Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Uittreksels Uit Die Getuienisskrifte - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    HOOFSTUK AGT-EN-VEERTIG—GODS WOORD DIE HOOGSTE GESAG

    (Deel VI, bls. 402, 403.)

    DIE volk van God sal die menslike regering in sy wettige hoedanigheid as ‘n goddelike instelling erken en sal leer dat gehoorsaamheid daaraan ‘n heilige plig is. Maar wanneer sy vereistes bots met die van God, moet dit erken word dat die Woord van die Here bo alle menslike wetgewing staan. “So spreek die Here” moet nie opsy gestel word vir So spreek die kerk of staat nie. Die troon van Christus moet verhef word bo die trone van aardse vorste.UG1 292.1

    Die beginsel wat ons tans moet handhaaf, is dieselfde as wat die aanhangers van die Evangelie tydens die Hervorming gehandhaaf het. Toe die vorste in 1529 op die Ryksdag van Spiers vergader het, het dit geskyn of die hoop van die wêreld weldra sou uitgedoof word. Die keiser se dekreet wat godsdiens vryheid aan bande gelê het en die verkondiging van die hervormingsleerstellings verbied het, is voor die vergadering gestel. Sou die Duitse vorste die dekreet aanvaar? Moes die evangelielig weggehou word van die menigte wat nog in duisternis gewandel het? Vir die wêreld was daar groot dinge op die spel. Diegene wat die hervormde geloof aangeneem het, het byeengekom en tot die eenparige besluit geraak: “Laat ons die dekreet verwerp. Waar dit op gewetensoortuigings aankom, het die meerderheid geen mag nie.”UG1 292.2

    Die vaandel van die waarheid en gewetensvryheid wat deur die Hervormers omhooggehou is, is in die laaste stryd aan ons toevertrou. Op diegene veral wat God met ‘n kennis van Sy Woord geseën het, berus die verantwoordelikheid wat hierdie groot gawe meebring. Ons behoort die Woord van God as die hoogste gesag aan te neem. Ons moet sy waarheid vir onsself aanneem; en die waarhede kan ons alleen op prys stel, wanneer ons hulle ontdek as gevolg van persoonlike studie. Dan, as ons die Woord van God onse lewensgids maak, sal die gebed van Christus vir ons beantwoord word, “Heilig hulle in U waarheid, U woord is die waarheid.” Joh. 17: 17. As ons die waarheid in woord en daad erken, sal dit ons geloofsbelydenis vorm. So alleen kan ander weet dat ons die Bybel glo.UG1 292.3

    Daardie Hervormers wie se protes aan ons die naam Protestante gegee het, het gevoel dat hulle van die Here geroepe is om die Evangelie aan die wêreld te gee, en daarby was hulle ook gereed om hulle besittings, hulle vryheid en hulle lewe op te offer. Bly ons in hierdie laaste worsteling van die grote stryd net so getrou aan ons roeping as die vroeë hervormers aan hulle s’n was?UG1 293.1

    Ten spyte van vervolging en die marteldood, is die waarheid vir daardie tyd wyd en syd versprei. Die Woord van God is na die volk geneem; alle klasse, hoog en laag, ryk en arm, geletterd of ongeletterd, het dit naarstiglik bestudeer en die wat die lig aangeneem het, het weer op hulle beurt boodskappers geword. Toentertyd is die waarheid deur middel van die pers aan die volk versprei. Luther se pen was ‘n mag, sy verbreide geskrifte het die wêreld in beroering gebring. Ons het dieselfde geleenthede, net honderdmaal meer. Ons het Bybels en geskrifte in baie tale voorradig — hulle openbaar die teenwoordige waarheid en kan gou aan die gehele wêreld gebring word. Ons moet die Here se laaste waarskuwing aan die mense oorbring. Hoe ywerig moet ons dan nie wees om die Bybel te ondersoek, en om die lig te versprei nie!UG1 293.2

    * * * * *

    DIE werk wat die Here in besonder op my gelê het, is om oud en jonk, geletterd of ongeletterd aan te spoor om die Heilige Skrif vir hulleself te ondersoek; om almal op die hart te druk dat die studie van die Here se Woord verstandelike en geestelike vermoëns so sal versterk dat hulle diep en verreikende vraagstukke oor die waarheid sal kan oplos.UG1 293.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents