense ‘n boodskap te bring in verband met die onderwerp van gesondheidshervorming; want baie het ontrou geword aan die beginsels wat hulle vroeër aanvaar het. Gods oogmerk met Sy kinders is dat hulle sal opwas tot die voile gestalte van manne en vroue in Christus. Om hierin te kan slaag, moet al die kragte van die liggaam, siel, en gees, reg gebruik word. Hulle kan nie bekostig om liggaamskragte of geestelike kragte te verkwis nie.UG1 70.1

    Die vraag hoe om gesondheid te bewaar is van die allergrootste belang. As ons die vraagstuk in die vrees van die Here bestudeer, sal ons vind dat ‘n eenvoudige diëet die beste is vir beide ons liggaamlike en geestelike ontwikkeling. Laat ons die vraagstuk geduldig bestudeer. Ons het kennis en oordeel nodig om reg te handel in hierdie saak. Die natuurwette moet nie teengewerk word nie maar gehoorsaam word.UG1 70.2

    Diegene wat onderrig ontvang het aangaande die onheile van vleis, tee, en koffie, asook ander ryk en ongesonde voedsels, en wat vas besluit het om ‘n verbond met God te maak deur opoffering, sal nie aanhou om voedsel te gebruik wat hulle weet wat ongesond is nie. God eis dat die aptyt gereinig en dat selfverloëning beoefen sal word ten opsigte van die dinge wat nadelig is. Dit is ‘n werk wat sal gedoen moet word aleer ons as ‘n volmaakte volk voor Hom sal kan staan.UG1 70.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents